Rollie Jag-Nog vrae

Post Reply
User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Rollie Jag-Nog vrae

Post by Capt. Oblivious » Tue Mar 09, 2021 12:04 pm

Yes Manne

Ek wil graag die jaar iets met my 357 jag maar ek is nie so bekend met die tiepe jag koels wat mens nodig het in handwapens nie,hy gaan natuurlik nie baie vinnig trek nie so mens het dam seker nou nie regtig n bonded of Mono koel nodig nie maar die skoot gaan ook nie op n ver afstand wees nie so dan verander dit weer die prentjie bq.

In my kas het ek 125gr Golden Sabres, 158gr Magtech SJHP en dan n klomp 158gr platpunt loodkern Machtechs en n boks ou Federals, die klomp skiet almal baie mooi maar ek het ook DIES en n vrag doppe so ek kan enige iets rol wat nodig is.

Nou my eintlike vraag, moet ek eder na n 180gr teen so 1100fps kyk vir jag of n 158gr teen 1250fps en na watse kruit kyk ek om self te laai?
CFE Pistol, N110?
CCi Large Pistol Magnum Primer?

Ek kan natuurlik ook iets soos Hornady se LeverRevelution/FTX koop of dalk vir Oom Kriek vra om my n mono te draai in 158gr?
Ek glo nie ek sal n groot dier nou al aan vat nie so dalk maar Rooibok en n vark maar mens weet nooit wat gebeur in die veld nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1305
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by swc-tr » Tue Mar 09, 2021 12:52 pm

Cappie, om mee te begin is die .357 baie marginaal om mee te jag, dit laat nie veel error toe agv min energie, so skootplasing is kardinaal. By jou tradisionele rollies, vergeet van mushroom/expanding koeëls, die snelhede haalbaar laat dit nie toe nie.
Maar as jy wil met hom jag, is my ondervinding om die swaarste koeël (180gr en meer) met die grootste frontale oppervlak (meplat) te gebruik, wat jou reguitlyn penetrasie gee. Soos genoem, skootplasing is kardinaal.
Dryfmiddels, iets soos N110, Hodgdon H110 of Alliant 2400 is jou beste opsies.
Jy weet die .357 gebruik eintlik small pistol primers?
Skietafstande: beperk jouself tot afstande waar jy tennisbal grootte teikens gereeld kan tref.
Een waarskuwing: passop, rollie jag is verslawend, daai 6SLR se plek in jou kluis kan bedreig raak.
Enjoy.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by Capt. Oblivious » Tue Mar 09, 2021 12:59 pm

Hahaha ja dankie Schalk ek verstaan die manne se dit is n ander lekker, ja ek besef die 357 is marginaal vir jag so dit is hoekom ek maar dink aan iets soos n Rooibok met hom.

Dankie ek sal kyk vir N110 en dan n small rifle primer (het eintlik dit darem geweet ::) ), dink jy iets soos n "hard cast" koel (nie eers seker of mens so iets te koop kry hier nie) met n lekker groot mepalt sal beter werk anders dalk maar n lekker plat punt Kriek ?
Ek en die Ruger vertsaan mekaar darem en self van net n skietstok af skiet hy baie mooi, ek dink ek skiet beter met hom van stokke af as met n lang roer.
Last edited by Capt. Oblivious on Tue Mar 09, 2021 1:05 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1818
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by Supacow » Tue Mar 09, 2021 1:02 pm

GP100?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by Capt. Oblivious » Tue Mar 09, 2021 1:07 pm

Security 6
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1305
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by swc-tr » Tue Mar 09, 2021 1:18 pm

Cappie, ek is sekerlik nog ou skool, maar verkies gegote loodkoeels met groot platpunte vir handwapen jag.
Ek weet nie wat is plaaslik beskikbaar nie, ek giet my eie loodkoeels.

Indien jy so iets wil aanpak, sal ek een van hierdie 2 koeels aanbeveel:
360-182-WFN_PB_U2_Sketch.jpg
36-195Y-D.png
Ek jag met n .45Colt Ruger Blackhawk met 350gr platpunt loodkoeel, hy lyk so in vergelyking met die tradisionele 255gr SWC kooel:
Avatar.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by Capt. Oblivious » Tue Mar 09, 2021 1:38 pm

swc-tr wrote:
Tue Mar 09, 2021 1:18 pm
Cappie, ek is sekerlik nog ou skool, maar verkies gegote loodkoeels met groot platpunte vir handwapen jag.
Ek weet nie wat is plaaslik beskikbaar nie, ek giet my eie loodkoeels.

Indien jy so iets wil aanpak, sal ek een van hierdie 2 koeels aanbeveel:
360-182-WFN_PB_U2_Sketch.jpg
36-195Y-D.png

Ek jag met n .45Colt Ruger Blackhawk met 350gr platpunt loodkoeel, hy lyk so in vergelyking met die tradisionele 255gr SWC kooel:
Avatar.jpg

Dankie Schalk, ek sal bq hoor hier by wanted dalk het iemand iets wat hulle nie gebruik nie. Net vir interesantheid, mens het seker nie n gascheck nodig onder op so gegote koel met 357 spoed nie?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1305
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by swc-tr » Tue Mar 09, 2021 2:10 pm

Cappie, ja meestal is gaschecks oorbodig teen handwapen snelhede.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

ThinusS
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by ThinusS » Tue Mar 09, 2021 7:47 pm

Ek het heelwat met .357 mag rewolwers gejag, eers met 'n Astra en later met 'n S & W mod. 19. Beide het 4" lope gehad en ek het oop visiere gebruik. Die .357 is, soos reeds genoem, marginaal vir jag. Jou skootplasing moet baie goed wees. Ek het meestal gegote platpunt loodkoeëls van 158gr en 170gr gebruik. Penetrasie is nie 'n probleem nie, die koeël in die foto is 'n 158gr RF koeël uit 'n LEE gietstuk. Die koeël, teen 'n trompsnelheid van ±1150fps, het op 25 meter deur beide blaaie van 'n groot elandbul geskiet en is onder die vel van die verste skouer gevind.

Ek beveel geensins aan dat die .357 mag vir elandjag gebruik word nie, dié bul was kruppel en die .357 was al wat ek by my gehad het. Die punt, :), is dat selfs 'n 158gr koeël voldoende penetreer vir enige wild wat met 'n .357 mag gejag kan word maar die deursnee van die wondkanaal is baie klein in vergelyking met die wondkanaal van 'n geweerkoeël. Maak baie seker van jou skoot en weet dat jy heel moontlik gaan moet spoorsny. Idien jou eerste skoot perfek is sal jy die bok/vark kry, as jou eerste skoot swak geplaas is gaan jy baie sukkel.

Ek kan vir jou 'n klompie koeëls stuur om te toets indien jy belangstel.

Image

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1496
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by Alwin » Tue Mar 09, 2021 9:06 pm

Ek dink ons verstaan die 357 se beperkings. Hou dus by kleiner wildsoorte.

My (baie subjektiewe) keuse vir jagkoeels is 'n gegote loodkoeel met plat neus (meplat) van 180 - 200 gn. Dis nou nie eintlik iets wat jy in 'n winkel gaan sien rondle nie, dus moet mens dit self maak of iemand kry wat dit vir jou kan doen.

Skootplasing is uiters belangrik, aangesien die tipe koeels nie veel uitsit nie en baie min vleisskade maak. Mens kan tot teen die wondkanaal eet. Plaas hom dus waar daar geen argumente of spoorsny gaan volg nie.

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4868
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by ruaanb » Thu Mar 11, 2021 1:59 pm

Cappie nil per mond is jou voorland met die uitdaging.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by Capt. Oblivious » Thu Mar 11, 2021 2:14 pm

ruaanb wrote:
Thu Mar 11, 2021 1:59 pm
Cappie nil per mond is jou voorland met die uitdaging.
Jaja die is nie cruiser skiet nie, is erenstige stories die!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2959
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by joe rocket » Thu Mar 11, 2021 4:08 pm

Siebie ek het moer baie lood koele. Maar ek sit links voor op die jag. En ek sal jou backup wees op die cruiser. 105 Amax @ 3260.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Location: CENTURION

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by kudu375 » Thu Mar 11, 2021 4:11 pm

Cappie,

skiet hom baie tot jy gemaklik is met jou rollie. Kry dan die swaarste moontlike gr om mee te jag . Kom baie naby aan jou prooi, en dan nog 8 tree nader.
Geniet die nuwe avontuur en begin solank maar rondkyk vir 'n 44. Glo my.

Da vat hy.
Court Schilbach

44 Ruger SBH 7.5", 375 H&H Winchester pre64 mod 70, 243 Savage AxxisII, .22 Norinco Jw

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Rollie Jag-Nog vrae

Post by Capt. Oblivious » Thu Mar 11, 2021 4:22 pm

kudu375 wrote:
Thu Mar 11, 2021 4:11 pm
Cappie,

skiet hom baie tot jy gemaklik is met jou rollie. Kry dan die swaarste moontlike gr om mee te jag . Kom baie naby aan jou prooi, en dan nog 8 tree nader.
Geniet die nuwe avontuur en begin solank maar rondkyk vir 'n 44. Glo my.

Da vat hy.
Dankie ek sal, ekt op n kol seker so 100 skote n week deur hom gesit so glo ons sal weer reg kom, as ek eendag daai neef van jou kan kry om bq sy fiets vir n slag te los en weer aan n geweer te vat kan ons dalk nog die ding da by julle doen
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Post Reply

Return to “HandWapen/Handgun”