Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by projagter » Sat Oct 10, 2020 9:53 am

Ek beoog om 'n windbuks vir seun van 8jaar te koop -- verkieslik met montering vir teleskopie. Het geen kennis en soek aanbevelings. Wat sal julle wat weet aanbeveel.
Ekself besit Weihrauch K97 leweraksie wat hy as eers bietjie ouer is kan kry.
Dus so 'n begin geweertjie -- sê binne R2000 prysklas.
Alle gedagtes en insette sal waardeer word.
Baie dankie.

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6741
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by Arnold » Sat Oct 10, 2020 10:48 am

Ek het nie baie kennis oor die prysklas nie maar wat ek sien baie belangrik is vir my seuns is hanteerbaarheid. Hier is gewig baie belangrik. n Totale gewig van nie meer as 3.5kg maar minder is beter.

Ek self soek al lank vir n goedkoop HW30S om verby te kom maar was nognie gelukkig nie.

Die HW97K is baie nice maar soos jy weet is hy swaar en groot. My HW100 is te swaar vir die kinders (8 & 11) om self te hanteer so ek kyk ook uit.

Wat ek al begin oorweeg het is n Gamo 440 Hunter maar as jy dan gewoond is aan n HW is dit maar ietwat van n teleurstelling. Ander opsies is n BSA meteor en ek hou baie van die Lightning XL met hout kolf.

Ander moet asb hulle ervaring en advies ook hier deel want ek dink n windbuks as eerste geweer is baie waardevol vir jong skuts om die beginsels van veiligheid en skietvernuf te leer.


Last edited by Arnold on Sat Oct 10, 2020 10:48 am, edited 1 time in total.

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by projagter » Sat Oct 10, 2020 11:05 am

Arnold.
Jou gedagterigting klop met myne. Geweertjie moet nie te swaar wees nie. Kwaliteit tog belangrik. Waarde vir geld. Moet nie as omval middeldeur breek nie.
Hoop werklik ons kry reaksie.

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6741
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by Arnold » Sat Oct 10, 2020 11:27 am

Jare terug het ek 'n gewone BSA lightning gehad en was baie tevrede met hom. As ek reg onthou het ek vir hom 'n gasram ingesit en hy het baie lekker geskiet met die klein teleskopie op.

Image

Net so het my TX200 ook lekker geskiet maar dit was 'n perd uit 'n ander stal Image
Image

Persoonlik is ek baie lus vir n HW98 maar ek weet hy gaan ook te swaar wees vir die kinders aangesien jy n teleskoop moet opsit.




User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 2796
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Location: Port Elizabeth

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by LUAN » Sat Oct 10, 2020 12:15 pm

Ek het n Hw30 en dink dit sal wonderlike geweertjie wees vir jong kinders. Lekker klein breeknek vir eenvoudigheid en Duitse kwaliteit wat n leeftyd sal hou. Hulle het ongelukkig lekker duur geword. n Goedkoop opsie as jy een kan kry is n Gamo shadow 640. Hy is lekker lig met sy plastic kolf en skiet maar selfde spoed as die hw30 en kan baie akkuraat wees met die regte pellets. En as hy laat val en krap word is dit nie so seer.

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1265
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Location: Rustenburg

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by Ratel » Sat Oct 10, 2020 12:33 pm

Daar is vandag baie meer opsies as vroeër. Jy vat my gedagtes ver terug. Ek het nou nog my eeeste windbuks. Intree Slavia wat chech maak 8s. Dit het daai tyd vir my gevoel ek besit n 375. Ek sou kyk na intree Diana breek nek.
Maak 'n verskil

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by projagter » Sat Oct 10, 2020 12:49 pm

Ek het leer skiet met 'n BSA leweraksie ( sommer die yster geweer genoem ) het vandag nog 'n vingernael wat die lewer se merk dra. Die lewer was te sterk vir my as 6 jarige om afte druk -- het hom dan losgeknip en tussen die lewer en die loop ingeklim en hom afgery tot hy oorhaal.
Moet sê my HW97K bied my veelvuldige plesier -- groepeer op 30 meter binne 15mm en bosduif val grond toe op 50 meter.
Dankie Ratel en Ruan -- teken so aan.
Arnold dankie vir fotos -- kan sien jy geniet hom.

User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 629
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Location: Slurry

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by JJV » Sat Oct 10, 2020 1:01 pm

Ons het met BSA Meteor begin skiet as kind, moes hom op grond staanmaak, nek knak, loop onder arm (blad) inhaak, knieë buig en basies laag squat tot hy haak! Ons het hom opgeskiet!!! So hy kn werk. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by projagter » Mon Oct 12, 2020 2:07 pm

Na alles gekyk en bietjie opgelees. Dankie vir paar insette
Belangrike eienskappe: Ligte geweer, akkuraat, redelike kwaliteit, gemaklike hantering en oorhaal, goeie sneller, ens. Lyk my die Weihrauch HW 30 sal die regmerkies kry op die regte plekke -- behalwe miskien die prys?

308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 465
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by 308Win » Mon Oct 12, 2020 7:25 pm

Koop net n windbuks met 'n ordentlike sneller. Party van die goed is regtig minderwaardig. Ek het al met Artemis en Gamo goed onder R3k geskiet wat regtig nie die woord geweer werd is nie. Net laas Saterdag het my seun se maat met 'n Stoeger opgedaag. Ek dog eers die knaap is 'n skietinvaliede. Tot ek die hout en yster kombinasie se sneller probeer aftrek het. Maar party is seker beter as ander.
Koop 'n HW30S of so iets. Kyk op Gunafrica. Mens kry gereeld mooi geweertjies daar.
Langenhoven het gese: Een manier om geld weg te gooi is om dit op 'n goedkoop artikel uit te gee.
My pa het vir my 'n BSA Meteor gekoop toe ek 7 was. En ek skiet nog steeds met hom. Hy het wel sy 4e veer in en het heelwat seeltjies by die loop gekry, maar hy skiet nog steeds 'n JSB Exact 8.44 mooi teen 670f/s.

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by projagter » Fri Oct 16, 2020 8:23 am

308Win wrote:
Mon Oct 12, 2020 7:25 pm
Koop net n windbuks met 'n ordentlike sneller. Party van die goed is regtig minderwaardig. .
My pa het vir my 'n BSA Meteor gekoop toe ek 7 was. En ek skiet nog steeds met hom. Hy het wel sy 4e veer in en het heelwat seeltjies by die loop gekry, maar hy skiet nog steeds 'n JSB Exact 8.44 mooi teen 670f/s.
Dankie 308 Win. My 308 gewere het ook nog nooit teleurgestel nie.

Die Hw30 en Meteor kry regmerkies

User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 2796
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Location: Port Elizabeth

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by LUAN » Fri Oct 16, 2020 9:08 am

Net iets wat my opgeval het met die Hw30 is die afstand van die greep na die sneller. Klein handjies gaan nie maklik die sneller kan by kom wat sneller beheer kan affekteer.

projagter
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Windbuks. Eerste geweertjie vir seun 8 jaar.

Post by projagter » Fri Oct 16, 2020 9:27 am

EN dit kan aanleiding gee tot verkeerde gewoontes wat later moeilik afgeleer word. ??

Post Reply

Return to “Airguns/Windbukse”