JARACAL

Forum vir die Jagter/Forum for the Hunter
It is currently Fri Apr 25, 2014 1:51 am


All times are UTC + 2 hours




Post new topic Reply to topic  [ 2 posts ] 
Author Message
PostPosted: Wed Aug 03, 2011 7:59 am 
Offline
Hero Member
Hero Member
User avatar

Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Posts: 3082
Location: Kempton Park
Rooibokrugfillet

Bestanddele & metode

Maak fillet mooi reg en sny alle senings af.
Marineer dit met speserye soos Growwe Swart Peper, "Steak & Chop" mengsel, paprika, worcestersous en olie.
Net voordat vleis gaar gemaak word, sny in skywe (2 vinger dikte)
Rol gesnyde kante in marinade.
Sit pan op met botter en verhit tot botter braai.
Plaas fillet met gesnyde kante in botter.
Braai vir ? 3 minute aan beide kante.
Bedien dadelik met Peper of Sampioensous oor.
Moenie dat die vleis lank staan nie, dit sal nie meer so sag wees nie.

Aartappel, botterskorsie en soetpatat oondgebak
 
Bestanddele:
2 - 3 groot uie fyn gesny en gesoteer in botter of sonneblomolie.
500 - 750 g aartappels, geskil en baie dun gesny
500 - 750 g botterskorsie, geskil en baie dun gesny
500 - 750 g soetpatats, geskil en baie fyn gesny
250 - 500 ml hoenderaftreksel
500 ml langlewe room
Sout en gemaalde swartpeper.

Metode:
Stel u oond op 180 grade Celcius.
Gebruik n geskikte oondskottel en pak lae aartappel,
botterskorsie en soetpatats afgewissel met die gaar uie tot die bak vol is. Geur met sout en swartpeper tussen elke volledige stel lae. Bedek met die hoenderaftreksel om die rou produk klam te maak.
Voeg laastens die room by, bedek met aluminium foelie en bak vir ongeveer 1? uur tot gaar.

Buffel Bobotie

Bestandele:
2 uie
Kookolie
1kg buffel maalvleis
1 sny brood
250ml melk
2 eiers
15ml kerriepoeier
22,5ml suiker
10ml sout
2,5ml peper
7,5ml borrie
125ml pitlose rosyne
30ml suurlemoensap
4 lourierblare

Metode:
Voorverhit die oond tot 180?C. Skil die uie, kap fyn en braai liggies bruin in die olie. Braai die vleis saam met die uie sodra die uie deursigtig raak. Week die brood in die melk en druk die melk uit. Maak die brood fyn. Meng al die bestanddele behalwe die melk, een eier en die lourierblare. Skep die mengsel in n gesmeerde oondbak, rol die blare op en steek dit regop in die mengsel in. Bak vir een uur. Klop die ander eier en melk en giet oor die vleis n halfuur voor dit uit die oond gehaal word. Bedien met rys en blatjang.

Safari Biltong
 
Bestandele
Wildsvleis - 40-50kg
Safari Biltongspeserye - 2kg
Gramas Bruin Asyn - Soos benodig

Metode
Weeg wildsvleis en Safari Biltongspeserye soos aangedui.
Sny wildsvleis saam met die grein tot n maksimum dikte van 2cm.
Sprinkel wildsvleis met Gramas Bruin Asyn en Safari Biltongspeserye.
Herhaal die proses totdat al die geweegde vleis en speserye opgebruik is.
Laat staan vir 8 tot 12 ure. Draai wildvleis gereeld om.
Hang biltong aan hakkies op n Crown Okto Biltong kabinet met waaier aangeskakel en droog vir 3-4 dae. Verseker dat ultraviolet lig aangeskakel is.

Vir chillibites
Sny wildsvleis in 1cm repies.
Volg bogenoemde metode en gebruik Safari Chillibitespesery in plaas van Safari Biltongspesery.
Laat staan vir 3-4 ure en hang in Crown Okto Biltong kabinet om droog te word.
Droog vir 2-3 dae.
By Crown National

Europese ?Wild Boar? / Bosvark op spitbraai
 
Algemeen
Die inheemse Bosvark en Europese wildevark het dieselfde vleisbenuttingswaarde. Die hoof eienskappe is die besonderse smaak van die vleis wat rooier is as di? van mak varke. Verder is die vet ook meer deursigtig en neig nie om maklik galsterig te raak nie.

Selektering Van Die Karkas
Probeer n jong vark van onder 25kg kies, indien nie, slag die vark dan eers af
Probeer n vroulike dier selekteer as die karkas oor 30kg is. Vetbedekking moet nie 15mm oorskry nie.
Verouder die karkas vir vyf tot agt dae in koelkamer teen 2? Celsius.
Voorberieding Van Karkas
Diamantsny die karkas met enti-snyer in 30cm blokkies deur, deur die spek tot op vleis te gaan terwyl die vel aan of af is.
Verdeel die karkas deur, deur die rugstring van die penskant af deur te saag, maar nie deur die vleis nie.

Gaarmaakmetode
Gebruik vertikale hittebron soos n drombraai van Multibraai. Hitte van onder kan a.g.v. die vet wat drup, die karkas spontaan aan die brand laat slaan.
Gebruik aanvanklik ho? hitte vir n halfuur. Die vetlaag neig om die hitte te isoleer teen penetrasie.
Maak gaar teen matige hitte vir n tydperk een en halfuur tot vet uitgebraai is.
Laat karkas effens afkoel, bestrooi met fyn sout en gee ho? hitte tot bros swoerd gevorm is.

Spyseniering: Vir 20 KG Karkas Gewig
Inspuitvloeistof

- Spuit dit in, plus minus 6 uur voor dit verhit word op die spit.
(Meng halwe koppie fyn tafelsout, opgelos in 500ml water, met n eetlepel asyn).

Bedruipingsmarinade
Dit kan na n halfuur se braai van tyd tot tyd aangewend word met n kwas.

Meng Die Volgende Bestanddele
- Een koppie "six gun" speserye van Crown;
- Twee koppies sonneblomolie;
- Een teelepel chilli-poeier indien nodig;
- Een teelepel geroosterde koljander;
- Halfliter water;
- Halwe koppie "spiceo mat" (Crown);
N.B. - Moet nooit iets met suiker toevoeg nie - dit sal swart brand
III. Rooiwynsous Om Oor Vleis Te Gooi Na Dit Gesny Is

- Reduseer 1 bottel goeie rooiwyn met 50%;
- Voeg 500ml wild-stock by;
- Die vloeistof moet nou verhit word tot dit begin dik word;
- Meng 250gr botter in en verwyder van stoofplaat;
- Bedien met maroelajellie of soetmostert.

Fisant Resep
 
Skoonmaak en Veroudering
Verwyder die ingewande, insluitende die hart en longe, en die krop so gou moontlik. Verwyder die kop asook die pote en vlerke deur die ledemate in die eerste gewrig af te sny. Trek die vel met vere en al in een stuk af. Spoel die karkas deeglik uit met water. Met die laaste uitspoel kan ?n bietjie asyn by die water gevoeg word. Verouder in die yskas of koelkamer vir ongeveer drie dae en plaas in marinade vir n verdere twee dae.

Marinade
5ml Gemengde kruie
20ml Olyfolie
500 ml Dro? witwyn
Benodighede

Bestanddele
Twee Jong fisante
? 8ml Sout
5 ml Growwe peper
1 Knoffelhuisie
1 Gerasperde ui
2 Naeltjies
2,5 ml Hoender spesery
Varkvet of spek
Sap van een suurlemoen
20 ml Kookolie of vet

Metode
Verwyder die fisante uit marinade en plaas n opgerolde repie spek of varkvet in elke buikholte. Bedek ook die borsies met repies varkvet of spek. Meng die speserye met die marinade en giet oor die fisante. Plaas in ?n toe oondskottel en bak vir drie tot vier ure by 110 C. Bedrup die karkasse van tyd tot tyd met die mengsel. Verwyder die deksel en ook repies spek vanaf die borsies en braai vinnig by ho? hitte om die vo?ls te verbruin. Bedien met gebakte aartappels en ander groente na smaak.

Gerolde Wildsrib
Hierdie resep is vir n rib van medium grootte soos bv, rooibok of springbok indien die rib groter is moet die bestanddele aangepas word.

Bestanddele
10 ml sout
10 ml swartpeper
5 ml fyn naeltjies
5ml neutmuskaat
25ml fyn koljander
15ml knoffel vlokkies
50ml worcestersous
10ml gelatine
300ml rooiwyn
200gr onbytspek

Metode
Meng al die bestanddele saam behalwe die gelatine, rooiwyn en ontbytspek.
Prik die vleis aan die kant waar die been uitgehaal is met die mespunt.
Smeer die bestanddele goed in.
Pak die ontbytspek op en strooi die gelatine oor.
Rol die rib styf vas. Gebruik gewone tou om dit vas te bind of koop spesiale net by n slaghuis.
Plaas in n houer en los dit in die yskas vir ongeveer 48 uur.
Gooi rooiwyn oor en bak in die oond vir ongeveer vier ure teen 180 grade Celsius
Sny in skywe en bedien met gemengde groente en rys.

Geurige Wildsfilet
Marineer twee groot fillette vir ongeveer twee ure in die volgende marinade:

Bestandele
Sap van vyf suurlemoene
Twee fyngekapte knoffelhuisies
250 ml Olyfolie
50 ml Sojasous
10 ml. Gemengde vars of dro? kruie
2 ml Swart peper
2 ml "Spice-O-Mat"

Metode
Ladeer fillet en vul met die volgende vulsel:
Twee blikkies gerookte mossels
Een pakkie soutbeskuitjies, fyngedruk.
Een houer maaskaas (Verkieslik met grasuie en kruie)
Smeer ook bo-oor fillets.
Bak in oond of rooster oor kole.
Bedien met vars groente gesorteer in olyfolie, kruie en speserye na smaak, stampkoring en mangoslaai.
Versier met vars roosmaryntakkies en kumkwatte wat in lemoenlikeur gepreserveer is.

Gevulde Eland Filet
Filet moet vooraf gemarineer word in jogurt en gekapte juniperbessies vir 2 tot 3 dae.
Maak ?n snit in die vleis om die vulsel in te sit. Nie in die middel nie maar aan die kant van die vleis sodat die middel nog kan ?rare? wees. Moenie deursny nie anders braai die vulsel uit.

Vulsel
1 Medium groot ui fyn gekap
1 Medium soetgroen rissie fyn gekap
3 Groot swart sampioene fyn gekap
? Teelepel knoffel fyn gekap
Braai tot gaar is en sit speserye by

Speserye
Grof gemaalde growwe sout en swart peper
?n Knippie witpeper
Klein bietjie foelie of neutmuskaat
Meng dan 250g gerasperde mozarella by die vulsel
Stop die filet
Steek toe met tandestokkies
Braai filet op kole vir 20 min - vir ?medium rare?
Sny in dik skywe
Bedien saam met suurlemoen skywe, gebakte aartappel en groente

Krummelpap
 
Ingredients
1lit. (4c) water
5 ml (1t) salt
500 ml (2c) coarse mealie meal
a large knob of butter (optional)
freshly ground black pepper (optional)

Method
Boil water and salt in a small potjie.
Drizzle mealie meal into pot to form a pyramid.
Do not stir.
Put the lid on and simmer for 20 minutes at a low temperature.
Dont remove the lid.
Stir at 20 minute intervals, using a large fork, until the porridge is crumbly and loose.
Stir in butter and pepper just before serving.
(6 portions)

Ystervark Rugvel
 
Bestandele
Trek die penne uit
Gooi kookwater oor en skraap met agterkant van mes tot die vel mooi skoon en wit vertoon.
Voel met vingers vir enige klein skerp penne wat nog in die vel is.
Laat oornag in pekelwater l?.
Sprinkel met Growwe Swart Peper asook "Steak & Chop" mengsel en paprika.
Gooi worcestersous oor en n bietjie olie.
Herhaal aan albei kante.
Laat l? vir 4 ure.
Plaas in stoompot met die marinade en bietjie water.
Stoom vir ? 45 minute stadig tot baie sag.

Metode
Sny in blokkies en bedien op kapokaartappels (of alternatiewelik op ?n broodjie) met pepersous vir voorgereg.
Die wildsvleisgeregte is berei deur Charmara Cronje, ?n kenner op die voorbereiding en bedienning van wildsvleis. Sy lees resepte & kookboeke soos ander mense romans lees. Sy proe die resep terwyl sy dit lees en weet wat sy nog moet byvoeg of weglaat. Haar man, Henno Cronje, is lief vir jag en sy het gou agter gekom hoe om wildsvleis dikwels te eet en nie daarvoor moeg te word nie deur kruies en marinades en die gaarmaak metodes aan te pas. Charmara se welbekende eie boek "Op soek na ?n mens se hart" het n aantal jare gelede die lig gesien.

Rooibokrugfillet

Bestandele & Metode
Maak fillet mooi reg en sny alle senings af.
Marineer dit met speserye soos Growwe Swart Peper, "Steak & Chop" mengsel,
paprika, worcestersous en olie.
Net voordat vleis gaar gemaak word, sny in skywe (2 vinger dikte)
Rol gesnyde kante in marinade.
Sit pan op met botter en verhit tot botter braai.
Plaas fillet met gesnyde kante in botter.
Braai vir ? 3 minute aan beide kante.
Bedien dadelik met Peper of Sampioensous oor.
Moenie dat die vleis lank staan nie, dit sal nie meer so sag wees nie.

Warm slaai met vlakvark
 
Bestandele
600g vlakvark lende
120g roketblare
250g kersietamaties, gehalveer
250g pynappel, opgesny in blokkies
250g mong-tout (peulertjies), in repies gesny
1 geel soetpeper

Metode
Braai pynappelblokkies in verhitte pan tot effense goudbruin kleur en sag. Halveer soetpeper en plaas op boonste oond onder rooster. Rooster tot vel swart verkleur het. Laat effens afkoel en skil vel af. Sny peper in repies. Laat kersietamaties onder rooster in oond vir ?n paar minute tot effens verkleur en sag.
Verhit pan op hitte met n klein bietjie olie. Voeg vlakvark lende in pan en braai tot goudbruin en verlange gaarheid. Verwyder vleis en laat staan vir 3 - 4 minute. Sny in skywe.
Kombineer vleis met slaai bestanddele in bak en meng. Bedruip slaai met sous.
Sous:
50ml rooiwynasyn
150ml olyfolie
2 Eetl rooibessie jellie
Handvol kruisementblare (?10g)
Knippie sout
Voeg alle bestanddele saam in voelselverwerker/menger en meng saam tot jellie opgelos het in sous. Sous het n pienk romerige kleur en tekstuur.
Indien ?n menger nie beskikbaar is nie, smelt jellie eers oor lae hitte voor meng met ander bestanddele. Voeg gekapte kruisementblare laaste by en meng goed.

Heel Springbok Skenkels, Toegevou In Filodeeg,
Bedien Met Port- en Kwepersous

Bygeregte:
Soetpatat
Gestoofde winters dro?vrugte

Bestandele:
6 Springbokskenkels
Sout en peper (na smaak)
250ml meel
250ml fyn gekapte uie
250ml fyn gekapte wortels
250ml fyn gekapte seldery
4 heel knoffelhuisies (gekneus)
20ml heel swartpeperkorrels
1el heel naeltjies
4 lourieblare
375ml port
1 liter beesaftreksel (vars)
1 x 200g kweperjellie
50g repies spek

Metode
Besprinkel skenkels met sout en peper en meel. Verhit oond tot 180?C. Rooster skenkel in oondpan met n bietjie olie in, vir ? 25 minute, of tot goudbruin. (Draai skenkels 1 x om tydens roosterproses).
Verwyder skenkels uit oond. Plaas oondpan op stoof en braai spek, uie, wortels, seldery, knoffel, peperkorrels, naeltjies en lourieblare tot sag en ligbruin van kleur.
Plaas skenkels bo-op groente. Voeg nou ook port en beesaftreksel by en ekstra water totdat skenkels so ? ? bedek is. Bring tot kookpunt en plaas deksel op, of bedek met foelie, en plaas terug in oond.
Draai oondtemperatuur af tot ? 100?C en rooster vir ? 3 ure tot vleis baie sag is en van die been af val. Verwyder skenkels uit oond en vlok vleis vanaf been. Hou bene eenkant. Haal groente en spek uit en sny spek op in klein stukkies. Voeg spek en die helfte van die fyn groente by gevlokte vleis en meng deur.
Gebruik gesuiwerde vloeistof en plaas in pan op stoof. Voeg kweperjellie by. Kook tot jellie gesmelt het en vloeistof met 1/3 weggekook het. Vou filodeeg-velle oop op werksoppervlak. Halveer vel in 2 ewe groot gedeeltes in die lengte af. Verf met gesmelte botter en plaas 1 vel bo-op die ander, sodat dit "vasplak". Plaas derde vel bo-op en verf met botter.
Verdeel vleis in 6 ewe groot porsies. Plaas been van een skenkel regop in die middel van filodeeg vel. Plaas 1 porsie vleis in hopie rondom sodat been vanself regop gehou word. Begin van weerskante en vou vel toe na binne, om vleis te bedek. Vou filodeeg rondom vleis en been toe, sodat geen vleis sigbaar is nie en slegs regop been bo uitsteek.
Plaas in yskas sodat gesmelte botter stol en skenkel pakkie goed set. Verhit oond tot 180?C en bak skenkelpakkie oop in oond vir 20 minute of tot filodeeg goudbruin is.
Die "skenkelpakkies" kan vooraf berei word en in yskas geplaas word vir tot 2 dae. Bedien skenkels met fyngemaakte soetpatats en gestoorfde dro? vrugte, asook die kweperjellie-sous. 

Wildspastei, Stampmielies & Jagters Pot
 
Wildspastei
Vulsel
Kook die wildsvleis tot gaar en sny in blokkies.
Sny uie, sampioene en groenrissies en soteer.
Voeg die wildsvleis en uie mengsel saam en kook saam met naeltjies en rooiwyn.
Voeg sout en peper na smaak by en kook tot die sous verdik.
Kors Ontdooi n rol skilfer kors vir die bo-laag.
Skep die wildsvleis in n bak en sit die skilfer kors daaroor, se?l die kante en garneer met oorblywende deeg.
Klits 2 eiers en verf die deeg daarmee. Bak in voorverhitte oond tot goudbruin.

Stampmielies
Berei stampmielies voor oornag. Kook in bees-aftreksel.
Panbraai ?n paar opgesnyde stukkies beesvleis met uie.
Meng saam. Bedien saam met wildsleis of alleen.


Jagters pot

Panbraai wildsvleis tot gaar en sny in blokkies.
Sny uie, sampioene, groenrissie en wortels in stukkies en soteer.
Blansjeer ?n paar baba-groente.
Voeg wildsvleis en groente saam.
Meng melk, cape velvet/amarula en gerasperde cheddar kaas by en kook tot
sous verdik.
Voeg sout en peper by na smaak met n knippie borrie vir kleur.
Bedien saam met stampmielies of gebakte aartappel.
 
Wildsnek
 
Bestandele
1 Wildsnek soos bv rooibok, blesbok of springbok, in skywe gesny
200g varkspek, in blokkies gesny
50ml botter
250ml vleisaftreksel
2ml tiemie
12,5ml worcestersous
5ml knoffelsout
1ml fyn naeltjies
2ml neutmuskaat
5ml mostert poeier
50ml asyn
Sout en peper na smaak
1 blikkie sampioenroomsop
1 blikkie knopiesampioene
100ml Klipdrift brandewyn

Metode

Braai die vleis en spek in botter in swaarboomkastrol tot bruin.
Voeg ander bestanddele behalwe sampioenroomsop, knopiesampioene en brandewyn by en plaas in oond om sag te stowe.
Bedruip die vleis kort-kort.
Wanneer die vleis sag is voeg res van bestanddele by.
Bedien met rys en gemengde groente.

Springbokrugstring
 
Bestanddele
900gr Springbok- of rooibok rugstring
2 knoffelhuisies, fyn gekneus
olyfolie
sout en pas gemaalde swartpeper
netvet - opsioneel
4 lemoene
30 ml suiker
125 ml water
25 ml suiker
125 ml wit wyn
300 ml vleisaftreksel
5 ml fyn kaneel of 1 kaneelstokkie
15 ml lemoenlikeur
pylwortel (arrowroot) of mielieblom - opsioneel
60 g okkerneuthelftes
10 g botter
vars kruietakkies vir garnering
opsioneel - maroelajellie vir opdien
 
Metode
Verwyder alle sening van vleis en vryf met ?n bietjie olyfolie en pas gemaalde swartpeper. Laat vir minstens 30 minute op ?n koel plek staan om te marineer. Geur met sout, bind vas met tou om ?n ronde fatsoen te verkry en draai toe in opsionele netvet.
Rooster ongeveer 3 minute aan elke kant oor die kole of onder die warm voorverhitte rooster-element van oond. Die vleis moet verkieslik nog ?n pienk kleur h?. Plaas op ?n warm omgekeerde klein bordjie wat bo-op ?n groter bord geplaas is en bedek lossies
met gefrommelde vetpapier. Hou warm in ?n lou oond.
Verwyder die geel skil van twee van die lemoene in fyn repies (met ?n "zester") of
sny met ?n mes in julienne. Blansjeer die repies skil deur dit in ?n kastrolletjie met
koue water te bedek. Verhit tot kookpunt en dreineer dit in n siffie en spoel met
koue water af. Herhaal die proses nog ?n keer. Smelt intussen die suiker in water en verhit die stroop tot kookpunt sodra die suiker opgelos het. Gooi die geblansjeerde skilrepies in die stroop en kook totdat dit verglans en deurskynend is of totdat ? 2 teelepels stroop oorbly. Skep uit met ?n vurk op ?n bord en laat afkoel.
Druk die sap van twee lemoene uit en verwyder die pitte. Skil die orige twee lemoene
en sny in segmente vir garnering.
Berei intussen die sous:
Plaas die suiker in n swaarboom kastrolletjie of braaipannetjie oor lae hitte en laat die suiker stadig smelt totdat dit karameliseer of verbruin (skud die pan gereeld). Sodra die suiker n karamelkleur verkry, voeg die lemoensap versigtig by (pasop dit sal spat; beskerm jou hand met n handskoen). Roer voortdurend en voeg die wyn by. Kook met die helfte af. Voeg die aftreksel, kaneelstokkie en lemoenlikeur by en laat ? 10 minute prut. Toets vir smaak en geur met sout en peper.
Braai die okkerneuthelftes liggies in botter en dreineer op papierhanddoek. Giet die sous deur n siffie en hou liggies warm. Verdik, indien nodig, deur ?n bietjie pylwortel aangemaak met koue water by die kokendwarm sous te roer en net te laat opkook.
Sny die vleis in dik skuins skywe en rangskik ? drie skywe per porsie op ?n warm bord met sous. Garneer met okkerneuthelftes, lemoensegmente, verglansde lemoenskil en takkie vars kruie. Sit voor met krummelpap, sp?tzle of couscous en opsionele maroelajellie.
Verskaf 8 porsies.

Wilds Pampoen
 
Bestanddele
Pampoen van keuse
Knoffel (na smaak)
1 Groot ui (fyn gekap)
1 Pakkie ontbytspek
Greenpepper
Sampioene
Klein bietjie olie
1 kg Wildsmaalvleis
? koppie Coke
25ml Worchestersous
? teelepel Naeltjies
Sout
Varsgemaalde peper
Gemaalde gemengde speserye
Croutons van 6-8 snye witbrood
Room
Botter
Swaargewig foelie

Metode
Week maalvleis ten minste 4 ure in Coke
Berei pampoen voor
Sny deksel uit en verwyder
Hol pampoen deeglik uit. Maak deksel skoon en hou
Maak seker al die pitte en drade is vewyder
Smeer pampoen binne en buite deeglik met botter
Geur met sout, peper en speserye
Braai uie goudbruin saam met knoffel
Braai sampioene en green pepper
Snipper spek
Dreineer vleis. Voeg spek by
Braai vleis tot goudbruin
Voeg al die gebraaide bestanddele bymekaar
Geur met sout, pepper, speserye, naeltjies en worchestersous
Maak croutons (of koop by woolworths - groot pak)
Sny 6-8 snye brood in blokkies
Braai broodblokkies in olie tot bruin
Dreineer baie goed op handdoekpapier
Skep vleismengsel in pampoen
Skep croutons bo-oor
Gooi room oor
Sit pampoendeksel terug in posisie
Maak deeglik toe met 2-3 lae foelie blinkkant na binne
Bak 3 ure lank in oond 160?C of tot sag (voel aan pampoen)

_________________
Hou op sterf, want jy lewe nog! Moenie leef om te sterf nie, leef totdat jy sterf.

Ps 118:24 “Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees”


Top
 Profile  
 
PostPosted: Wed Aug 03, 2011 2:58 pm 
Offline
Full Member
Full Member
User avatar

Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm
Posts: 187
Location: Middelburg, TVL
Shoe, nou is ek honger......

_________________
303 EPPS P14
303 EPPS Lee Enfield
.22 Brnu


Top
 Profile  
 
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 2 posts ] 

All times are UTC + 2 hours


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Jump to:  


Advertisement























Powered by phpBB® Forum Software © phpBB Group