Ekstra ligte hulp

Post Reply
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2309
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Ekstra ligte hulp

Post by alecjohnson » Wed Apr 10, 2019 11:57 am

Dagse mense!

Ek het nou 'n probleem tee gekom wat my heel dom het!

Ek het Hella Supernovas op my KB300 gesit met die Hella Loom en die goed werk. Ek wil egter nie net hulle skakelaar gebruik nie, maar dit op my hoofligte se high beam sit sodat ek hulle saam kan laat werk as ek hulle aan wil he.

Ek het gedink dit sal maklik wees, ek moet net 'n relay switch insit wat op die highbeam gekoppel word, sodra ek die helas aansit en die hoofligte op highbeam sal die hellas aangaan! maar dit werk nie!Wanneer ek die helas aansit en die hoofligte op lowbeam aanskakel gaan die helas ook aan, wanneer ek dan highbeam toe gaan skakel die relay af ??? . Ek het toe besluit om die connector se volts te toets en dit het my nou eers deurmekaar! Kyk na die aangehegde prent van die lesings wat ek kry (Bo is met daymaker, Onder met Extreme lights LED bulbs met die relay /Hellas ontkoppel). Die lesings maak geen sin vir my nie, maar wat sin maak is waarom die relay nie wil saamspeel nie!

Op die prent van die connector is dit veronderstel om so te loop: lings + vir highbeam bo is grond en regs + vir lowbeam.
Ligte.jpg
Ek kan nie sien hoe die relay hier kan werk soos ek dit wil laat werk nie!? Is daar 'n ander plek in die enjinkompartement waar ek die krag van kan aftap om te werk met die highbeams? Of is dit soos ek vrees... dat ek deur die firewall moet werk en by die ignition inskakel?

Hulp/raad word waardeer!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 4341
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Location: Durbanville, WesKaap

Re: Ekstra ligte hulp

Post by ruaanb » Wed Apr 10, 2019 12:47 pm

Dit is beter om aparte skakelaar te gebruik. Soms gaan jy wel net jou High beams nodig he.

OricPret
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sat Oct 20, 2018 9:22 am

Re: Ekstra ligte hulp

Post by OricPret » Wed Apr 10, 2019 1:01 pm

Middag, verander NET jou relay. Kyk of die relay “ normally open “ of “ normally closed “ is. En kyk of dit n 4 pin of 5 pin relay is.

Indien dit n 5 pin relay is ruil net die draad wat op pin 87 gekoppel is na 87a toe.

As dit n 4 pin is kry dan net n 5 pin relay.


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2309
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Ekstra ligte hulp

Post by alecjohnson » Wed Apr 10, 2019 3:43 pm

ruaanb wrote:Dit is beter om aparte skakelaar te gebruik. Soms gaan jy wel net jou High beams nodig he.
Ruaan

Ek wil dit met beide werk so jy is reg; ekstra ligte is permanent af, maar as ek met hulle skakelaar besluit om dit aan te skakel moet hulle net werk met my high beams aan.

Oric

Dis 'n Hella relay sal kyk wat hy se dis beslis 4pin my konneksie is as volg:

30 gefuse op battery positief
85 Earth
86 bakkie lig high beam
87 Hella lig positief


Ek het 'n 5 pin relay ook sal dit probeer.

User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm
Location: Roodekrans, Jhb

Re: Ekstra ligte hulp

Post by Jaco V » Wed Apr 10, 2019 7:13 pm

Hi Alec
Wil nie hi jack nie maar as jy geholpe is, gee asb so bietjie terugvoer oor die Supernovas, is hulle die moeite werd? Het jy die "Driving" of "Spot" light? en is dit 6" of 9"? Ek oorweeg die 6" Spots vir my FJ
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357

User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2309
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Ekstra ligte hulp

Post by alecjohnson » Thu Apr 11, 2019 7:40 pm

[quote="Jaco V"]Hi Alec
Wil nie hi jack nie maar as jy geholpe is, gee asb so bietjie terugvoer oor die Supernovas, is hulle die moeite werd? Het jy die "Driving" of "Spot" light? en is dit 6" of 9"? Ek oorweeg die 6" Spots vir my FJ[/quote

6 duim spot ek het hulle nog net om die huis getoets en skyn mooi, beter as my warn spots. maar sal nog in die veld toets en vir jou laat weet.

Vasbrand
Full Member
Full Member
Posts: 109
Joined: Wed Feb 10, 2016 12:29 pm

Re: Ekstra ligte hulp

Post by Vasbrand » Thu Apr 11, 2019 8:44 pm

Jaco V wrote:Hi Alec
Wil nie hi jack nie maar as jy geholpe is, gee asb so bietjie terugvoer oor die Supernovas, is hulle die moeite werd? Het jy die "Driving" of "Spot" light? en is dit 6" of 9"? Ek oorweeg die 6" Spots vir my FJ
Ek het van die 7" Supernova Spotlights op my bakkie, werk bitter mooi! Sal hulle enige dag aanbeveel..

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

vlakvarkbeer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Wed Feb 27, 2013 11:26 am
Location: Newcastle

Re: Ekstra ligte hulp

Post by vlakvarkbeer » Fri Nov 29, 2019 10:56 am

Hi ek het gesukkel op my Toyota selfde probleem toe bietjie gegoogle daar is n ander manier kyk op google die ou voertuie het nie n proebleem gehad nie maar die nuwes het.

Dankie Andre
.22 Norinco
Howa 223 B/B
Howa 6.5x55 Swed
6mm Musgrave (P14)
Lee Enfield 303
308 RSA 30" loop (Plank)

User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2309
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Ekstra ligte hulp

Post by alecjohnson » Fri Nov 29, 2019 4:54 pm

Vlakvark ek het probeer google maar ek het dit steeds nie reggekry nie, dink die LED ligte se kragbron bevoeter als, werk nou maar net met skakelaar op dash.

Ek is baie gelukkig met die ligte verlig ongelooflik goed!

Post Reply

Return to “Bybehore op voertuie/Accessories on vehicles”