Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Location: Vereeniging

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Fanta300 » Tue Apr 06, 2021 8:16 pm

Julle moet my nou hier help.

Soos ek dit verstaan mag ek nie ‘n surplus blik kruit hier adverteer en dan op die privaat kanaal verder die transaksie beklink nie?

Maar as ek ‘n blik kruit soek mag ek dit hier adverteer en dan op die privaat kanaal die transaksie beklink.

Ek weet nie maar dit klink vir my soos dubbel standaarde.

Hier is tog geen sprake van handeldryf nie. Hoekom mag ek ‘n geweer adverteer maar nie ‘n blik kruit nie?

Jammer, maar dit maak nie vir my sin nie!
Lynx 300WM, Musgrave .308 (Ferlach Loop), BSA .303, Stevens .22, Howa .308 Varm, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi Aut., Truvello 260 Rem., BRNO ZKK 602 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5688
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Gawie(13mm) » Tue Apr 06, 2021 8:59 pm

Fanta300 wrote:
Tue Apr 06, 2021 8:16 pm
Julle moet my nou hier help.

Soos ek dit verstaan mag ek nie ‘n surplus blik kruit hier adverteer en dan op die privaat kanaal verder die transaksie beklink nie?

Maar as ek ‘n blik kruit soek mag ek dit hier adverteer en dan op die privaat kanaal die transaksie beklink.

Ek weet nie maar dit klink vir my soos dubbel standaarde.

Hier is tog geen sprake van handeldryf nie. Hoekom mag ek ‘n geweer adverteer maar nie ‘n blik kruit nie?

Jammer, maar dit maak nie vir my sin nie!
Fanta, ek gaan jou nou die binne-vet van die boud gee.
Geen privaat persoon mag handel dryf in kruit, ontstekers of ammunisie nie. Dit is tog die rede hoekom jy 'n register invul wanneer jy dit by 'n handelaar koop.

Met die verkoop van 'n wapen, vul jy tog ook die nodige vorms in en sodoende kan SAPD die wapen na spoor indien nodig.

Eersgenoemde val onder die plofstof wet en laasgenoemde onder die vuurwapen wet.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1762
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Location: Kroonstad

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by jankraay » Tue Apr 06, 2021 9:07 pm

Geen register word vir primers ingevul nie...


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1499
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Location: Kuilsrivier

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Heinz Petersen » Wed Apr 07, 2021 6:27 am

Jy kan " Freedom seeds" adverteer
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 732
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Location: Bronkhorstspruit

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by naas222 » Wed Apr 07, 2021 7:14 am

Heins.. daai Freedom seeds klinks soos n hippie se saad
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie

OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 583
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by OosKaapJagter » Wed Apr 07, 2021 7:36 am

Wouter is heeltemal korrek; moenie vir hom kruisig nie. Dit is onwettig om in vuurwapens, ammunisie en kruit handel te dryf vir enigeen wat nie 'n wettige handelaar is nie. Daar is wel 'n uitsondering dat 'n wettige eienaar sy vuurwapen mag verkoop aan 'n gewillige koper. Im so geval fasiliteer die forum net die ontmoeting tussen die twee.

Dit is onwettig om in slagdoppies handel te dryf en handelaars wat dit wettig doen moet registers byhou.

Ammunisie word in die Vuurwapenwet gedefinieer as: "Ammunition means a primer or complete cartridge".

Die gebruik van "slim" woorde soos die ruil van items vir sekere ander dinge gaan nie die onwettige optrede regverdig nie. Die SAPD kan en mag lokvalle gebruik en die koper is dalk net iemand wat gestuur word om die transaksie te doen. Hou dus maar dinge wettig; soveel te meer so op 'n openbare forum.

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6922
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Wouter Roets » Wed Apr 07, 2021 9:46 am

Dankie Ooskaapjagter

Hierdie is presies ons probleem en soos jy se die wet is tog baie duidelik in die verband. Die forum kan eenvoudig nie betrokke raak by misdrywe nie.

Groetnis
Wouter

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1156
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Lategan1 » Wed Apr 07, 2021 10:38 am

Wouter Roets wrote:
Wed Apr 07, 2021 9:46 am
Dankie Ooskaapjagter

Hierdie is presies ons probleem en soos jy se die wet is tog baie duidelik in die verband. Die forum kan eenvoudig nie betrokke raak by misdrywe nie.

Groetnis
Wouter
Dankie Ooskaapjagter en Wouter. Ek stem.

Niemand wil tog sien dat Jaracal homself inkrimineer of sy lede nie. Nog meer ons polisielede en ander magte wat hier lid is.

Hier het al manne rooi onder die kraag wou raak, hierdie sal almal mooi reghelp.

Wouter, dalk jou en Ooskaapjagter se skrywes ook onder regte OP plaas. Hier word gat gevat en verdwyn dit in die brousel. :laugh:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

User avatar
dawiec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 487
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Location: Durbanville

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by dawiec » Wed Apr 07, 2021 1:12 pm

as ek so loer na die advertensie gedeelte is daar baie manne wat die belangrike boodskap van Wouter of nie gesien het nie of net ignoreer? :police:
30-06 Musgrave K98
375 H&H (custom build on P14 action/Truvelo barrel)
410 Mossberg
.22 Remington
6.5mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
6.5mm Creedmoor Howa 1500 MDT Ess chassis

User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Location: Vereeniging

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Fanta300 » Wed Apr 07, 2021 3:42 pm

En daar mis julle my punt heeltemal

Ek vra weer. Hoekom mag ek adverteer as ek ‘n onwettige item soek maar nie as ek daai onwettige item wil verkoop nie.

Kom ek verduidelik dit so: As ‘n los meisie haar dienste aanbied teen betaling dan is dit ‘n midaad. As ek die meisie nader en haar betaling aanbied vir haar dienste, is dit uitlokking, wat ook ‘n misdaad is.

Onder die “Gesoek/Wanted” hofie is daar gereeld ouens wat kruit soek.
Lynx 300WM, Musgrave .308 (Ferlach Loop), BSA .303, Stevens .22, Howa .308 Varm, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi Aut., Truvello 260 Rem., BRNO ZKK 602 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2959
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by joe rocket » Wed Apr 07, 2021 4:06 pm

Oom Fanta Jy kas seker daai los dame laat skottelgoed was en huis skoonmaak teen betaling. Daarna kan sy die kar en die bakkie was. Wen wen transaksie mos. Die kruit verkopery sal nou deur die moderators stop gesit word.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Oblivious » Wed Apr 07, 2021 4:36 pm

Glo nie daar is iets fout as iemand vra waar hy kruit kan kry of as iemand se dat hy van kruit weet nie. Dit is dan mos tussen daai 2 manne van daar af
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
Smith223
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm
Location: Pretoria East

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Smith223 » Wed Apr 07, 2021 4:43 pm

Fanta300 wrote:
Wed Apr 07, 2021 3:42 pm
En daar mis julle my punt heeltemal

Ek vra weer. Hoekom mag ek adverteer as ek ‘n onwettige item soek maar nie as ek daai onwettige item wil verkoop nie.

Kom ek verduidelik dit so: As ‘n los meisie haar dienste aanbied teen betaling dan is dit ‘n midaad. As ek die meisie nader en haar betaling aanbied vir haar dienste, is dit uitlokking, wat ook ‘n misdaad is.

Onder die “Gesoek/Wanted” hofie is daar gereeld ouens wat kruit soek.
Daar is altyd die moontlikheid dat die manne onder gesoek vra vir die items met die hoop dat iemand hulle kan wys na ‘n handelaar wat dit in vooraad het en sodoende die items wettig bekom?

As mens net die metafoor hierbo gaan sal dit dan wees soos om te vra of hulle weet waar is die Teazers in die dorp?
Howa 223 - Leupold Vx2
BRNO 243
Howa 6.5 CR - Vortex PST Gen II 5-25 FFP

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 10206
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Oblivious » Wed Apr 07, 2021 4:53 pm

VV is darem nog aansienlik goedkoper as n aand by daai dans akademie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Contact:

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Koos Barnard » Wed Apr 07, 2021 5:03 pm

So jy ken die dans-akademie se pryse Kaptein? Hê-hê!!

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1810
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Malan123 » Wed Apr 07, 2021 5:11 pm

Menere ek sien die ding so. Dit gaan oor die forum se aanspreklikheid. Indien jy adverteer het jy liksens nodig. Indien jy soek en iemand kontak jou via privaat kanale het die forum niks daarmee te doen nie.

M.a.w. as jy die girl ontmoet in die akademie en julle kom later bymekaar vir koffie het die akademie seker niks daarmee uit te waai nie?

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1156
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Lategan1 » Wed Apr 07, 2021 7:16 pm

Fanta300 wrote:
Wed Apr 07, 2021 3:42 pm
En daar mis julle my punt heeltemal

Ek vra weer. Hoekom mag ek adverteer as ek ‘n onwettige item soek maar nie as ek daai onwettige item wil verkoop nie.

Kom ek verduidelik dit so: As ‘n los meisie haar dienste aanbied teen betaling dan is dit ‘n midaad. As ek die meisie nader en haar betaling aanbied vir haar dienste, is dit uitlokking, wat ook ‘n misdaad is.

Onder die “Gesoek/Wanted” hofie is daar gereeld ouens wat kruit soek.
Hallo Fanta.

Ek vir een het dit nie gemis nie en jou vrae is duidelik en dra gewig. My kop werk as volg, nie noodwendig met al die antwoorde nie.

A: Iemand/moderators probeer orde en huisreëls uitlig en bevestig. Hulle word ondersteun deur regspersone en ander. As lid wil ek eerstens sien dat almal op dieselfde bladsy is hieromtrent, in almal se belang en het my stem toegevoeg. Dit is primêr.

B: Regstegniese begrip rondom koop/verkoop/adverteer/ bedrag/betaal/transaksie ens. is duidelik. Ek sluit betalingsmedium met ‘blou buffels’ in. :laugh: Sonder om betrokke te raak in die juistheid en detail hieromtrent, dink ek ons moet dit nie bemoeilik nie.

C: Ons kan dalk wel ‘n ope vertolking ondersoek. Miskien is daar ruimte vir toepaslike woordgebruik, soos jy uitlig, bv. surplus/onbenut/beskikbaar/gesoek/verlang ens. en die gesprek dan verder privaat neem. Solank dit nie op ‘n direkte moontlike verkope transaksie op Jaracal oorkom nie. Indien dit wetties moontlik is, kom ons ondersoek dit konstruktief en as die gedagte doodgebore is, sal ons dit vinnig weet. Niks fout met vindingrykheid nie. Gebruik die ruimte op die forum as ‘n kennisgewingbord i.p.v. as ‘n platform om ‘n transaksie te beklink?

Laat ons hoor, aanvullend tot die sentimente reeds uitgelig.

Tot dan is die reëls vir my duidelik. (Ek mag dalk partykeer per ongeluk vergeet :o)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1305
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Location: Middelburg, Mp

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by swc-tr » Wed Apr 07, 2021 7:58 pm

Daai koerier storie wat vertraag is weens Somchem versending mag dalks nadraai hê, ek vandag gehoor handelaars verwag Somchem dryfmiddels einde van die maand.

Ek glo nie in die Paashaas ens nie, so wag en kyk ook maar.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1865
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by jdpretorius » Wed Apr 07, 2021 9:03 pm

Dit gan interesant wees om te sien hoeveel manne terug na die local kruit gaan en ook hoe die rand/dollar dit gaan dryf .....dink nogal S365 bv. was n baie goeie kruid maar die lot verskille het my bietjie warm gehaad....wonder of hulle iets oor dit gan/kon doen.
.....die manne wat daardie (baie) blou buffels soek gan dalk gou vanself verdwyn.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Location: Vereeniging

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Fanta300 » Wed Apr 07, 2021 9:39 pm

Lategan, soos die opskrif van hierdie draad sê, skerts ek maar net bietjie. Die jagseisoen is om die draai en dan kan ons weer op die belangrike sake fokus. Ek ondersteun en probeer te alle tye by die reëls hou en het baie respek vir die administrateurs en moderators van ons forum. Dit is aan hulle te danke dat ek met trots kan sê ek is lid van Jaracal.
Lynx 300WM, Musgrave .308 (Ferlach Loop), BSA .303, Stevens .22, Howa .308 Varm, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi Aut., Truvello 260 Rem., BRNO ZKK 602 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6004
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Location: Klerksdorp, Noordwes Provinsie

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Eugene » Thu Apr 08, 2021 9:56 am

Fanta300 wrote:
Wed Apr 07, 2021 3:42 pm
En daar mis julle my punt heeltemal

Ek vra weer. Hoekom mag ek adverteer as ek ‘n onwettige item soek maar nie as ek daai onwettige item wil verkoop nie.

Kom ek verduidelik dit so: As ‘n los meisie haar dienste aanbied teen betaling dan is dit ‘n midaad. As ek die meisie nader en haar betaling aanbied vir haar dienste, is dit uitlokking, wat ook ‘n misdaad is.

Onder die “Gesoek/Wanted” hofie is daar gereeld ouens wat kruit soek.
Ek verstaan presies wat jy bedoel en dit wil voorkom of daar dan dubbele standaarde is. Ongelukkig is dit so dat as iemand navraag doen oor 'n blik kruit wat hy soek, gaan dit 'n onmoontlike las plaas op die Mods om te probeer bepaal of hy wil weet watter handelaar het nog voorraad en of hy dit privaat soek by iemand....

Oor die "billikheid en deursigtigheid" van die Wet kan ons lank praat en ek self dink dis baie swak opgestel en beskryf en sekere bepalings is bloot net idioties verwoord. As voorbeeld, gestel ek het 'n blik kruit gekoop om te toets en na 10 ladings vind ek uit dit werk nie vir my nie, wat kan ek nou doen? Geen handelaar gaan 'n oopgemaakte en gebruikte blik kruit terugkoop by my nie en as ek dit nie kan verkoop nie, wat staan my nou te doen? Veral as mens nou die maksimum hoeveelheid kruit wat ek by my mag hou, ook in aanmerking neem.... Ek dink nie die bedoeling van die Wetgewer was noodwendig om sulke transaksies te verbied nie, eerder die "groot maat verkope" van kruit en slagdoppies en ammunisie, maar nou is dit nog iets wat nie duidelik en met oorleg omskryf is nie en die Mods is heeltemal korrek met hulle instruksies. Volgens die letter van die Wet is dit onwettig en of ons nou dink dis stupid of nie, dit bly tans onwettig.

Elkeen van ons op die forum wat oor 'n bevoegdheidsertifikaat beskik, het ook duidelik in die aansoek te kenne gegee dat hulle op hoogte is met die bepalings van die Vuurwapenwet en derhalwe gaan 'n pleit van onkunde, vir jou meer probleme veroorsaak as iets anders en om dit nou nog op 'n publieke forum te "adverteer", is waarskynlik nie die beste ding wat jy kan doen nie....
Aim small, miss small

Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”