Frankryk jag 2020/2021

User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Hi Almal

Ek is bly om aantekondig dat die 2020 seisoen voortgaan ten spyte van COVID19. Ek het sopas met die President van die jagklub gepraat en Saterdag is ons eerste jag! Daar is heelwat reels in plek gesit om die ding te bekamp - nie meer as 6 mense op 'n keer in die klubhuis, die sekuriteits meeting voor die jag word buite gedoen met meer a 'n meter spasie tussen die mense etc. Ook as on die berg jag en jy 4x4 nodig het om daar te kom net 2 jagters per kar met maskers etc. Meeste van die jagters by die klub is maar ouer mense so moet versigtig wees.

Laasjaar die tyd was dit baie droog en warm en die wind het vreeslik gewaai. Vandag het die reen egter begin val en dit hou Vrydag middag op. Dit is great vir ons want dit breek die tempratuur so bietjie. Dit is belangrik want die honde kry baie warm en hulle moet nog fiksheid opbou. Die honde hou so baie van jag dat hulle hulself regtig waar sal dood hardloop. So die jag begin vroeg in die oggend en word hier by 11 uur gestop.

My jagsak is al maande terug gepak! EK het vir vadersdag 'n walkie talkie gekry so ek sal meer in kommunikasie wees met die ander jagters. Ek het reeds laas seisoen een gehad maar dit was sommer so speelding wat ek vir die kinders gehad het. Hy het ook nie oorfone gehad nie so enige geluid wat oor die lug kom word gehoor deur alles om jou. Dit het my 'n vark gekos laas seisoen. Het die vark hoor aankom deur digte bos en net voor hy uitkom praat iemand oor die walkie talkie en daar draai vark om en hy is weg!

Ek hoop die seisoen gaan beter as laas seisoen. Bietjie frustrerend as almal om jou skiet maar jy word soos die plaag/Covid vermy ;)

Die jagseisoen maak eers Saterdag oop so ek het nog nie met die 308 geskiet nie maar het darem bietjie tyd met die windbuks spandeer so ek behoort darem nie so verroes te wees nie. Kon ook nog nie by die jag winkel uitkom om die Federal Fusions was oom tripodmvr aan my aanbeveel het te koop nie. Die winkel is 100km van my maar dit vat 2 ure om tot daar te ry en 2 ure terug. Klein paadtjies... So ek gaan maar aanhou met die Sellier&Bellot vir die eerste paar jagte. Ek het nog 'n pakkie gaan koop net voor die confinement vir ingeval die pawpaw die fan strike so het nog heelwat. Hopelik skiet ek so baie varke die jaar dat ek sommer gou ander moet gaan koop :laugh:

Ons werk nogsteeds van die huis af en as ons terug gaan werk toe is dit slegs 2 dae per week. Dinsdae is die dag wat ons mag voels jag en ek is mal daaroor om kraaie te skiet. So ek kan vinnig die kinders by skool aflaai en dan dan 'n uur of twee gaan jag sonder dat dit inbraak maak op famielie tyd.

Ek moet ook nog by die ander sportwinkel uitkom om nog so paar kleiduiwe te koop vir oefening sodra die seisoen oopmaak. Kan eers gaan skiet sodra die seisoen oopmaak. Hoop die haelgeweer skiet raak beter die jaar.

Hou duimvas ouens! Et bonne merde!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6465
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by DWB »

Geniet hom! Skiet raak!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4273
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Frederik »

Tres bien mon ami, en bonne chanse avec le chasse!!!
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Het die naweek wat verby is begin. Was 7 uur al daar - 8 uur op ons poste - Tussen die olyfbome. Teen 9:30 nog nie een vark gekry opgejaag nie - maar daar is spore ORALS! Word toe vinnig n bos langsaan geskuif. 12:00 klaar. Niks opgejaag nie. Nie een vark nie, nie 'n jakkals nie - net mooi boggerall.

Taamlik teleurstellend. Was vanoggend gou uit vir kraaie maar daar het niks gekom nie - my normale plek het nou privaat eiendom bordtjies - so ek moet nog hoor of ek daar mag jag. Het in lunchtyd gaan probeer vir duiwe - in en om die bos gestap maar niks gemaak nie. Daar het fisant opgevlieg maar te ver om te skiet.

Dinge begin maar STAAAAADIG!
tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18461
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by tripodmvr »

Ek wil nie graag saam met die' manne bosvarke jag nie.

https://youtu.be/oaD6VAA2rQk
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

tripodmvr wrote:Ek wil nie graag saam met die' manne bosvarke jag nie.

https://youtu.be/oaD6VAA2rQk
Ja nee kyk. Hulle voel niks vir mekaar se sekuriteit nie en nog minder vir die honde.

Skiet sonder ordentlike identifisering van teiken. Ongeluk wat wag te gebeur.

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 964
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Dimitri »

tripodmvr wrote: Sat Nov 21, 2020 6:31 pm Ek wil nie graag saam met die' manne bosvarke jag nie.

https://youtu.be/oaD6VAA2rQk
The sooner this gets taken off the Internet the better.

So many questions around safety.
So many questions around ethics.

Terrible.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 744
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by naas222 »

Ek weet nie of daai Franse is nie.. sien op een geweer n maan en ster op n rooi sticker.. lyk soos n mohamedaan .. of iets.. verstaan ook nie die taal nie
maar ja daai ouens loop oop...
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 964
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Dimitri »

That moon and star on a red background appears on the Turkish flag https://en.wikipedia.org/wiki/Flag_of_T ... 0in%201844.
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Beslis nie in Frankryk nie. Dis in Turkye. Daai gewere mag ons nie beruik vir jag in Frankryk nie. Hulle praat ook nie frans nie

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Ons jag vandag hier. Kon nie gister nie. Wind was woes. Dit is waar ek 2 jaar terug my grootste vark nog geskiet het. Maar ek twyfel of ek vandag gaan luck hê. Die honde handlers is te ongeorganiseerd. Daar klap nou skote. Sal later laat weetImage

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

9 varke plat. Een is met mes doodgesteek. Ek het een gesien maar op so 300m vir 2 sekondes. Niks het na ons kant van die vallei gekom nie behalwe die een. Het toe een grote uitgesleep. Lanklaas so gesweet... Vinnig almal leeggemaak en in helfte gekap met vleisbyl. Ek het 2 in helfte gekap. Nogal heel maklik as jy eers weet wat om te doen. Het nou met halwe vark van so 30kg terug gekom. Gaan hom vanaand opha d en more afslag en dan maak ek cabanossi. Die pos lewer more my Praag sout af.

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk


tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18461
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by tripodmvr »

Nou nie iets geskiet nie, maar jy het vleis en jy het tyd buite deurgebring met jagmaats.

Ek hou van jou vertroue in die posdiens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

tripodmvr wrote:Nou nie iets geskiet nie, maar jy het vleis en jy het tyd buite deurgebring met jagmaats.

Ek hou van jou vertroue in die posdiens.
Oom driepoot. Dis 'n ding wat ek baie snaaks gevind het. Jy pos 'n brief en hy kom actually daar uit! Ongelooflik! Omdat ons in platteland bly is dit moontlik dat jou pakkie dag of 2 laat kom maar 99% van die tyd loop dinge reg. Ek gaan einde van die week haelgeweer oor die pos bestel. Hy is gewaarborg om binne 3 dae by my huis te wees.

Hoop nou nie ek terg die duiwel hier nie Image

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1219
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Lategan1 »

Methos, stem saam.

Konteks.
Mens kan nie Frankryk en Duitsland se varkjag/Wild Boar met lande soos Hongarye en Poland vergelyk nie. Laasgenoemde voorbeelde en ander is ou kommunistiese lande met ‘n groot honger werkersklas, en steeds. Die jagpraktyke soos ook in Turkye is onvergelykbaar met o.a. Frankryk en Duitsland. Spanje is nie ver agter nie, vra maar vir plase hier by ons waar Spanjaarde alle soorte varke kom skiet. Die manne raak besurk en is onverskrokke.

Soos Dimmitri uitwys, beslis nie youtube materiaal nie. Ek het ‘n idee hulle word ook nie altyd terugverwelkom by ons nie. Natuurlik veralgemeen mens bietjie hier, daar sal altyd uitsonderings wees.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18461
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by tripodmvr »

https://youtu.be/GrvBpbXT0X8

Die man het nou nie sy eintlike hardloopskoentjies aan nie, maar hy het darem fikser uit die stryd getree.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Ons het vanoggend net hier agter my huis 'n vinnige drukjag deurgewerk. Dit is op die rand van die dorp en daar word baie skade aangerig deur die varke. Die burgermeester het gevra dat ons dit doen. Eerste track wat gedoen word was ek op die rand van 'n bos en langs 'n vark paadtjie. Die honde is net losgelaat toe daar 'n vos so 6m van my af uitkom. EK het hom maar helos deurgaan want dit was an die begin van die jag. Nie lank daarna is daar nog een op die paadtjie maar hy sien my toe en gaan terug in die bos - net om 5 min later deur my pal oor wie ek laas seisoen geskryf het met die knie probleem en die 9.3x74 geskiet te word.

Ons word toe na 'n nuwe spot geskuif - in die middel van 'n land op die rand van 'n bos. Ons was nie eens 5 min op ons spot nie toe daar vark van regs na links op die rand van die bos deurhardloop. EK kry die kruis op hom maar hy is reg voor my pal. HY laat loop met sy twee skote - hy het 'n express.

Ek sien nie vark 'n reaksie maak nie. Ek lê aan maar die vark hardloop in so klein kanaaltjie op die rand van die land. Ek laat loop met die eerste skoot maar geen reaksie ie. Hy hardloop aan ek herlaai soos blits en lead bietjie meer met die skoot. Die vark struikel en val en hardloop aan. Kan nie weer skiet nie want hy is nou in die bos. 2 min later lui daar nog 'n skoot en my pal laat my weet dat 'n ander ou die vark 'n entjie verder deur die kop geskiet het op 'n paar meter. My pal hou vol dit was hy wat vark raakgeskiet het maar 'n man weet mos darem... Ek het na die tyd na die vark van so 35 kg gekyk e die koeël is laag deur die pens. Klein gaattjie die ingang. Nie 'n 9.3x74 nie...

Lekker om darem weer 'n ou varkie te sien en 'n skoot te skiet.

Ons confinement word van Saterdag opgehef en dan mag ons gaan jag - vir 3 ure en 20km van die huis af. Gelukkig is als naby my. Ons jag Saterdag weer varke - maar eers 9uur so ek sal so 7:30 al uit wees vir kraaie.

Cheers
tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18461
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by tripodmvr »

Hoe gaan dit met Methos en die varkies?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Jag vanoggend hier. Dis 165m tot onder. Ek het hoogtevrees en kry vrek koud. Moes 3km op berg rand stap. Dis vrek hoog hier! Image

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18461
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by tripodmvr »

Gooi asb net die koeëls na onder en hou styf vas daarbo. Ek verstaan van die hoogtevrees ding.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Ek het myself sopnat gesweet om tot hier te kom. Nie nog 'n t-shirt gebring. Sit met dik baadjie maar bewe soos 'n vet riet. Dis 10 grade. Daar waai stywe winnd en niks son. Hoekom het ek nie by huis gebly agter mamma se rug nie? Hoekom het ek nie whisky fles gebring? Ek oorweeg dit sterk om sommer 'n vuur te maak.

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2429
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Apie »

Methos wrote:Ek het myself sopnat gesweet om tot hier te kom. Nie nog 'n t-shirt gebring. Sit met dik baadjie maar bewe soos 'n vet riet. Dis 10 grade. Daar waai stywe winnd en niks son. Hoekom het ek nie by huis gebly agter mamma se rug nie? Hoekom het ek nie whisky fles gebring? Ek oorweeg dit sterk om sommer 'n vuur te maak.

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Het jy oorleef?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 405
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Methos »

Apie wrote:
Methos wrote:Ek het myself sopnat gesweet om tot hier te kom. Nie nog 'n t-shirt gebring. Sit met dik baadjie maar bewe soos 'n vet riet. Dis 10 grade. Daar waai stywe winnd en niks son. Hoekom het ek nie by huis gebly agter mamma se rug nie? Hoekom het ek nie whisky fles gebring? Ek oorweeg dit sterk om sommer 'n vuur te maak.

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Het jy oorleef?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Net net Image. Ons het tot so 2 uur gejag. Toe moet ek of terug stap die 3 km en weer by berg opklim. Ek besluit toe om berg af te gaan. Op my boude, gly gly, paar keer geval. Sal geweer se zero weer moet gaan check. Swaar rugsak op rug.

Kom terug by jagklub en toe hoor ek ons moet gaan varke uitsleep. Net 150m. 2 van hulle. Franse 150m. Meer soos 500m teen taamlike bult op. Tussen bosse. Pleks van om die een te sleep laai ek hom toe maar sommer op skouers en dra hom maar uit. Varkie van so 40kg. Nog een van daai size net langs hom geskiet. Altesaam is daar 8 varke geskiet.

Leeg gemaak en nou by huis met yskoue mans bruisdrankie!

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2429
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by Apie »

Methos wrote:
Apie wrote:
Methos wrote:Ek het myself sopnat gesweet om tot hier te kom. Nie nog 'n t-shirt gebring. Sit met dik baadjie maar bewe soos 'n vet riet. Dis 10 grade. Daar waai stywe winnd en niks son. Hoekom het ek nie by huis gebly agter mamma se rug nie? Hoekom het ek nie whisky fles gebring? Ek oorweeg dit sterk om sommer 'n vuur te maak.

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Het jy oorleef?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Net net Image. Ons het tot so 2 uur gejag. Toe moet ek of terug stap die 3 km en weer by berg opklim. Ek besluit toe om berg af te gaan. Op my boude, gly gly, paar keer geval. Sal geweer se zero weer moet gaan check. Swaar rugsak op rug.

Kom terug by jagklub en toe hoor ek ons moet gaan varke uitsleep. Net 150m. 2 van hulle. Franse 150m. Meer soos 500m teen taamlike bult op. Tussen bosse. Pleks van om die een te sleep laai ek hom toe maar sommer op skouers en dra hom maar uit. Varkie van so 40kg. Nog een van daai size net langs hom geskiet. Altesaam is daar 8 varke geskiet.

Leeg gemaak en nou by huis met yskoue mans bruisdrankie!

Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Vat so!


Sent from my iPhone using Tapatalk
tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18461
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk jag 2020/2021

Post by tripodmvr »

Hierdie is ook in Turkye, maar die manne is kalmer en skiet heel gaaf. Ek geniet hierdie videos met die baie aksie.

https://youtu.be/j6dgSxx7QyU
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply