Page 1 of 1

Wat het die kalf gevang?

Posted: Tue Jun 02, 2020 9:47 am
by J le Roux
'n Vriend se verlies. So 15 km Suid-Wes van Polokwane.

Honde of Hiena?
Screenshot_20200602-094229_WhatsApp.jpg

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Tue Jun 02, 2020 10:43 am
by Eduard Venter
Hiëna byt aan die keel/gesig. Ek sien niks daar nie maar 'n mooier foto van daai area van alle kante is eintlik nodig.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Tue Jun 02, 2020 10:52 am
by J le Roux
Die gesig en keel was heel.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Tue Jun 02, 2020 11:14 am
by Eduard Venter
Is julle dan seker die kalf het nie dalk gevrek van siekte en is toe geëet nie? Is daar enige bewyse dat hy gevang is behalwe dat hy geëet is? Spore kan dalk ook iets vertel maar die terrein lyk moeilik daarvoor

Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Tue Jun 02, 2020 11:14 am
by Geno
Moenie n luiperd weggooi as sondebok nie...

Sent from my SM-G988B using Tapatalk


Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Tue Jun 02, 2020 1:49 pm
by Desperatezulu
Eduard Venter wrote:
Tue Jun 02, 2020 11:14 am
Is julle dan seker die kalf het nie dalk gevrek van siekte en is toe geëet nie? Is daar enige bewyse dat hy gevang is behalwe dat hy geëet is?
+1

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Tue Jun 02, 2020 6:11 pm
by JK
Luiperd byt dood agter op die nek, en eet eerste die boude van agteraf. Lyk vir my ook soos honde of jakkalse wat daar gevreet het.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Wed Jun 03, 2020 3:04 pm
by Dawie Malan
Die probleem met luiperds is dat nog nie een van hulle die Handleiding oor Luiperds gelees het nie.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Wed Jun 03, 2020 3:54 pm
by Geno
Dankie vir die waarheid Daaf!

Sent from my SM-G988B using Tapatalk


Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Wed Jun 03, 2020 5:23 pm
by JK
Dawie Malan wrote:
Wed Jun 03, 2020 3:04 pm
Die probleem met luiperds is dat nog nie een van hulle die Handleiding oor Luiperds gelees het nie.
Ek kan n handleiding skryf gebaseer op wat hulle doen. :)

Luiperd vang, druk vas en byt dood. Ander goede sonder skerp naels doen nie dit. Baie keer vrek die kalf van n luiperd as die kalf te sterk was of as die koei hom weg jag.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Wed Jun 03, 2020 6:19 pm
by J le Roux
Dankie vir die insette sover. Ek het verder uitgevra. Geen bytmerke om die keel of gesig nie. Karkas was in veld met bossies gras, en hulle kon nie spore sien nie.

Hulle het die katkas gesleep na onder 'n koelteboom met sanderige grond sodathulle spore sou kon sien as die dier oornag weer kom vreet. Hulle het niks weer gesien nie.

Die enigste onlangse vrektes in die kudde was 'n koei met knoppiessiekte wat van kant gemaak is.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Wed Jun 03, 2020 6:24 pm
by Malan123
As daai kalf nie self gevrek het nie sou ek ook my geld op 'n luiperd gesit het

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Wed Jun 03, 2020 7:26 pm
by Flip Nel
Luiperd is onvoorspelbaar, het al gekry wat aan die keel gebyt is terwyl ek ander een gekry het wat net op die rug gebyt is, kalf was in die kraal, ma het hom weggejaag voor hy hom kon doodbyt

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 7:17 am
by JK
Flip Nel wrote:
Wed Jun 03, 2020 7:26 pm
...het al gekry wat aan die keel gebyt is terwyl ek ander een gekry het wat net op die rug gebyt is, kalf was in die kraal, ma het hom weggejaag voor hy hom kon doodbyt
Yes, groot mannetjies byt gewoonlik n klein kalf op die nek, en n koei moet baie braaf wees om hom weg te jaag. Sterker kalwers sal hy vir die keel gaan. Jongeres is gewoonlik die sonde bokke wat byt en die kalf kom weg op n manier, koei wat hom jaag ens. As sy tande been gevang het is dit n stryd om die kalf deur te haal as hy dit maak. Andesins vrek die kalf ook binne n paar dae as jy hom nie dadelik begin behandel nie.
Nog net een wyfie gekry wat n kalf gevang het, sy het 3 opgeskote kleintjies gehad.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 7:48 am
by BeesBreet
Kerels dit lyk nie vir my of n kat daar geeet het nie, dis te onnetjies en daar is nie veel vleis geeet nie, amper asof die skuldige oppad was ingewande toe... dalk honde maar ek dink liefs jakkalse of 4. Soos jul noem n luiperd het nie die handleiding gelees nie, en kan nie uitgeskakel word nie, maar dit lyk net nie “tipies” van hom nie.

Wat hom gedood het is ook moeilik om te raai met die inligting en die foto saam...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 8:36 am
by Geno
Hoe verskil die vreetpatroon op daardie kalf met die op hierdie rooibok?

Image

Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 9:14 am
by BeesBreet
Lyk of rooibok se hele regter boud opgevreet is... soos wat n luiperd sou doen

Lyk baie dieselfde as die kalf... dink jy is reg. Nou waar is die dood byt merke?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 10:02 am
by Parker
Maak rooikat se kind nie ook so nie? Begin mos by die pens en binneboude?

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 10:07 am
by andre007
Lyk vir my ook na Kolkat se kind

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 10:22 am
by Carl
Geno as ek so na die spore kyk was dit 'n Hilux met BF Goodrich wat daai Rooibok gevang het.

'n Groot mannetjie luiperd kan dalk met 'n kaphou die kalf se nek breek

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 12:11 pm
by Dawie Malan
Luiperd versmoor ook sy prooi deur die prooi se bek toe te byt en sy bek heeltemal oor die neus van sy prooi te sit. Veral waar die prooi nie baie groot en sterk is of terug kan baklei nie. Miskien ook omdat hy nie wil hê die prooi moet geraas maak nie.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 12:29 pm
by Prohunt
Wat my laat dink het daar 'n kat betrokke was is hoe mooi skerp die vel vanaf die bors oor die ribbes afgesny/kou is. Ook die borsvet (brisket) wat gevreet is.

Re: Wat het die kalf gevang?

Posted: Thu Jun 04, 2020 5:46 pm
by JK
Stem luiperd kan nie uitgesluit word nie, maar dan soek ek die byt merke. Bygese jy moet mooi kyk om sy byt merke te sien. Meeste van die tyd is dit net klein gaatjies waar die tande in is.

Baie ander goed wat hom weg gee. Luiperd bere sy vangs altyd, sleep dit n end en bere dit onder n bos, dan merk hy dit net goed genoeg dat die jakkelse vir n dag of 3 weg bly tot hy klaar gevreet het. Tensy hy nie die kalf kan sleep nie. Dit gebeur ook. Op TV klim hulle boom met die vangs. :laugh:
As hy eenmaal by sy prooi gesteur was, gebeur dit dat hy nie weer terug vir nog n sitting nie. Dan vang hy net vreet genoeg en gaan voort. Gewoonlik eet hy maar min die eerste aand en meeste van die tyd die binne boud, maar daar is uitsonderings. Vleis is dalk te vars ;D Na die 2e of 3e aand bly daar maar min oor van n klein kalf. Dit gebeur ook dat die bruin hyenas hom volg en sy vleis vat, dan vang hy maar net weer.