Page 1 of 1

Jakkals VS Vark Draad

Posted: Mon Jun 15, 2020 9:27 pm
by Blouwdraad2
Ek is besig om ‘n 200ha jakkalswerende wildkamp te beplan.
Sal ‘n 90mm Vark draad (75mm is die klasieke jakkals draad spesifikasie) voldoen om jakkals en rooikat uit te hou?

Wat kan ek verwag om vir jakkalsdraad te betaal en waar sal ek die beste pryse kry.
Ek is in die Laingsburg (Wes-Kaap) area.

Indien iemand ‘n paar km 2de handse jakkals draad het PM my asb.

Karoo Groete

Blouwdraad


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jakkals VS Vark Draad

Posted: Tue Jun 16, 2020 1:32 pm
by Blouwdraad2
Ek kan die vark 90mm varkdraad teen R150 per 50m rol goedkoper kry, so ek wik en weeg nog sterk.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jakkals VS Vark Draad

Posted: Tue Jun 16, 2020 3:26 pm
by tripodmvr
Google die maatskappye hieronder

CWI
Cape Gate

Re: Jakkals VS Vark Draad

Posted: Tue Jun 16, 2020 6:07 pm
by Blouwdraad2
Dankie - Gaan hulle more opsoek.

Ek sien ouens praat dat 90mm gat voldoende is om jakkals uit te hou. Wie gebruik die varkdraad 90mm met sukses?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jakkals VS Vark Draad

Posted: Tue Jun 16, 2020 7:13 pm
by wlm
Bloudraad
Ek het by 'n betroubare bron verneem dat 'n jong jakkals tydens 'n dryfjag deur die 90 mm gat is.

Re: Jakkals VS Vark Draad

Posted: Wed Jun 17, 2020 10:52 am
by Blouwdraad2
Baie goeie info dankie.

Het nog van julle ervaring met die 90mm varkdraad?

Karoo Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jakkals VS Vark Draad

Posted: Thu Jun 18, 2020 9:27 pm
by Blouwdraad2
Ekstra insette sal baie waardeer word!

Karoo Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk