Leeujag

User avatar
Methos
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 327
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Leeujag

Post by Methos » Tue Apr 21, 2020 11:30 am

Dankie vir die video - ja nee ek kan dink dat jy daarna sal bewe soos 'n grashalm in die wind van die oortollige adrenalien.

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4133
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Leeujag

Post by Frederik » Tue Apr 21, 2020 12:39 pm

PICT0203.jpg
Die leeu was gejag deur amerikaanse klient van 21 jaar oud sy pa het die leeu vir hom present gegee.
Ja dit was gejag voor al die nonsens en die leeu het seker nie 3 maande voor die tyd daar rond geloop nie maar hy het die plaas geken 2500 hektaar kamp. Ons het om die eerste keer gewaar op 30 meter na paar uur se soek vir vars spore en toe te voet. Hy was in lang gras en jy mos mooi kyk anders het jy in hom vasgeloop. Ek sal nooit daardie geel oe vergeet wat jou gluur deur die gras nie. Besig om somme te maak gaan hy hardloop bly of aanval.

Ons kon toe mooi uitmaak hoe hy le en die jong man het geskiet maar te hoog bo die skouer en vang ook nie sy rugraat nie. Kat is daar weg met 'n spoed en grommende woede. Ons het nie geweet die skoot was te hoog nie en is agter aan. Seker 500 meter verder met amper geen bloed nie besef ons die skoot was sleg geplaas. Geweer was 416 Rem met 400gr Swift. Ons beweeg toe baie ekstra stadig van daar af en 40 minute later uit die bloute kom die leeu nie reguit vir ons nie maar vir 'n witgat/matopie boom skuins regs voor ons en klim toe en in en gaan te kere. Nog 2 skote met 416 en 1 met die 375 en die kat is uit die boom.

As hy reguit vir ons gekom het was daar min kans vir skiet seker tussen die drie gewere dalk 1 elk en dan moes hulle nog raakwees ook.
Die eerste skoot was toe bevestig as hoog deur maar met die leeu wat daar op die grond gespanne was het daardie rug spiere 400gr Swift gestop om te exit op 30meter. Ek het daardie dag groot respek vir leeu gekry.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1005
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Location: Kaapstad

Re: Leeujag

Post by Swys14 » Mon Aug 10, 2020 11:09 am

Ek sou nou werklikwaar nie omgee om 'n leeujag mee te maak nie, sal nie noodwendig self wil skiet die eerste keer nie maar net die ervaring wil opdoen en adrenalien wil voel van so 'n jag as dit "aan" is. Ek kan myself net indink die oervrees wat so 'n leeujag sal wakkermaak binne 'n man, en hoe jou karakter dit hanteer. Is dit nie maar hoekom 'n mens gevaarlike wild wil jag nie?

User avatar
dawiec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 470
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Location: Durbanville

Re: Leeujag

Post by dawiec » Fri Sep 25, 2020 4:11 pm

my ghoens is nie groot genoeg om so 'n leeu te jag nie. Well done Stefan!
30-06 Musgrave K98
375 H&H (custom build on P14 action/Truvelo barrel)
410 Mossberg
.22 Remington
6.5mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
6.5mm Creedmoor Howa 1500 MDT Ess chassis

User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Location: Boksburg

Re: Leeujag

Post by Gerhardu » Mon Sep 28, 2020 6:55 am

BenJacobs wrote:
Mon Apr 20, 2020 6:37 pm
Wat kos so 'n leeu jag?
Nee, dis nie verniet nie!

User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 6855
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Leeujag

Post by PWV » Mon Sep 28, 2020 9:16 am

Gerhardu wrote:
Mon Sep 28, 2020 6:55 am
BenJacobs wrote:
Mon Apr 20, 2020 6:37 pm
Wat kos so 'n leeu jag?
Nee, dis nie verniet nie!
++>: ++>: ++>:
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 797
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Leeujag

Post by Lategan1 » Mon Sep 28, 2020 9:28 am

Ou Ben. Nou vat die manne jou. :o

Ek weet nie kostes nie, maar wat ek wel weet, begin solank spaar. Dit mag dalk ‘n langtermyn spaarplan moet wees. :police:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Location: Boksburg

Re: Leeujag

Post by Gerhardu » Mon Sep 28, 2020 10:20 am

Lategan1 wrote:
Mon Sep 28, 2020 9:28 am
Ou Ben. Nou vat die manne jou. :o

Ek weet nie kostes nie, maar wat ek wel weet, begin solank spaar. Dit mag dalk ‘n langtermyn spaarplan moet wees. :police:

Beste.
Ek dink so jag leer jou om geld te spaar. Moet ook seker verby vrou kom.

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4133
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Leeujag

Post by Frederik » Mon Sep 28, 2020 10:27 am

Wat ek wel kan noem pryse nou teenoor 10 - 15 jaar terug het baie geval veral met groot leeu mannetjies.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 9796
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Leeujag

Post by Capt. Oblivious » Mon Sep 28, 2020 11:06 am

Die lyk nou na n winskopie...
Ek ownder of daai man darem nog n paar tande het of eet hy nou net honde pille
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Location: Boksburg

Re: Leeujag

Post by Gerhardu » Mon Sep 28, 2020 11:28 am

En dan kry jy sy nametag en bersie ook saam.

User avatar
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 574
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Location: Pretoria Oos

Re: Leeujag

Post by Joe13 » Mon Sep 28, 2020 11:45 am

So nou wat nou? Hoe proe die vleis?

Kan nie deal nie.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2

B Five
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Leeujag

Post by B Five » Thu Nov 19, 2020 7:22 am

Nou al so ruk terug, maar ek kyk nou eers video.
Weet van julle manne watse dubbels die manne gedra het en in watter kalibers?

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6350
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Leeujag

Post by DWB » Thu Nov 19, 2020 7:29 am

As ek reg onthou 2 x Verney Caron 500NE
1 x Merkel 470NE
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6822
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Leeujag

Post by Wouter Roets » Thu Nov 19, 2020 7:41 am

Deon

Stefan het sy Merkel in 500NE gebruik en Ronnie sy Verney ook in 500NE. Ek weet nie wat die beroepsjagter gebruik het nie.

Groetnis
Wout

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6350
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Leeujag

Post by DWB » Thu Nov 19, 2020 7:44 am

Dankie Wouter, as ek dit nie mis het nie is die beroepsjagter sin 'n Merkel in 470NE
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"

B Five
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Leeujag

Post by B Five » Thu Nov 19, 2020 3:59 pm

Pragtig, pragtig

kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Location: Pretoria

Re: Leeujag

Post by kopskoot » Fri Nov 20, 2020 2:26 pm

Wouter Roets wrote:
Thu Nov 19, 2020 7:41 am
Deon

Stefan het sy Merkel in 500NE gebruik en Ronnie sy Verney ook in 500NE. Ek weet nie wat die beroepsjagter gebruik het nie.

Groetnis
Wout
Ek en Stefan het albei VC 500NE’s gebruik. Seun Griesel ( ph) het n 470 Merkel gebruik

Kry ek nou weer hoendervleis toe ek die video sien....🤔
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6822
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Leeujag

Post by Wouter Roets » Mon Nov 23, 2020 9:20 am

Askuus ou Deon! Dis maar moeilik om kop te hou met al ou Sully se 11-1-11 pratery!

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6350
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Leeujag

Post by DWB » Mon Nov 23, 2020 9:35 am

Bwahahaha!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff - 450 Rigby
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 9796
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Leeujag

Post by Capt. Oblivious » Mon Nov 23, 2020 11:07 am

Wouter Roets wrote:
Mon Nov 23, 2020 9:20 am
Askuus ou Deon! Dis maar moeilik om kop te hou met al ou Sully se 11-1-11 pratery!
++>: ++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 4133
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Leeujag

Post by Frederik » Mon Nov 23, 2020 2:47 pm

Donderdag laasweek besluit volgende jaar my beurt om so kat te jag die sonder die hairdews, maak nou spaar planne.
458 Lott met 480gr Woodleigh koeels behoort goeie medisyne te wees teen 2200fps.

Post Reply

Return to “Geweer Jag/Rifle Hunting”