
Vrydag oggend kry ek 'n Whatsapp boodskap van 'n boer. Hy is redelik moedeloos. Daar is 'n paar blokke "bos wingerd" hoog op teen die berg, agter 'n koppie en hy kom nie gereeld daar nie. Hy was Donderdag daar om die suiker te toets toe hy op die skade afkom. Die boer dink dus 'n hele trop, want amper 'n halwe hektaar is gestroop. Gewoonlik hoor hy hulle. Die kleintjies is soos stout kinders en remoer altyd as hul die wingerde stroop, maar die boer hoor of sien niks.
Net na 2 ry ek uit om te gaan verken. 3 uur hoor ek 2 mannetjies gesels en na 15 minute gewaar ek die eerste een in 'n denneboom. 409 meter.
Piets hom uit die boom met die 7mm . Kry die tweede een op 540 meter ook in 'n boom. Ek het 'n skoot geneem, maar kon nie bevestig of dit raak is nie. Was te moeg om verder berg op te klim.

Die een moes erens sy nek in 'n strik gekry het. Sy nek was rou geskaaf. Hy was slim genoeg om los te kom, maar nie slim genoeg om die das af te haal nie.
Die boom in die voorgrond is waarin kees my sit en koggel het.
Die rooi kol dui my skietpunt aan.


