Hierdie is n resep vir die gesoute Bosveld en Stap-jagter:
KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Benodighede:
- Mengbak
- Snybord/plank
- Paar skerp messe
- Skoon water
- Tregter (voorkant van worsstopper, so 20mm dik)
- Houtlepel
Bestanddele:
- 1x Rooibok lewer
- 1x Rooibok vetderm (dikderm)
- 1x bol netvat van Rooibok (so tennisbal grootte)
- 1x moerse ui
- 1x hele vars knoffelhuis/bol
- Marina braaisout
- Speserye volgens eie smaak. Herb Spice werk goed
- Gewone sout
- Swart peper
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... 9-1109.jpg[/img]
Gaan SO te werk:
1) Sny die hele vetderm uit die bok. Druk die mis uit en was die derm goed uit.
2) Dop nou die derm om (binnekant buite) en was weer goed met skoon lopende water
3) Sny die lewer in growwe blokkies (so 5mm x 5mm) en plaas 50% in mengbak
4) Sny die ui so fyn as wat jy met n gewone mes kan. Moenie fyn kap nie. Plaas 50% in mengbak
5) Sny die hele knoffel huisie in skyfies. Plaas 50% in mengbak.
6) Sny die netvet in klein blokkies, plaas 50% in mengbak
7) Gooi die Braaisout, peper, gewone sout, Herbs&Spice bo-oor die 3x lae
9) Meng baie goed deur.
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... 9-1127.jpg[/img]
10) Knoop die onderpunt van die lee derm met n stukkie tou.
11) Stop die derm met die mengsel. Daar sal baie wind bubbles vorm, druk hulle gereeld uit na bo. MOET NIE die vetderm n gaatjie in steek nie!!!
12) Stop hom so dik soos n Marina Braaisout bottel (sien foto). Bind die bokant toe met n stukkie tou.
13) Gebruik orige netvet, sny in blokkies en maak skilpadjies. Steek sommer vas met tandestokkies.
14) Plaas die Koperkapel en skilpadjie in die vrieskas in n bak met n deksel.
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... 9-1924.jpg[/img]
15) Gooi n Dubbel BELLS en Soda in n lang glas, vol ys en ontspan na n dag se harde maar suksesvolle jag.
16) Maak lekker groot vuur en kuier n koekskoot vir 3 tot 4 ure voor daar aan die kole geroer word. Afhangende van die geselskap en die arsenaal in jou koelboks kan nog hou opgegooi word en die verlangde wagtydperk kan uitgerek word na 5 tot 6 ure.
17) Haal Koperkapel en sy maatjies uit vrieskas. VERSIGTIG!! Maak seker tandestokkies steek nie derm gate in nie. Afhangende van hoeveel hout bygesit is deur die wagtydperk moet met al hoe meer versigtigheid te werk gegaan word.
18)Braai oor louwarm kole. Maak seker die lewer word gaar sonder om die netvet te brand. Weereens, die wagtydperk kom hier ter sprake. Hoe meer hout opgegooi was hoe groter die kuns om balans tussen gaar lewer en ongebrande netvet.
19) Geniet net so of saam met net wat jy wil, hierdie is n WENNER. PS - not for the faint-hearted
[img width=560 height=420]http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... 9-1929.jpg[/img]
Groete
Stef
(Nog n PS - maak seker jy loop wind-op van jou jagmaat more in die veld
