Ghillie of Leafy suit

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4156
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Location: JHB

Ghillie of Leafy suit

Post by Cobus(Cobb) » Tue Jan 26, 2021 9:51 pm

Ek het nou al paar keer regtig fun in 'n hide gehad, mooi Kudu bul en vark sog geskiet, paar keer maar geblank ook. Nou begin ek bietjie dink om 'n ernstige poging aantewend om n blesbok op die voet te loop probeer skiet. Nou moet ek erken ek is te ongeduldig, lomp en lawaaierig op die voet maar kom darm so soms met n geweer reg.....maar met die pyle nognie.

Wat van so Ghillie of Leafy suit?? help hy rerig? is dit die geld werd??

Kom deel asb bietjie jou ervaring, storie en fotos.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, Howa 308, BSA no12 .22
HOWA 308, MAB 7.65
12Ga Semi
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

Thunderhead
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 354
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Location: Louis Trichardt Limpopo

Re: Ghillie of Leafy suit

Post by Thunderhead » Tue Jan 26, 2021 10:34 pm

Gillie suit is nie prakties vir boogjag omdat dit baie warm is en kom in die boogsnaar se pad as jy wil skiet, en hak aan alles wat n bos is. Leafy suits werk maar kan omnodig duur wees.Ek het baie bokke al gewalk en stalk met gewone camos. Om 50m van n bok te kom is glad nie moeilik nie. Om daai extra 20 na 30m nader te kom kan jou ure vat. Bly laag beweeg baie stadig en net waneer hulle rustig is en bly uit direkte sonlig. Handskoene help omdat ons hande lig is en beweeg baie, dit trek aandag.

User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2248
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Location: Vanderbijlpark
Contact:

Re: Ghillie of Leafy suit

Post by henried » Wed Jan 27, 2021 9:27 am

Ek het 'n home made gilly, wat lekker werk, maar die ding hak aan als was.
Ek het in 2020 besluit ek gaan na normale groen of sand kleur jag klere.

Image
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure
http://www.lifeca.org

"Deo Valente "

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 5994
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Ghillie of Leafy suit

Post by Eugene » Wed Jan 27, 2021 10:48 am

Ek is geneig om met Thunderhead saam te stem. Gillie suit is vir my persoonlik die beste van die 2, maar dis warm en swaar en jy gaan mooi moet "trim" om die snaar se pad skoon te hou. Ek het al redelike sukses gehad deur net 'n stuk camo net/sif (soos Henried se baadjie materiaal op die foto), aan te pas om van my hoed na nou skouers te loop om net daai "mens vorm" te breek, saam met gewone camos. Maak jou gesig en hande donker en loop vrek stadig (100m per uur spoed) en stop gereeld en jy kan suksesvol wees.
Aim small, miss small

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10070
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Ghillie of Leafy suit

Post by Capt. Oblivious » Wed Jan 27, 2021 11:32 am

Eugene wrote:
Wed Jan 27, 2021 10:48 am
Ek is geneig om met Thunderhead saam te stem. Gillie suit is vir my persoonlik die beste van die 2, maar dis warm en swaar en jy gaan mooi moet "trim" om die snaar se pad skoon te hou. Ek het al redelike sukses gehad deur net 'n stuk camo net/sif (soos Henried se baadjie materiaal op die foto), aan te pas om van my hoed na nou skouers te loop om net daai "mens vorm" te breek, saam met gewone camos. Maak jou gesig en hande donker en loop vrek stadig (100m per uur spoed) en stop gereeld en jy kan suksesvol wees.
Ja hulle het ons dit by die Recces ook geleer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 1028
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Ghillie of Leafy suit

Post by Ds J » Wed Jan 27, 2021 4:59 pm

My broer het eendag in n gillie langs n dam gaan staan, net om te kyk wat gebeur. Sommige bokke het so naby gestaan en drink dat hy hulle met n spies sou kon steek. Die gebreekte lyne maak n baie groot verskil.

Zuku
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Ghillie of Leafy suit

Post by Zuku » Thu Jan 28, 2021 5:38 am

Ek het n Leafy suit gekoop so 6 jaar terug toe ek begin boogskiet het. Ghillie suit is warm en swaar. My persoonlike ondervinding, DIt werk soos n bom, Kan tot binne 10 meter van diere af kom. Beweging, geraas en reuk gee jou nog steeds weg. Maak seker jou gesig en hande is gekamoufleer met n gesig masker en handskoene of verf of modder ems. N leafy suit maak jou nie onsigbaar nie, gebruik natuurlike dekking tot jou voordeel. Jou leafy suit kan jy maklik "modify" om by jou gunsteling omgewing aan te pas. PS. Pas net op vir te veel groen.met deesdae se droogte sal die bokke ding jy is n boom en sal begin om agter jou aan te loop.

DIe voordeel van n Leafy suit. Jy koop eenkeer, en nie 3 camou hemde en broeke en n baadjie nie. In die somer trek jy PT shorts en T shirts aan, in die winter kan jy jou gunsteling pienk baadjie aantrek, Maklik om rek te maak as hy geskeur raak en gee net beter karakter, As jou gunsteling camou klere n groot skeur kry gooi jy hom weg. Na so 3 jaar as die wasmasjien jo gunsteling camou baadjie en broek gekrimp het pas jou leafy suit steeds. Maak net seker hy is groot genoeg on dik klere onder aan te trek. As jou hemp en broek vuil is van n dag se jag, kan jy die maar was en hoef nie more droog te wees nie., Jy kan seld jou pajamas inder jou leafy suit aantrek. Moet nie jou leafy suit met was poeier was nie, spoel net uit en hang in skaduwee om droog te word uit die son om nie te bleik nie.

https://sniperafricaonline.com/accessor ... -face-mask

https://sniperafricaonline.com/mens/zip ... ded-top-3d

User avatar
Blitzzz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 474
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Location: Mossel Bay

Re: Ghillie of Leafy suit

Post by Blitzzz » Thu Jan 28, 2021 8:35 am

Ek het ook al sukses in my leafy suite gehad. Ghille suite is vir die movies met die snipers in.

Dis bietjie van topic af, maar ek noem wat net so belangrik is soos goeie kamoeflering:
- skoene (of kaalvoet)
- beplan waar jy wil wees om n geleentheid te kan skep om die boog te draw. Jy kan naby wees, maar as jy nie kan draw nie, skiet jy niks.
- kies jou jag area goed. Area met enkel bosse nie te vêr van mekaar is ideal en jag vroeg oggend of voor son onder om maksimum skadu om die bosse te kry. Die bokke beweeg ook gewoonlik meer voor son sak.

Jy gaan ongelukkig jou geduld moet toets. Om ure te bekruip en die bok hardloop weg net voor jy draw kan my gemoed aantas.

Dit is n ongelooflike ervaring om binne 20m van bokke te kom en hulle weet niks van jou nie.



Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Sako 308 Win
Winchester 30-06 Spr

Post Reply

Return to “Bow Hunting/Boog jag”