Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by projagter » Mon Sep 14, 2020 10:41 am

Interressante gedagtes. In die gebied waarna DeWitt verwys ( Williston, Fraserburg, Carnarvon, Calvinia, Brandvlei, ens en omliggend) is enkele wildplase vir springbok en gemsbok en dan is omheinings nie kuduwerend. Ons kan aanvaar dat die kudus hier vrylopend en trekkudus is en nie aangery is nie. Hulle kom al in die Knersvlakte voor -- waar 30 jaar gelede geen boom was nie en nou is die waterlope toegegroei met bome.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 9741
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Capt. Oblivious » Mon Sep 14, 2020 10:51 am

Daai areas het die ekstra water en bome seker n groot impak op dit, soos vroor ook gese sien die manne die koedes dalk op areas bo in berge waar hulle nie altyd gaan soek het nie. Ons almal hier weet jy loop en gaan kyk nie net gou na n koedoe bul nie so hulle was heel moontlik daar die baie meer kos veroorsaak nou net lat daar meer diere is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by projagter » Mon Sep 14, 2020 11:09 am

Interressant hoe doen en dinge verskil.
Hier in ons wêreld kyk jy vir spore by water ens. as jy teenwoordigheid wil bepaal -- soos met jakkals.

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 687
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Lategan1 » Mon Sep 14, 2020 11:18 am

Goeie leesstof.

Oblivious, soos jy dit stel. Jy loop nie net en gaan kyk gou na ‘n Koedoe nie. Dit sou darem lekker gewees het. 8) :o

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 265
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Location: Williston

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Dewitt » Mon Sep 14, 2020 8:13 pm

projagter wrote:
Mon Sep 14, 2020 9:30 am
versprei hulle na ander gebiede asgevolg van oorvloei van getalle digdheid? Droogte? Besproeing en aangeplante weidings in nuwe omgewings? Laasgenoemde beslis. In die Hantam, Boesmanland en aanliggende Karoo is Gasteplase nog algemene toerisme tendens. Jagplase asgevolg van hierdie koedoe verspreiding daar nog nie werklik faktor.
Hier by ons is geen jagplase en ook huidiglik min besproeing. In die beter jare sal hier wel lusern wees wat hul mag lok. Ek het maar destyds gedink ons koedoes kom van onder die berg Beaufort-Wes, Merweville en dat getalle daar so geraak het dat hul uitwyk. Hul loop elke luserntuin, vrugteboord of huistuin na in die huidige droogte en alhoewel jy hul nie altyd sien is daar baie spore en mis oral te kry. My gevolgtrekking is dat hul in die huidige droogte van 6 jaar plus hier defenitief nie minder geword het nie en steeds net toeneem.

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 687
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Lategan1 » Mon Sep 14, 2020 9:26 pm

DeWitt, dit is hierdie loop agter kos na nuwe areas wat boere verbaas en opgewonde laat met die sien van Koedoes op vreemde plekke. Ek ken nie een landbouer wat die eerste Kudu wat hy ooit op sy plaas sien, net blindelings skiet nie. Hulle word soos ‘n troeteldier met rus gelaat in afwagting en hoop dat hulle vermeerder. Die vrouens, kinders en pa wat daar geboer het, word vertel van die Kudu’s en daar word gery om te kyk of hulle dit weer gesiene kry. Dit is gratis kos in aantog. Natuurlik gaan daar seker uitsonderings wees.

Ek glo werklik ons moet ons landbouers meer krediet gee as goeie natuurbewaarders. Ek dit in meer detail laer uitgelig. Ook baie Kaapse boere wat nie ‘n Duiker, Steenbok of selfs ‘n Tarentaal op sy plaas skiet nie, dit is algemene kennis hier. Daar was ‘n tyd jare gelede wat hulle skaars was, vandag is alles redelik volop en die Luiperd’s is weer terug in die berge. Daaroor is almal ook nie ewe opgewonde nie!

Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Sep 15, 2020 7:41 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 265
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Location: Williston

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Dewitt » Tue Sep 15, 2020 6:35 am

Lategan1 wrote:
Mon Sep 14, 2020 9:26 pm
DeWitt, dit is hierdie loop agter kos na nuwe areas wat boere verbaas en opgewonde laat met die sien van Koedoes op vreemde plekke. Ek ken nie een landbouer wat die eerste Kudu’s wat hy ooit op sy plaas sien, net blindelings skiet nie. Hulle word soos ‘n troeteldier met rus gelaat in afwagting en hoop dat hulle vermeerder. Die vrouens, kinders en pa wat daar geboer het, word vertel van die Kudu’s en daar word gery om te kyk of hulle dit weer gesiene kry. Dit is gratis kos in aantog. Natuurlik gaan daar seker uitsonderings wees.

Ek glo werklik ons moet ons landbouers meer krediet gee as goeie natuurbewaarders. Ek dit in meer detail laer uitgelig. Ook baie Kaapse boere wat nie ‘n Duiker, Steenbok of selfs ‘n Tarentaal op sy plaas skiet nie, dit is algemene kennis hier. Daar was ‘n tyd jare gelede wat hulle skaars was, vandag is alles redelik volop en die Luiperd’s is weer terug in die berge. Daaroor is almal ook nie ewe opgewonde nie!

Beste.
Jy is 100% reg, ons was 'n heel klompie wat jare terug 'n onderlinge dokument onderteken het om hul nie te skiet tot ons kan sien dat meer geraak het. Snaaks genoeg was koedoe skiet in ons munisipale gebied ook verbied omdat hul nie natuurlik hier voorkom nie. Sodra jy Carnarvon se grens oorsteek is hul jag wettig, maar hier in Karoo Hoogland bly dit onwettig volgens Natuurbewaring.

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by projagter » Tue Sep 15, 2020 8:48 am

lategan 1 : "Natuurlik gaan daar seker uitsonderings wees."

Ongelukkig is dit skynbaar wel so. Soos die mooi elandbul, wat uit 'n privaat wildkamp ontsnap het, wat 'n tyd gelede blykbaar sondermeer sonder toestemming met 'n jakkalsnagjag in die Williston omgewing geskiet was. Hierdie storie is nou die dag smaaklik met 'n springbokjag vir die waarheid vertel.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 9741
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Capt. Oblivious » Tue Sep 15, 2020 8:59 am

Hoe werk daai bul wat "ontsnap" het nou as hy op n ander man se plaas loop, ek glo nie hy was gebrandmerk soos n bees nie so hoe kan een ou nou n vinger na n ader een wys en se dit is sy eie bul daai gewees? Kan seker n tag in sy oor wees met sy naam op maar natuurlik is dit nie so moeilik om van ontsla te raak nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 265
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Location: Williston

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Dewitt » Tue Sep 15, 2020 6:38 pm

projagter wrote:
Tue Sep 15, 2020 8:48 am
lategan 1 : "Natuurlik gaan daar seker uitsonderings wees."

Ongelukkig is dit skynbaar wel so. Soos die mooi elandbul, wat uit 'n privaat wildkamp ontsnap het, wat 'n tyd gelede blykbaar sondermeer sonder toestemming met 'n jakkalsnagjag in die Williston omgewing geskiet was. Hierdie storie is nou die dag smaaklik met 'n springbokjag vir die waarheid vertel.
Ja ek weet ook nie so mooi hoe hul hom kan eien nie, maar hier is seker omtrent 4 of 5 mooi elandbulle al geskiet in die distrik. Ek is redelik seker hul kon nie almal ontsnap het nie, want daar was nooit soveel bulle in die "privaat wildskamp" om mee te begin. Die verduideliking wat ek gehoor het, is dat hulle moontlik uit die Tankwa park hierheen getrek het, maar dis net spekulasie.

DvD
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sat Sep 21, 2019 10:53 pm
Location: Bellville

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by DvD » Tue Sep 15, 2020 8:22 pm

dorsland wrote:
Mon Aug 03, 2020 9:32 pm
Soos met als in dié land, val ook natuurbewaring en jag onder die bus. Bitter min beheer en bestuur by baie mense. Daar word op baie plekke dwars deur die jaar gejag. "Jag" is ook nie meer jag nie met dik stadsjapies met als wat oop en toemaak, van bakkies af skiet terwyl werkers wild aandryf.

Maak self die somme. 4 bakkies, gemiddeld 2 manne per bakkie, elke bakkie met 'n sleepwa kom "jag" vir 2 dae (3 nagte). Elkeen skiet 'n koedoe, 2, 3. Los maar die ander spesies uit die som uit. Elke naweek.

Boer hier naby my, groot lusernlande. 36 koedoes in 1 nag met 'n skietlig. Geen wildheinings om sy lande nie.

Kinders wat sommer vir die wis en die onwis dassies, springhase, hase, tarentale uit 'n omgewing uitwis. Blouaapwyfies wat vir hul kleintjies vrek geskiet word.

Ek boer self in die Karoo maar ek kan vir julle sê dat so kan dit nie lank aanhou nie. Die jarelange droogte het reeds wildgetalle erg uitgedun. Grondeienaars soek geld. Dieselfde gebrek aan respek wat stadsmense vir mekaar in die verkeer toon, is nou in die wildbedryf. Eintlik vir 'n ruk lank al.

Dis hartseer. Want dis nie jag nie. Dis verkragting. Geld as baas is 'n bitter lelike ding.
Ja nee, dis net die stadjapies se skuld, hulle ry mos van plaas na plaas in die karoo met hulle fancy bakkies en druk n pistool teen die boer se kop en se nou jag ons BAIE kudus...... so die boer wat dit toelaat om sy fancy bakkie af te betaal in n jaar is goed so? ek ken n paar boere daar om jou wat so is, jy kan tot die kalf van die tiet afskiet as jy wil want ooo die droogte druk en hulle soek geld..... ons stadjapies kan ook nee se en eties jag.

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by projagter » Fri Sep 18, 2020 8:32 am

Insiggewende reaksies. Feit is die skiet van eland in ons omgewing/distrikte is verbied en die skiet van eland met naglig na donker sonder permit is 'n kriminele oortreding. Dit is nie jag nie, maar poach. Die benadering van ek skiet hom want as ek hom nie skiet nie dan skiet die ander ou hom?? EN dan word daarmee partykeer nog gespog ---- hoe jammer. Wonder hoeveel kudus word ook nog steeds so geskiet. En dan word dit as 'n lekker jagstorie vertel. 'n Ou bekende grootwildjagter het vir my by geleentheid gesê: om te kan doodskiet maak nie van jou 'n GROOT jagter nie -- wel jag integriteit.

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 687
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Lategan1 » Fri Sep 18, 2020 11:07 am

Ongelukkig is cowboys oral in die samelewing doenig. Tragedie is, hulle glo hulle het die reg en is reg.

Tot nadeel van almal, want wat volg is wette en nogmaals wette vir almal. Sodoende word ‘n groot mate van die plesier vir almal ontneem.

Respek is ‘n baie relatiewe begrip.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

Post Reply

Return to “Algemeen/General”