Informele kompetisie

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1053
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Informele kompetisie

Post by Lategan1 » Wed Jan 27, 2021 9:03 pm

Naand mede-skuts en veral aan diegene wat ‘n bod ingesit het op Francois se bakgat idee(soos hieronder genoem) - ‘n onbreekbare doelgemaakte ammunisie kissie, ‘n meesterstuk.

Ons het lekker gesels en gou het ek agtergekom, bly stil, laat die man praat, hy weet! Hy verstaan effektiewe akurate herlaai, dit wat saak maak. Klas-F skiet roer hier binne hom. Sy silwerkleurige spogstuk het ek te siene gekry, vasgehou, man se trots met net jou vrou wat eerste kom!

Die kissie hou 100 patrone, stofdig, stewig verpak in individuele pasmaak gate in harde ‘spons’ vir ‘n rammelvrye rit oor die hobbelrigste paaie, met kissie agterop bakkie. Dit het bitter stewige skarniere met toeklap sluitmeganismes en gate vir jou hangslot.

Hierdie is een van sy stokperdjies waarmee hy ‘n ‘oulap’ verdien of eerder weldeurdagte praktiese oplossings vir mede-skuts bied. Sy garage is daar vir ontwikkel, wersskaf en herlaai.

Francois het ook die ekstra myl gestap met sy liefdadigheidsdaad, terloops waarvoor hy niks terugvra nie, deur my kissie te verpersoonlik met ‘n gegraveerde naamplaatjie op.

Baie dankie aan jou Francois. Dit was ‘n onselfsugtige daad.

Bederf jouself met so ‘n kissie, kontak vir Francois.

Beste.

71D844AB-CB33-411F-94F6-8F19871AB8C3.jpeg
7B19BE98-BED3-47FB-8BB5-A40D69F51B6F.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Sat Jan 30, 2021 1:50 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1025
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Location: Brackenfell

Re: Informele kompetisie

Post by Francoisv » Wed Jan 27, 2021 9:28 pm

Dankie vir jou mooi woorde Lategan.

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel

Post Reply

Return to “Kompetisies/Competitions”