Verste en naaste skoot op wild

honda2
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Location: Bellville

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by honda2 » Sun Apr 04, 2021 8:11 pm

Verste skoot 220m op n gemsbok. My eerste. Eerste skoot geskiet.... bok het nie beweeg nie. Liewe Vader.... wat nou? Alles is dan reg! Skiet weer presies dieselfde skoot en die bok gee so 2 tree en daar is hy dood! Bokkoors? Nee... toe ons die bok hang kon mens mooi 1 ingang gat sien maar 2 uitgang. Die bok 2 keer op presies dieselfde plek raakgeskiet. Waarom hy nie beweeg het nie kan ek nie se nie. Maar die biltong was lekker!

Naaste skoot....1m op n muisvoel buite my kamervenster... baie jare terug...

Sent from my SM-A530F using Tapatalk


Kaalvoetthysie
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Kaalvoetthysie » Mon Apr 05, 2021 4:15 pm

Naaste skoot was n Waterbok koei op so 20m.

Verste skoot, geen idee nie. Verste kwes skoot was n Springbok op 300m+ met die 222. Reguit na my toe gestaan, kruishaar gelyk met die horings se punte gehou en sy bors perfek oopgesny. Nie lank daarna het hy gelê en die af slag was maklik was so 12 jaar oud en lekker windgat.

Deesdae los ek maar die vêr skote vir die ander manne.


Sent from my iPhone using Tapatalk

J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 683
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by J le Roux » Mon Apr 05, 2021 7:43 pm

Naaste was 'n uitskiet Nyala ooi, seker 12m oor die spieeltjie.

My verste skoot was hierdie naweek, blesbok op so 410m. Dit was my eerste vlaktejag en ek het die 30-06 met 165 SGKs teen 2805fps heelwat geoefen. Daar was ook darem naby skote, maat ek het nie gewwet Swartwildebeeste, Rooihartebeeste en Blesbokke kan so baie hardloop nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2423
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Verste en naaste skoot op wild

Post by Apie » Tue Apr 06, 2021 2:41 am

My laaitie sin

Naaste skoot
Springbok op 7 tree
Voorsit jag by Beaufort Wes met 6x45 met 85gr Gamekings @ 2870fps
Image


Langste skoot
Vlakvark bakkie jag Lichtenburg op 452meter met 223 met 73gr ELD @ 2960fps
Image



Sent from my iPhone using Tapatalk

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1818
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Supacow » Tue Apr 06, 2021 8:55 am

Daai vark is n groot skoot met daai roer
Hy was verseker RAAKgeskiet
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2423
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Apie » Tue Apr 06, 2021 2:01 pm

Supacow wrote:Daai vark is n groot skoot met daai roer
Hy was verseker RAAKgeskiet
Mooi skuins voor skouer in en agter blad weer uit!

Ek het al so paar varke met die 73gr ELD gelooi tussen 150-200meter en elke keer deur die vark geskiet met ‘n R2 grootte uitgangs wond.

Hierdie een was daar ook volle penetrasie met ‘n R1 grootte uitgangswond.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1818
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Supacow » Tue Apr 06, 2021 2:55 pm

Sal jy n voorspelling waag om te se hoe n 80gr custom comp sal reageer gegewe die veranderlikes konstand is
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2423
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Apie » Tue Apr 06, 2021 9:51 pm

Supacow wrote:Sal jy n voorspelling waag om te se hoe n 80gr custom comp sal reageer gegewe die veranderlikes konstand is
Ek het al ‘n blesbok op so 410meter met ‘n 155gr Custom Comp geskiet met ‘n 308 @ 2820fps.
Net ‘n klein gaatjie in en uit op die blad.

Ek het die gevoel die Eld is sagter maar kan nie met sekerheid sê nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4868
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by ruaanb » Wed Apr 07, 2021 6:30 am

Die eld maak makliker oop agv daai rooi puntjie.

Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 1737
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Location: Weskus

Re: Verste en naaste skoot op wild

Post by Diesel Dog » Sun Apr 11, 2021 8:41 pm

Naaste 1991 drie springbokke 5-10m 38special na my 243 met koeel in die lands gestoor het.
Verste springbok kopskoot 596m bakkie skiet rus en 6mm bullebak HK ,springbok nekskoot 660m 6.5x55AI bakkie bonnet en sandsak rus, springbok bruinstreep skoot 796m 300wsm le oor kontoerwal met sandsak.
DD

Post Reply

Return to “Geweer Jag/Rifle Hunting”