Bakkie koop.....?

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Bakkie koop.....?

Post by DWB » Wed Jan 08, 2020 12:06 pm

Dagsê Manne,

Ek is so bietjie in 'n tweestryd.

Ek ry nou al die afeglope 6 jaar die Ford Ranger T6, eers 'n 2.2 Supercab 2x4 en toe 'n 2.2 Double cab 4x4.

Ek gaan eerlik wees dat ek nie klagtes het nie, maar ek koop altyd 2dehands en sit redelik vinnig kilos op.

So ek wil 'n bakkie kan koop met rondom 50 000km en dan binne 3/4 jaar hom op 200 000km inruil op 'n ander een.

Nou die Fords is maar moeilik om van ontslae te raak aan bv Toyota garages met sulke kms op.

Ek kyk sterk na Toyota juis oor daai aspek, maar is nie seker of ek regtig beter af gaan wees nie.

Die 2.8 bied vir my meer in terme van veiligheidsmeganismes wat die 2.4 nie het nie.

My Ford is die XL Plus model met die NCAP 5 star rating, seat covers, plastic flooring en dual battery system met traction control, ebs ens ens.

My maks budget sal rondom R440 000 wees vir 'n dubbelkajuit 4x4 en verkieslik handrat.

Hy moet nog 'n replacement bumper en 'n raam wat jaggerig lyk ook kry.

Wat is jul ervarings?
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bakkie koop.....?

Post by DWB » Wed Jan 08, 2020 12:09 pm

Die Fords raak ook woes duur as jy buite waarborg gaan. Extended warranty en 150 000km diens kos gou saam R30k.

By Toyota kos 'n 7 jaar extended warranty R10k
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bakkie koop.....?

Post by DWB » Wed Jan 08, 2020 12:35 pm

Skuus ek moes dit onder voertuie geplaas het...………

Mods skuif asb as julle nie omgee
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1632
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Bakkie koop.....?

Post by Supacow » Wed Jan 08, 2020 1:35 pm

Dis n no brainer ;)
Daar is net 2 bakkies....toyota en isuzu....
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

User avatar
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Location: Pretoria Oos

Re: Bakkie koop.....?

Post by Joe13 » Wed Jan 08, 2020 1:39 pm

Supacow wrote:
Wed Jan 08, 2020 1:35 pm
Dis n no brainer ;)
Daar is net 2 bakkies....toyota en isuzu....
+1 Nes die man sê.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bakkie koop.....?

Post by DWB » Wed Jan 08, 2020 1:50 pm

Ek het darem al ñ paar honderd 1000km met die Fords gery op al die plekke saam die Toyota manne.

Isuzu is vir my te laag.

Gaan nou na ñ hilux kyk... hoop nie ek word soos die res van julle die ;p
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1187
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Bakkie koop.....?

Post by jankraay » Wed Jan 08, 2020 2:14 pm

DWB wrote:Ek het darem al ñ paar honderd 1000km met die Fords gery op al die plekke saam die Toyota manne.

Isuzu is vir my te laag.

Gaan nou na ñ hilux kyk... hoop nie ek word soos die res van julle die ;p
Geniet dit en kom gee terugvoer. Dink die Hilux gaan jou verbaas.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1632
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Bakkie koop.....?

Post by Supacow » Wed Jan 08, 2020 2:48 pm

Die eerste mpy wat n 900cc bakkie gaan maak wat 3m hoog in die verkeer loop gaan coin
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bakkie koop.....?

Post by DWB » Wed Jan 08, 2020 4:10 pm

Die bakkie is nice maar die dealers is maar oor al die algemeen redelik arrogant of nie lus vir werk nie…

Het laas jaar met minstens 10 dealers gepraat en meeste van die kere nie eers gestop waar hulle kan sien ek ry 'n Ford nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
pwdejager
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Location: Somerser West

Re: Bakkie koop.....?

Post by pwdejager » Wed Jan 08, 2020 5:49 pm

Ek het al paar teleurstellings gehad met die verkoop van vorige bakkies/suv’s

Het weer nuut gekoop, en die enigste opsies volgens my is Toyota en Isuzu. Het toe Isuzu XRider gevat oor prys en omrede Isuzu my R50k meer aangebied het as Toyota op my inruil.
Perry de Jager
CZ P07 (EDC)
Remington 870
CZ 455 .22LR
S&W MP2.0 5" (Competition)
Beretta Mod71 .22LR
Remington 700 SPS 20" 308WIN

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8879
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Bakkie koop.....?

Post by Capt. Oblivious » Wed Jan 08, 2020 6:22 pm

Supacow wrote:
Wed Jan 08, 2020 1:35 pm
Dis n no brainer ;)
Daar is net 2 bakkies....toyota en isuzu....

Isuzu met n 270 agter die seat en so brandsiek hond agter op, ahh africa
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Location: Jacobsdal

Re: Bakkie koop.....?

Post by Danie01 » Wed Jan 08, 2020 6:50 pm

Jy kry ook nie altyd jou waarde terug selfs op n Toyota bakkie nie, ken n paar mense wat al daaroor gekla het en ons het self ondervinding daarvan.

As jy n Ford inruil by Ford en so ook seker die ander maatskappye, kry jy gewoonlik beter 2dehandse waarde, dis my ondervinding.

Ek ry 2.4 Toyota en 2.2 Ford, waar die Ford defnitief sagter ry, die Toyota beter trek, Ford ry beter grondpad en Toyota het weer beter diens vir my hier in Kimberley.

Ek sal nie eers Isuzu kyk nie omdat ons baie slegte ervaring met die diens van GM in Kimberley het.

Sterkte met jou keuse

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2056
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Bakkie koop.....?

Post by Apie » Wed Jan 08, 2020 7:04 pm

Toyota verkoopspersoneel is oor die algemeen is useless tot nikswerd.

Daar is hier en daar uitsonderings.

Ek het die aflope tyd met my werk
95000km elk met ‘n 2014 300LX Isuzu DC, pre facelift 2.2 Ranger DC en Amarok 2.0Biturbo DC gery.

Ek ry tans ‘n 2017 Hilux DC 2.4GD6(152000km)

My ratings van Beste na Swakste
Spasie
Amarok
Ford
Isuzu
Hilux

Drivability(ratte roei, wegtrek, parkeer ens)
Isuzu
Hilux
Ford
Amarok

Langpad gerief
Amarok/Hilux
Ford
Isuzu

Grondpad vinnig ry(lees jaag)
Amarok
Hilux(nuwe shape doen baie goed in vergelyking met D4D reeks)
Ford
Isuzu(die ou shape met torsion bars is beter as die nuwes met coils)

Hantering met vrag
Amarok
Ford
Isuzu/Hilux

Grondvry hoogte in praktyk
Ford
Isuzu
Hilux/Amarok

Stilste kajuit op langpad
Almal behalwe die Isuzu

Afwerking kwaliteit( dashboard wat krappe weerstaan, duursaamheid, plastiek)

Amarok
Toyota
Ford/Isuzu

Die Hilux het beslis minder spasie as die Ford.
Ford 2.2 se enjin veral teen lae revs is nie op die 2.8 Hilux se vlak nie(die 2.2 Ford is nie appels met appels nie).

Die Amarok en Ford moet jy baie meer op die koppelaar ry om weg te kom as jy ‘ swaar wa of vrag teen ‘n bult moet wegtrek.
Die Hilux is bietjie beter en die Isuzu die beste in daai aspek.


Ek dink as die Hilux meer spasie gehad het sou dit lag lag in alle aspekte die lekkerste dubbelcab wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am
Location: Durbanville - Kaapstad

Re: Bakkie koop.....?

Post by Arnold van Wyk » Thu Jan 09, 2020 8:06 am

Danie01 wrote:
Wed Jan 08, 2020 6:50 pm
Jy kry ook nie altyd jou waarde terug selfs op n Toyota bakkie nie, ken n paar mense wat al daaroor gekla het en ons het self ondervinding daarvan.

As jy n Ford inruil by Ford en so ook seker die ander maatskappye, kry jy gewoonlik beter 2dehandse waarde, dis my ondervinding.

Ek ry 2.4 Toyota en 2.2 Ford, waar die Ford defnitief sagter ry, die Toyota beter trek, Ford ry beter grondpad en Toyota het weer beter diens vir my hier in Kimberley.

Ek sal nie eers Isuzu kyk nie omdat ons baie slegte ervaring met die diens van GM in Kimberley het.

Sterkte met jou keuse

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
DP van GM Kimberley is ook die rede dat ek nie Isuzu gekoop het nie.

User avatar
Blitzzz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 306
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Location: Mossel Bay

Re: Bakkie koop.....?

Post by Blitzzz » Thu Jan 09, 2020 9:19 am

Ek kry goeie diens by Oudtshorn toyota. Mense is vriendelik en wil besigheid doen.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Sako 308 Win
Winchester 30-06 Spr

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bakkie koop.....?

Post by DWB » Thu Jan 09, 2020 11:45 am

Dankie manne.

Ek kyk nou maar rond en sal kyk waar ek regkom.
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3184
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Bakkie koop.....?

Post by tau » Thu Jan 09, 2020 4:13 pm

Ek het by die werk 'n 2.4 Hilux SC (my ry bakkie) en 2.2 Ford SCAB. die Ford is verseker stewiger gebou en op 120 000km is hy nog solid. My Hilux rattle n skud al vanaf dag een. Die Hilux met sy 6 spoed handrat ratkas hardloop dat hy vrek, solank hy leeg is. Laai 'n vrag en sy brandstof verbruik en krag raak weg. Daai PWR knoppie se geruk en pluk maak my mal.

EK het Gister die nuwe Ford single turbo 2.0 10 spoed gery en was verbaas, sal ek en koop mmmmmmm nie nou nie. EK was wel net so negatief oor die Amarok 2.0 en nou weet ons hulle hou.

Diens en herverkoop is baie belangrik as jou werk met die voertuig. My Pa se Hilux 2.8 met 50 000km is verkoop na 2 ratkaste en 1 diff. So moenie dat mense jou vertel Hiluxe breek nie.

Ek ry die nuwe Hilux 2.4 Scab omdat hy op daardie stadium goedkoper as die Ford was. Budget Budget budget.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Location: Melmoth

Re: Bakkie koop.....?

Post by Nico Harris » Thu Jan 09, 2020 11:40 pm

Solank Tau toyota ry kan jy maar toyota koop. Tussen hom en sy pa koop hulle al die “duds” dan bly al die goeies oor vir ons.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Howa mini action
6mm Dasher , Howa varmint ss
30-06, Sauer mod 90
300wsm, Tikka T3 super varmint
9.3x62, Mauser Obendorf A graad
12ga, Mossberg boltaction
9mm, PO7 Duty

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bakkie koop.....?

Post by DWB » Fri Jan 10, 2020 7:21 am

Bwahahaha Nico. Voel ek nou skielik verlig!

Besig om na ñ 2016 2.8 4x4 Auto met 40 000km op
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8879
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Bakkie koop.....?

Post by Capt. Oblivious » Fri Jan 10, 2020 8:06 am

Nico Harris wrote:
Thu Jan 09, 2020 11:40 pm
Solank Tau toyota ry kan jy maar toyota koop. Tussen hom en sy pa koop hulle al die “duds” dan bly al die goeies oor vir ons.
hahah die man het darem nou n lekker Toyota gekoop vir Suidwes
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6422
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Bakkie koop.....?

Post by Wouter Roets » Fri Jan 10, 2020 9:08 am

John

Tussen jou en joe Pa sal ook absoluut niks hou nie, nie eers n Ford 5000 ratkas nie. Verbaas julle is nog getroud...

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3184
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Bakkie koop.....?

Post by tau » Tue Jan 14, 2020 10:11 am

Jis so onderdruk my vriende my.

Nico Harris bly daar in die berge, bakkie sien nooit 4 de of 5de rat nie. na jaar is die bakkie se gat hoër as sy kop van al die berg op en af ry.

DWB, ek het Vrydag vir my 'n Land Cruiser 4500EFI gekoop en 220km gery nou staan hy gestrip in my workshop om mooi te maak en tralies en bumper te spray, maar ook omdat my petrol budget vir die maand nou op is . Nou moet ek maar weer met die Hiluxietjie ry.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3184
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Bakkie koop.....?

Post by tau » Tue Jan 14, 2020 10:11 am

Wouter Roets wrote:
Fri Jan 10, 2020 9:08 am
John

Tussen jou en joe Pa sal ook absoluut niks hou nie, nie eers n Ford 5000 ratkas nie. Verbaas julle is nog getroud...
Ons Navara's het gehou, en hulle het ons soos towtruckers gery :laugh: :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6035
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Location: Piet Retief, Mpumulanga

Re: Bakkie koop.....?

Post by DWB » Tue Jan 14, 2020 10:16 am

Ek sit nogsteeds en dink.

Dis op die stadium of nuwe 2.4 of 2dehandse 2.8.

Die 2.8 2dehands pas so raps beter op die sak!
Noem my sommer Deon
7x57 - 9.3x62 - 404 Jeff
"All men die, but few men ever really live"

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3184
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Location: Grunau, Namibië

Re: Bakkie koop.....?

Post by tau » Tue Jan 14, 2020 10:29 am

DWB wrote:
Tue Jan 14, 2020 10:16 am
Ek sit nogsteeds en dink.

Dis op die stadium of nuwe 2.4 of 2dehandse 2.8.

Die 2.8 2dehands pas so raps beter op die sak!
Nou gaan ek jou nog meer deurmekaar maak.

Ek dink die 2.4 is beter koop as die 2.8. Die Auto ratkas in die 2.8 het my glad nie oortuig nie.

Ek het laasweek die 2.0 SINGLE turbo ranger DC 4x4 met die 10 spoed gery, dit Ratkas maak die klein engine baie bruikbaar.En toe die 2.2 AUTO 6 spoed Auto ek was weereens verbaas.

Die 2.4 6 Spoed handrat is baie bruikbaar, tot jy 'n boot sleep dan vat sy tong uit :)

EK spot almal maar my Laaste 4 werks bakkies was 2x Ford's, 1 x Nissan en nou Toyota. EK koop nog elkekeer die beste deal. EK het begin 2019 minder betaal vir my 2.4 Hilux SCab as wat ek vir die gelykstaande 2.2 Ford sou betaal. Toe vat ek die Toy.

Ek koop lankal nie meer met my hart nie, want dan word jy net teleurgestel. Behalwe die 4500EFI petrolkoets.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.

Post Reply

Return to “Algemeen/General”