Grootkaliber zero afstand

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
Geno
Hero Member
Hero Member
Posts: 12321
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Location: Bloemfontein, Vrystaat.
Contact:

Grootkaliber zero afstand

Post by Geno » Tue Oct 08, 2019 9:03 am

More julle.
Wat sou julle reken is die idiale afstand om n groot kaliber op te zero vir algemene gebruik tot so 150m?
100m zero?
Ek skiet met my .416Ruger 400gr Swift AFrames teen 2250fps en beplan om die teleskoop met hulle te zero.
My yster visiere is gezero op 50m met 380gr Kriek Solids teen 2400fps.
Die teleskoop is 'n Black Moose 1-6x24 op QD ringe.

Groete
Geno
Eet meer skaap. 50,000 jakkalse kannie verkeerd wees nie!

S&W SD9 9mmP
Ruger 10/22 .22LR
S&W M&P-15 5.56mm
Howa .204Ruger
Rem700 .243AI
Howa .243AI
Rem700 .243AI
CZ550 .260AI
Ruger .416Ruger
Win M.101 O/U 12Ga
Hunt Group M13 Semi Auto 12Ga

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8849
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Grootkaliber zero afstand

Post by Capt. Oblivious » Tue Oct 08, 2019 9:12 am

Wat is die verskil op 50m en 150m as jy op 100m zero met die Aframes?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2304
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Location: Upington

Re: Grootkaliber zero afstand

Post by alecjohnson » Tue Oct 08, 2019 9:21 am

Ek het nog net 2x gejag met my 375 met 'n teleskoop op, res was almal oopvisier, ek dink die beste is 120m zero vir skote van 80-160m as jy met pointblank sisteem werk. Ek luister graag na wat ander se.

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2623
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Grootkaliber zero afstand

Post by joe rocket » Tue Oct 08, 2019 9:29 am

125m zero met 400gr
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1816
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Grootkaliber zero afstand

Post by Smitstertjies » Tue Oct 08, 2019 9:57 am

Joe Rocket se zero maak sin. Ek skiet 1 duim hoog met 400gr swift aframes op 100m. Ek kon laasjaar n Elandbul op 180m skiet met bitter min holdover.


Sent from my iPhone using Tapatalk
416 Rigby,338 Lapua Magnum,30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mm

User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1251
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Location: Durbanville

Re: Grootkaliber zero afstand

Post by Gian_dP » Tue Oct 08, 2019 10:06 am

Met 5cm "vital zone radius" kan jy zero op 147m. Korter afstand nooit meer as 5cm hoog nie, 5cm laag op 172m.

In praktyk gaan dit nie baie verskil van Joe se 125m nie.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20191008/ea0159b7adc6d1ce3d9714099d62642b.jpg

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 3758
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Location: Pretoria

Re: Grootkaliber zero afstand

Post by Frederik » Tue Oct 08, 2019 12:00 pm

Ek hou nou weer daarvan om op 80 meter te zero omdat ek meestal bos jag met die 375 en as jy grootwild jag jy maar probeer om meestal nader te kom.
Dan as iets naby is hoef ek nie veel te kompenseer vir die teleskoop wat hoer as die loop is nie.
Die killzone op groter diere is maar net baie groter maar ook bygese my 375 loop teen 2470fps so weet nie of dit so goed sal werk op jou spoed.
Laaste punt op 80-100meter is daardie middel kol veral as hy gelig is op die Moose scope seker maklik 2 MOA op x 6 vergroting groot. So jy gaan meer moet konsentreer om baie fyn op papier te skiet op 100m en verder maar op vital areas is dit lag lag.

Glocked
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Location: Pretoria

Re: Grootkaliber zero afstand

Post by Glocked » Tue Oct 08, 2019 12:41 pm

Ek het ook lank geloer en gesoek na die ideale zero afstand kombinasie vir my 375. Ek skiet 250gr Peregrine's teen 2610vps, met 'n vaste 4x40 teleskoop, en het uiteindelik besluit op 1" hoog op 100m. Vir alle bosveld jag bladskote tussen 25m en 175m, kan ek net middel blad mik en gooi. Ek probeer die skote altyd so naby moontlik hou, maar dis goed om te weet die trajek is plat genoeg, sou daar iets in die pad staan, en ek die "so 120m" skat en dit eintlik dan 160m was...

Vir die 400greiners sal so 2" hoog op 100m seker die ding doen !
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19

Post Reply

Return to “Grootwild Kalibers/Dangerous Game Calibres”