Anatoliese honde

Ambessa

Re: Anatoliese honde

Post by Ambessa » Thu Apr 16, 2009 9:04 pm

Hallo Jacques

Eish. Wat nou met die Anatool? Laat weet asb meer. Gee dalk info deur op my roepsein.

Ambessa

Ambessa

Re: Anatoliese honde

Post by Ambessa » Sat Apr 25, 2009 7:18 pm

Hallo Jacques
JACQUES wrote: ... hy sien die die anatool wat kom water drink, hy sit so 30 tree van die krip af, die hond se bek is vol bloed . die karkassies verdwyn sommer  alles word opgevreet . Hy weet nie wat om vir die boer te se nie....
En die deng hy vang nou en dan na 3 dae weer ens. Ek se hy moet vir die boer vra om die hond werf toe te neem vir n week, as daar dan gevang word, bel weer indien nie, stuur die hond terug na sy eienaar en kry sy geld terug....
Wat is julle raad? (behalwe om die hond te skiet)...
Nogal nuuskierig. Wat het van hierdie Anatool geword?

Ambessa

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3219
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Anatoliese honde

Post by Christo » Fri May 08, 2009 10:00 pm

Ambessa

Seker hondehemel toe. Anders moet hy maar nog 'n paar opvreet.  ;D

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

tafjak

Re: Anatoliese honde

Post by tafjak » Sat May 16, 2009 4:34 am

Dink gisteraand terwyl ek besig was om te jag dat die manne wat anatole aanbeveel dieselfde mense is wat jaghonde wil verban. Nou hoe maak 'n anatool dan die jakkalse dood? Ek hoop nie hy byt hulle nie anders is sy dae ook getel. Kan dit nie kleinkry dat die een hond die jakkals mag byt en die ander een nie. Bollie wil seker nou vir my/ons vertel dat die anatole die jakkalse vredeliewend doodbyt.

Nee, wragtig sal ek nou terugbetalings van my skool moet kry. Ek het gehoor van mense koppe wat gemaak is om die ore van mekaar te hou, weet ook nie of dit nodig is nie want die ore(luister) is ook maar nie daar nie.

Groetnis

Taffie

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3219
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Anatoliese honde

Post by Christo » Sat May 16, 2009 6:26 am

Taffie


Hy het nou die anatoliese perd opgesaal en is nou in 'n delema want hy moet weet die perd issie reg nie, maar ry moet hy hom ry anners lag sy vrinne vir hom( dis te s? as hy het ).

Ek lees in dieselfde LBW van 15 Mei dat hy nou 'n boek uit het en dat die apperate van hom in elk geval nie die job so goed gaan doen soos onmenslike Taffie nie, maar dat dit al uitweg is om 'n balans in die natuur te hou.

Sy trots en sy sak is al wat 'n boost kry deur die klomp tjol.

O ja, in die boek is reverente wat gebel kan word oor die goeie werking van die apperate, miskien is jou naam ook daar. ;D

Looi hulle maar.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Location: Graaff Reinet
Contact:

Re: Anatoliese honde

Post by Mac » Sat May 16, 2009 7:35 am

Praat Donderdag met n' boer van Graaff reinet, hy het met die verkyker gekyk terwyl sy anatool sy lammers vang en vreet, hond geskiet en nou bly sy lam telling konstant. dit is die tweede een wat hy van kant moes maak.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Location: Burgersdorp EAST CAPE

Re: Anatoliese honde

Post by britsman » Sat May 16, 2009 12:33 pm

Taffie / Christo/ Graham en almal,
Ek het Ambessa die volgende gevra op 'n ander post
Occasionally, coyotes have been known to
                       cross with domestic dogs, forming a hybrid
                       commonly known as a coydog. Coydogs are
                       relatively rare in Kansas, but they are known to
                       occur, particularly in more heavily populated
                       areas where dogs are allowed to roam free. Often
                       a coydog will be larger than either of its
                       parents. Also, unlike many hybrids, the coydog
                       is fertile and can reproduce.
                               Why don't our B/B Jackals cross with domestic dogs (both CANIS species) like the coyotes do (coydogs)?

Hier is Ambessa se antwoord;
Last year (or the year before) somebody told me he (knew of somebody who) has seen a photograph taken of such a hybrid in the north-eastern part of SA. Could not get more info to have it confirmed.

Weet enigiemand iets meer hieroor?


      Hier verplas 'n ander vorige  post van Jacque en Caller se antword hieroor;
Jakes
ek wonner of daar nie n jakkals reun sal inkom nie, ek het jou mos die foto van frik se kruisteling gewys....die hond jak ding ?\ of was dit dalk n jag hond(reun) wat n jak teef gedek het so in die jag proses....
Caller
Ek het daai foto's by ou Frik self gekry en het dit nou nog. Dit was 'n Collie (reun) wat met 'n jakkie (teef) gekruis was. Volgens ou Frik het hy skape gevang en is ingeroep en geskied (was wild). As hy mak was, dan was dit Collie teef en jakkie reun, verstaan jy?

  Nou dit is dan ook moontlik dat die anatol (as dit nie reg gemak is nie) en jakkie kan kruis.

Wat se julle?
                      brits
Last edited by britsman on Sun May 17, 2009 8:28 am, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3219
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Anatoliese honde

Post by Christo » Sat May 16, 2009 1:21 pm

Britsman

Enigiets soos dit kan moontlik wees. Wat noem ons dit. Anajakkie of Toljakkie - hoe dit ook as sy, dit al 'n jakkie van ana kleur wees.

Christo

ns: Ek was nog nooit ten gunste van sulke kruistelings nie. Telings soos dit het teweeg gebring dat ons Blesbokke vandag amper altyd Bontebok bloed by het, om nie eens te praat van die Elande nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

tafjak

Re: Anatoliese honde

Post by tafjak » Sun May 17, 2009 12:33 am

Brits

Ek het 'n stel jakkalse in die Klipplaat omgewing gereeld gejag en kon nooit die teef skiet nie. Die reun is by 2 geleenthede geskiet. Dieselfde jaar later (2006) roep ek die teef saam met anatool in en kon so die teef skiet. Antatool was nogal astrant toe die teef val. Dit het gebeur op Justin Krige se grond, Blaawboschchuil. Wys jou net dat die jakteef met hond 'n baie goeie kruising sou wees.

Taffie

britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm
Location: Burgersdorp EAST CAPE

Re: Anatoliese honde

Post by britsman » Sun May 17, 2009 8:41 am

Dag se Kruger en almal,
        1) Kruger ek sien ons is al wat "online" is ,reen dit daar by julle?
        2)Word alle Anatools "reg gemaak" voor hulle in die veld gesit word?

        brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.

User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Location: Jansenville

Re: Anatoliese honde

Post by Kruger » Sun May 17, 2009 9:33 am

Britsman
Ek wens dit het gereen, maar ongelukkig nog nie 'n druppel geval nie. Dis eintlik nog vrek droog hier. Wind waai net vreeslik. Persoonlik dink ek alle Anatole moet vrekgeskiet word voordat hulle veldtoe gaan, maar indien jy wil sal dit seker nie kwaad doen om hulle eers reg te maak nie. Op 'n ernstiger noot - Ek dink dit kan 'n verskil maak aan rondloop indien Anatole reggemaak word, maar meeste is maar lief vir Mammon en hoop maar op 'n werpsel of twee, dus word dit nie so geredelik gedoen nie. Ek weet dat Grootfontein op 'n stadium hulle hondjies laat regmaak het voordat hulle uitgeplaas was. Dit is seker die regte ding om te doen.
Winners never quit - Quitters never win.

LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Anatoliese honde

Post by LMB » Sun May 17, 2009 6:25 pm

My 2 honde was deel van die Grootfontein projek.
Jy het onderneem om hulle te laat kastreer as hulle groot genoeg is. Die doel was dat die honde nie moet rondloop, en dat jy ook nie met die hond kan teel en die eenvormigheid van die navorsing benadeel. 
Groete
Lukas

User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Location: Bloemfontein

Re: Anatoliese honde

Post by Caller » Sun May 17, 2009 7:25 pm

Britsman

Die kruising tussen 'n jakkals en 'n hond, word 'n HAKKALS genoem. Dit is geensins snaaks dat 'n hond en 'n jakkals kan kruis nie want hulle is altwee honde (Canidae/Canis Familie).

Daar is 'n paar gevalle in die land bekend waar 'n kruising plaasgevind het, maar ons weet nog nie of die kruisings vrugbaar is of nie. Ek persoonlik dink hulle sal vrugbaar wees.

Die Foto's wat ek het, het ek van die jagter self gekry, wat die kruising geskiet het. Hy is lid van ons Jagtersvereniging (Vrystaat Jagters, Probleemdier tak) en dit is duidelik 'n baster tussen 'n Kolliehond en 'n Rooijakkals. Pers kom. het bevestig dat hy skaap gevang het en dat hy met die Roepmetode van kant gemaak is. In 'n ander geval het 'n jagter van Oranjejag ook 'n kruising in die Boshof Distrik van kant gemaak, wat ook wild was (jakkals teef en reun hond) en in hierdie geval was dit 'n jakkals bulldog tipe kruising, as ek reg onthou. Die persoon is 'n kolega van my en ek kan weer bietjie gaan uitvind en laat weet wat die omstandighede was.

Uiteraard is die tipe kruisings skaars omdat dit spontaan gebeur (nie opsetlik nie) en omdat die een dier gedomestikeerd en die ander een wild is.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.

Ambessa

Re: Anatoliese honde

Post by Ambessa » Sun May 17, 2009 11:40 pm

Hallo Caller

Yep. Hond op hond is reg met verbastering... kan wel gebeur.

Sal die fotos waardeer en ook meer feite op die basters.

Ambessa

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 884
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Anatoliese honde

Post by Yalair » Mon May 18, 2009 3:16 pm

'n Ou wat ek goed ken gebruik net teef honde (jag met honde) in jakkals paartyd, hy het al gekry dat die reun hond die jakkals dek inplaas van doodbyt. Lus is niemand se maat nie  :o

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3219
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Location: Koue Bokkeveld

Re: Anatoliese honde

Post by Christo » Mon May 18, 2009 7:55 pm

Ben,

As ek kyk hoe dit die laaste keer gegaan het hier om my huis en die buurman se reun wat 5km ver kom om saam te hardloop is ek nie verbaas dat die man nie meer reunhonde wil gebruik nie.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.

tafjak

Re: Anatoliese honde

Post by tafjak » Wed Jun 24, 2009 10:16 pm

Tafjak wrote:Ek het 'n stel jakkalse in die Klipplaat omgewing gereeld gejag en kon nooit die teef skiet nie. Die reun is by 2 geleenthede geskiet. Dieselfde jaar later (2006) roep ek die teef saam met anatool in en kon so die teef skiet. Antatool was nogal astrant toe die teef val.
Ek vroe?r vanaand na 'n progaram op NatGeo Wild(kanaal 261) wat in die Kgalaghadi Oorgrenspark gemaak is, "Snake Killers". Vir my baie interesant gewees toe die jakkalspaar sien hulle kan nie hondhaaraf maak met die ratel en haar kleintjie nie, verduur toe die 2 ratels en bly op hulle spoor om te kyk of hulle nie kan aas/steel by ratels nie.

Wonder maar net.

Taffie

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Location: Bloemfontein

Re: Anatoliese honde

Post by JACQUES BOTHA » Thu Jun 25, 2009 12:52 pm

TAFFIE
EK HET GISTERAAND MET KOOS MEIRING GESELS HY HET 7 VAN DIE ANATOLE EN HET AL N GROOT GETAL JAKKALSE OP SY PLAAS GESKIET. HY HET GROOT SUKSES MET SY ANATOLE EN HY BEWEER DIE RAAD LE IN DIE KOS WAT DIE HONDE KRY EN DAT JY N KERN GROEP VAN 3 TO 4 SKAAP BY DIE HOND MOET HOU EN DAN AS JY TROPPE SKUIF OF KAMPE WISSEL DIE HOND MET SY KERNGROEP BEHOU EN SLEGS DIE TROP NUWE TROP DAN IN DIE NUWE KAMP INSKUIF ..
HY BEWEER OOK DIE HONDE LEEF IN VREDE MET RIBBOKKE EN ANDER WILD ENS...
EK HET HOM GENOOI OM SY KENNIS HIER OP DIE FORUM TE KOM DEEL ...
HY RY NET ROND MET DIE WIT LIG EN HET AL AS EK REG IS HIER RONDOM 200 JAKKALSE DIE  JAAR GESKIET BY HOM,
HET DIT GLO ELKE AAND VIR 3 MAANDE GEDOEN...MAAR ....LAT HY SELF VERTEL.
EK STEM NIE MET ALLES SAAM WAT HY BEWEER EN SE NIE, MAAR LAAT HY DIT LIEWER SELF HIER KOM STEL..
HY NOEM OOK VAN DIE NAME VAN DIE  WAT DIE GROOT HONDE TEEL WIE SE HONDE MENS  MOET VERMY....
EK WAG IN SPANNING VIR HOM.
HY SAL MY N CD VOL FOTO'S GEE VAN SKAAP VANGSTE , SKAAP KWES SKOTE EN JAKKALSE EN KATTE ASOOK MAAGINHOUD VAN AL 200 PLUS JAKKALSE ..
EK HET HOM GESE EK SAL DIT AAN AMBESSA GEE VIR PLASING EN NAVORSING.....OF PUBLIKASIE AAN BOOULLSHIT
Shoot straight and tell the truth!

Ambessa

Re: Anatoliese honde

Post by Ambessa » Fri Jun 26, 2009 11:08 am

Hallo Jacques

Dankie. Wag in spanning vir die info.

Ambessa

LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Anatoliese honde

Post by LMB » Sun Jun 28, 2009 6:01 pm

Vanmiddag op Ekoforum, RSG, was daar onderhoude met boere in die omgewing van Petrus Steyn, as ek reg onthou. Die boere beheer jakkalse en Rooikatte op meer as 20 000ha suksesvol met Anatole.
Aan die een kant word daar gepraat dat die honde die roofdiere vang, maar aan die ander kant meld hulle weer dat hulle die probleem uit hul gebied skuif en dit maar die volgende buurman se probleem word. Met sulke bure het jy ook nie vyande nodig nie.

Ek wonder nou hoeveel bakore en kleinwild is nog oor op die plase?

Lukas

 

Ambessa

Re: Anatoliese honde

Post by Ambessa » Sun Jun 28, 2009 6:21 pm

Hallo LMB
LMB wrote:...op Ekoforum, RSG, ... ...Die boere beheer jakkalse en Rooikatte op meer as 20 000ha suksesvol met Anatole.
Aan die een kant word daar gepraat dat die honde die roofdiere vang, maar aan die ander kant meld hulle weer dat hulle die probleem uit hul gebied skuif en dit maar die volgende buurman se probleem word.
Jammer, het dit nie gehoor nie.

Presies wat ons nog altyd vermoed: die roofdiere ontwyk die honde deur op buurplase te jag. Dus, solank daar plase is waarheen hulle kan uitwyk werk die ding. Wat gebeur as hulle nie meer kan uitwyk nie?

Hoe groot is die manne se veetroppe? Dus hoeveel honde per trop? Is dit 'n aaneenlopende blok plase van 20 000 ha?

Dit is interessant dat hierdie honde ooglopend wel roofdiere (en kleinwild?) mag jag en doodbyt. BS verwys wel na hulle as "failed dogs"! Opgeleide troppe (packs) jaghonde word egter met mening deur die ouens teengestaan omdat dit wreed is teenoor die roofdiere?

Wonder maar net?

Ambessa

tafjak

Re: Anatoliese honde

Post by tafjak » Sun Jun 28, 2009 6:32 pm

Ambessa
Ambessa wrote:Presies wat ons nog altyd vermoed: die roofdiere ontwyk die honde deur op buurplase te jag. Dus, solank daar plase is waarheen hulle kan uitwyk werk die ding. Wat gebeur as hulle nie meer kan uitwyk nie?
Die honde werk vir 'n ruk, maar dan moet die bure van die Anatoliese eienaars jakkalse doodmaak. Daarna(2de jaar) is die anatole nie meer efektief nie en moet jakkalse met ander metodes ook beheer word.

As die bure nie jakkalse beheer nie, is die anatole se uitwerking 'n ronde nul. Die manne skuif net verantwoordelikhede uit en moet maar tog dan later die regte doen en dit is gewoonlik baie meer geldrowend.

Taffie

LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Anatoliese honde

Post by LMB » Sun Jun 28, 2009 6:40 pm

Ek was toevallig in `n voertuig toe ek die gesprek hoor.
Die 20 000ha is aanmekaar, so het ek dit verstaan. Dit is 4 bure wat saamwerk. Die een ou teel sommer die honde en dan gee hy weer vir sy bure kleintjies, so word die gebied groter.
Die een man het gepraat van 1200 ooie of iets op 3000 ha. As hulle dan 20 000ha dek moet die ander ouens groot boere wees, of daar is meer boere betrokke. Hulle het egter nie ges? hoeveel honde in die gebied is. Ook nie of die honde dalk ander goed as net jakkalse vang.
Wat hulle wel ges? het, wat baie waar is, is dat die ding nie werk as die bure nie saamwerk.

Dit sou baie intresant wees om `n meer wetenskaplike ondersoek van so `n aksie te sien.
Die media wil nie graag `n goeie storie bederf met te veel feite nie!!!

Lukas 

Ambessa

Re: Anatoliese honde

Post by Ambessa » Sun Jun 28, 2009 6:49 pm

Hallo Tafjak / LMB / en almal
LMB wrote:...Wat hulle wel ges? het, wat baie waar is, is dat die ding nie werk as die bure nie saamwerk.

Dit sou baie intresant wees om `n meer wetenskaplike ondersoek van so `n aksie te sien.
Die media wil nie graag `n goeie storie bederf met te veel feite nie!!!
Dit is baie nodig dat hierdie en ook die ander metodes se praktiese werking en veral die effektiwiteit om roofdierskade oor werklike groot gebiede te verminder op wetenskaplike wyse ondersoek word.

Ambessa

222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Location: P/Steyn

Re: Anatoliese honde

Post by 222 » Sun Jun 28, 2009 7:39 pm

LMB

Ek het dit nie gehoor nie, maar sal graag wil weet wat is die ou se naam. Sal hom bietjie vra, ken nie so iemand hier nie dit is in my vallei waarvan daar so eidelik gepraat word

Groete
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's

Post Reply

Return to “Anatoliese en ander Herders-honde”