Effek van geweer tilt op langafstande
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Manne, dus minnnn!!!!!!http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20131026_124935.jpg
Nou voor die wiskundiges ons stenig Maandag, want dit is wanneer hul die draad gaan lees; ek neem die teenoorgestelde hoeke aan die "draai-hoek" as 90grade en dus sin90=1 om die berekeninge te vergemaklik.
Die meeste teleskope se "mik-punt" sit 45mm bo die middel van die loop.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Dis n ou draad die wat nou eers lewe kry. Baie interessant 7mm is jy seker 1 graad gaan 5.24m skuif he op 300m?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Jong, tensy ek die verkeerde formule gebruik, is dit wat die "nommers" sê..303 wrote:Dis n ou draad die wat nou eers lewe kry. Baie interessant 7mm is jy seker 1 graad gaan 5.24m skuif he op 300m?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
As ek kyk hoe moeilik dit is om die geweer level te hou as ek n level opsit om die scope kruishare op te stel dan weet ek nie hoe kan ek die geweer "plumb" hou as ek skiet nie. 5.24m is darem wyd en selfs op 400m mis ek nooit die gong so ver nie 
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Die formule en berekeninge is reg, maar dit het niks met die kantel te doen nie.
Al wat dit bewys het is hoekom 'n skut op die verkeerde teiken skiet by 'n baan of veldskiet met sy tweede skoot. Onder terugskop kan die geweer met 2grade skuif en is die teleskoop van die teiken af.
Die sketse hier onder verduidelik eerder die effek van kantel.
Gestel ons skiet met Corne se 308 en die geweer is op 100 m gesero. Die geboë baan van die projektiel sny die sig-baan van die teleskoop twee maal. By omtrent 25m en dan weer by 100m, wat die sero afstand is.
In skets twee skuif ons die sero afstand na 0m en sien dat die projektiel op 100m met 6,3cm val, 24,6cm op 200m en 62,8cm op 300m volgens Strelok.
In skets 3 draai ons die wapen wat op 100m gesero is op sy sy en sien dat die trefpunt, 6.3cm links van die mikpunt is. Met elke 100m wat ons dan aanskuif, skuif die trefpunt dienooreenkomstig na links.
As ons dus met die geweer in die posisie sou skiet sal die projektiel, 62,8cm laag tref en 18,9cm na links op 300m.
Van vertikaal na horisontaal is daar 90 grade en dus deur die twee waardes deur 90 te deel, sien ons die volgende: Vir een graad kantel, skuif die trefpunt 7mm af en 2.1mm na links, op 300m.
Dit is die verskil tussen 'n goeie 1MOA groep en een met "flyers". Klein, maar beduidend.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20131028_074119.jpg

-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
7mm, jy het my gevra om die probleem te antwoord. Ek sal probeer om dit eenvoudig te doen sodat ek dit ook kan verstaan, sin, cos en tan het ek seker 30 jaar gelede laas mee te doene gehad.
Visualiseer 'n horlosie.
Die 12 uur posisie is die kruisdraad en die senter is die senter van die loop.
Deur die geweer net effens te kantel sodat die kruis na die half een posisie skuif, is klaar 15 grade, en 'n mens maak vreeslik maklik so 'n klein foutjie.
In my voorbeeld is die kruisdraad 50mm bo die loop (dus die afstand tussen 12 uur en die senter van ons horlosie of dan sirkel.
Die omtrek van die horlosie of sirkel is 22/7 x 2 x 50 = 314mm
360 grade in sirkel, dus 1 graad is 314/360 = 0.87mm (benaderd)
15 grade is dus 0.87mm x 15 = 13mm (benaderd)
Deur dus my geweer met 'n teleskoop waarvan die kruisdraad 50mm bo die loop is, net met 15 grade te kantel (van 12 uur na die half 1 posisie), is 'n horisontale skuif van ongeveer 13mm.
My voorbeeld 1 is 'n 308 met 150gr Nosler BT teen 2750ft/s.
Teleskoop zero op 300m wat beteken die loop se lyn en die teleskoop se siglyn kruis mekaar die eerste keer op 20m wat die koeël dan bo die siglyn lanseer waar dit dan op 300m weer terugval deur die siglyn.
Die teleskoop en die loop vorm dus 'n hoek met mekaar wat op 20m kruis.
Op 20m kan jy die geweer in enige posisie hou, dwars of selfs onderstebo, die koeël sal steeds die senter tref omdat daar nog te min tyd verloop het vir swaartekrag om 'n effek op die trajek te hê.
Die probleem is egter wat anderkant die eerste kruispunt (20m vir die voorbeeld) gebeur.
Die 13mm horisontale fout in ons voorbeeld oor 'n afstand van 20m is op 300m = 300/20x13 = 195mm. Op 300m kan jy dus nie bekostig om jou geweer te kantel van 12 uur na half een nie, die skuif van 195mm is 'n kwes of mis skoot.
Neem dieselfde voorbeeld hierbo, maar nou word dit 'n 300WSM wat 125gr koeëls teen 3400ft/s skiet.
Vir 'n 300m zero is die eerste kruispunt nou 30m teenoor die 20m vir die 308.
Die horisontale skuif as gevolg van die 15 grade kantel is op 300m: 300/30 x 13mm = 130mm.
Die platter trajek verminder dus die horisontale skuif van 195mm vir die 308 in my voorbeeld na 130mm vir die 300WSM vir dieselfde 15 grade kantel.
Hoe platter die trajek, hoe minder die skuif as gevolg van kantel.
Ek heg drukstukke van JBM Ballistics wat die resultate vir 15 grade kantel bereken vir beide voorbeelde as bewys van my berekening.
Kyk na "Windage cm" op die tabel.
Vir die 308 is dit 191mm en vir die 300WSM is dit 127mm
Hoop die verduideliking help, ek verstaan dit ook nou.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Baie dankie Hercules vir jou bydra.
Ek tas nou minder in die donker rond
Vir die algemene jagter maak dit nie veel saak hoe hy sy geweer vashou nie, solank die biltong hang is hy gelukkig. Dan is daar manne wat wil weet of dit 'n verskil maak op die lang, of kort skote en dan is daar die manne wat wil weet, hoekom.
Ek is een van laasgenoemde. Ek soek altyd verskonings vir my swak skote
.
Ek het jou verduideliking aandagtig gelees en ek moet bieg, ek moes dit vir myself uit-teken, want alles wat jy gesê het, het my proses beaam, maar my bevindinge weerspreek.
Na ure se staar na my prentjies het die lig aangegaan.
Die kruishaar van die teleskoop bly op die mikpunt (teiken) ongeag of die geweer regop of gekantel is, want jy mik tog op die teken. Die middelpunt van die loop skuif egter soos 'n pendilum onder die teleskoop wat inlyn met die teiken bly. Van daar die verskuiwing van die trefpunt op die teiken.
Ek sal dit weer teken en plaas.
Wat sê die ander manne?

Cohibas
- Jr. Member

- Posts: 59
- Joined: Thu Oct 24, 2013 11:51 am
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Baie interesant. Waar kan 'n persoon die 'scopelevel' kry?
Savage .270Win
Brno 30.06
Brno 30.06
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Lyk my dis daai sniper skoot wat ook op Myth Busters ondersoek is wat uit "Saving private Ryan" kom.douw wrote:.303 wrote:Ek het op die stukkie afgekom en dag ek deel dit met julle. Interessant om te sien dat n koeel se "spin drift" reeds op 500yds n 1.2" effek sal he vanaf jou mikpunt.
http://www.gun-blog.com/2013/02/can-til ... -make.html
ek is jammer, maar ek verstaan glad nie wat in die pos aangaan nie. Ek het nou al 10 minute hier spandeer en kom nie verder as 303 se foto/video nie.![]()
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Nie dalk "Enemy At The Gates" nie?Jean Marais wrote:"Saving private Ryan"
Goed, beter, 6millimeter!
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Enemy at the Gates ja
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Baie interesant. Waar kan 'n persoon die 'scopelevel' kry?
http://www.safariandoutdoor.co.za/categ ... ccessories
http://www.safariandoutdoor.co.za/categ ... nstruments
Vortex maak ook scopelevels, bel hulle by 0861 005903

Last edited by Hercules Louw on Wed Oct 30, 2013 9:51 am, edited 1 time in total.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Julle kan alles wat julle wil weet hiervoor, vir Cobus (Cob) gaan vra. As 'n jakkals agter 'n boom sit, draai hy sy geweer 90 grade en klits daai jakkals agter die boom uit!
Dit is die effek van geweertilt!
Dit is die effek van geweertilt!
Aim small, miss small
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Jong dalk het ek die kat aan die gat beet maar .303 se avatar en die een waarvan ek weet wat hulle op Myth Busters getoets het is uit Saving Private Ryan, dis die een wat die ou die duitse sniper deur die teleskoop geskiet het, in die toneel word van diesel deur die duitse sniper geskiet , die US sniper ou se nog If im you I will keep my head down this guys got talent. Enemy at the Gates is die akteurs Jude law en Ed Harris. daar gaan dit oor 2 snipers wat mekaar proboer uithaal
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Julle kan al die somme hierbo tergherlei na "Minute of angle" (MOA) toe.
1 MOA is op 100y, let wel NIE meter, gelyk aan 1,047duim. Dis ook gelyk aan 1/60ste van 'n graad
Dus sal 1 graad gelyk wees aan 60 x 1.047" = 62.82" op 100y oftewel 1.595m
Op 500y sal dit dus wees 62.825" x 5 = 314.10" oftewel 7.978m
Hoop dit help.
Goete
1 MOA is op 100y, let wel NIE meter, gelyk aan 1,047duim. Dis ook gelyk aan 1/60ste van 'n graad
Dus sal 1 graad gelyk wees aan 60 x 1.047" = 62.82" op 100y oftewel 1.595m
Op 500y sal dit dus wees 62.825" x 5 = 314.10" oftewel 7.978m
Hoop dit help.
Goete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Jean,
Jy is heeltemal reg as jy bedoel wat die effek sal wees indien die geweer se loop met 1 graad geskuif sou word in rigting ten opsigte van die teiken.
Deur 'n geweer te kantel, skeef te hou, maar nog steeds presies in die rigting van die teiken te rig, is iets totaal anders en kan bereken word soos ek hierbo verduidelik het. Daar speel jou trajek 'n rol en die afwyking word ook progressief groter soos wat die afstand groter word.
In my voorbeeld met die 308 is die afwyking ongeveer 190mm op 300m vir 'n kantel van 12 uur na half een (wat niks is nie), op dubbel die afstand van 600m word die afwyking egter 5x meer en is die afwyking 930mm.
Ek beskou dit as noodsaaklik om 'n teleskoop waterpas te gebruik as jy verder as 250m wil skiet, veral as jou trajek nie baie plat is nie.

Hallo Hercules
Nee ek het jou somme hierbo so vertaan soos jy verduidelik. Ek wou maar net nog iets byvoeg om te wys hoe groot die afwyking van iets so klein as 1graad op afstand kan word.
Ek moet sê dis 'n baie interessante onderwerp die. Dankie vir almal wat hierdie tegniese kennis met ons deel.
Groete
Nee ek het jou somme hierbo so vertaan soos jy verduidelik. Ek wou maar net nog iets byvoeg om te wys hoe groot die afwyking van iets so klein as 1graad op afstand kan word.
Ek moet sê dis 'n baie interessante onderwerp die. Dankie vir almal wat hierdie tegniese kennis met ons deel.
Groete
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Ian kry dit natuurlik met n kat regEugene wrote:Julle kan alles wat julle wil weet hiervoor, vir Cobus (Cob) gaan vra. As 'n jakkals agter 'n boom sit, draai hy sy geweer 90 grade en klits daai jakkals agter die boom uit!![]()
Dit is die effek van geweertilt!
Veiligheid eerste manne!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
En 'n bomcracker ook daarbyBRNO (Pierre) wrote:Ian kry dit natuurlik met n kat regEugene wrote:Julle kan alles wat julle wil weet hiervoor, vir Cobus (Cob) gaan vra. As 'n jakkals agter 'n boom sit, draai hy sy geweer 90 grade en klits daai jakkals agter die boom uit!![]()
Dit is die effek van geweertilt!
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Ek het hierdie artikel ook raakgeloop op die web:
http://www.accurateshooter.com/optics/c ... of-impact/
http://www.accurateshooter.com/optics/c ... of-impact/
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Die artikel is interessant, maar die skrywers maak 'n fout om te beweer dat die effek van kantel groter word soos die teleskoop hoër bo die loop gemonteer word.
Die hoogte van die teleskoop montering het geen effek nie, ek het dit met my berekeninge getoets vir 'n hoogte van 2cm tot 10cm. Ek het die berekende antwoorde met JBM ballistics bevestig.
http://www.jbmballistics.com/cgi-bin/jbmtraj-5.1.cgi
Die hoogte van die teleskoop montering het geen effek nie, ek het dit met my berekeninge getoets vir 'n hoogte van 2cm tot 10cm. Ek het die berekende antwoorde met JBM ballistics bevestig.
http://www.jbmballistics.com/cgi-bin/jbmtraj-5.1.cgi
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Hercules, dit maak sin wat jy sê, 'n graad bly tog 'n graad, ongeag die hoogte van die scope. Die kantel kan dus net groter word as die hoek waarteen dit kantel ook groter word.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
Baie dankie manne. Hierdie is 'n baie interresante onderwerp. Nie kon dink dat so klein verskil so groot effek kan he nie.
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Re: Effek van geweer tilt op langafstande
As die geweer en alles nou mooi waterpas en als is, kan mens nie vir die spin drift kompenseer deur sommer op 200m jou geweer so 'n duim of 'n halwe bq links van die middel laat print nie? sonder die tilt?
Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303