Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
knipmes
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 330
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Location: Pretoria

Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by knipmes » Tue Jan 14, 2020 3:35 pm

Ek het die inligting vandag ontvang
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

User avatar
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 6423
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Location: Paarl

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by PWV » Tue Jan 14, 2020 4:48 pm

Nie lekker om onderstebo te lees nie.

Probeer hierdie een:

https://natshoot.co.za/nhsa-info/newsle ... /vol-15-30
Many people are alive, only because it's illegal to shoot them.

Groetnis
Pieter Willem Vorster

BenJacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Location: Stellenbosch en Bradasdorp

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by BenJacobs » Tue Jan 14, 2020 6:54 pm

Kan iemand dalk asseblief in kort en eenvoudig sê wat dit behels? My kop staan stil as ek Engels moet lees

User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 365
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm
Location: Ladismith - Klein Karoo

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by Willie » Tue Jan 14, 2020 7:15 pm

Ben ek het ook op hierdie skakel viewtopic.php?f=94&t=2551&view=unread#unread gevra maar lyk my hier is nie iemand wat meer engels as ek en jy vertsaan nie. Miskien moet ons maar meer geduld aan die dag le. Iemand sal wel die vreemde taal (en skrywe) vir ons ontsyfer

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 327
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by OosKaapJagter » Tue Jan 14, 2020 7:24 pm

Die onderstebo artikel in Engels hierbo handel oor vuurwapens waarvan die lisensies verval het, wat ingegee word tydens die amnestie periode.

Kortliks saamgevat was die posisie dat jy net vir 'n nuwe lisensie aansoek kon indien as jy reeds oor 'n geldige bevoegdheidsertifikaat beskik. Die probleem is dat hulle van jou verwag om die nuwe aansoek binne 14 dae in te handig. Niemand kan 'n nuwe bevoegdheidsertifikaat binne 14 dae kry nie, so die wapens gaan gesmelt word.

Volgens die artikel is die ooreenkoms wat met die SAPD aangegaan is, 'n bevel van die hof gemaak. Dit kom daarop neer dat jy die aansoek vir jou bevoegdheidsertifikaat saam met jou lisensie aansoek (gelyktydig) kan indien.

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1351
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by Alwin » Tue Jan 14, 2020 7:26 pm

Soos wat ek dit verstaan het NHSA vir alle praktiese doeleindes gekapituleer en net reggekry dat jy nou jou bevoegdheids-aansoek gelyktydig met jou wapen en nuwe lisensie-aansoek kan ingee.

Volgens mense wat meer van die wapenwet en die reg oor die algemeen verstaan as ek, is beide die amnestie en hierdie ooreenkoms strydig met die hoggeregshofbevel wat die polisie verbied om enige wapen in te neem omdat die lisensie verval het.

Of daar weer derduisende van hierdie amnestie-wapens na die kriminele gekanaliseer gaan word, sal ons maar moet wag en kyk. Verskoon my asb as ek nie te optimisties is nie? (Verwys na Kol. Chris Prinsloo en andere.)

Ons lewe in interessante tye...

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3050
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Location: Citrusdal

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by Chevvy SS » Tue Jan 14, 2020 8:39 pm

Daar is nog 2 ander organisasies besig met hofsake. Hulle gevoel is dat wapens met vervalde lisensies nie nou ingehandig moet word vir herlisensieëring nie en ek steun dit. As hulle hom het kan hulle jou lisensie weier tot in ewigheid, en dan verbeurd verklaar.

BenJacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Location: Stellenbosch en Bradasdorp

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by BenJacobs » Tue Jan 14, 2020 9:36 pm

Dankie vir die verduidelikings.
Groete Ben

Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 728
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Location: Pretoria

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by Hercules Louw » Tue Jan 14, 2020 10:38 pm

Alwin wrote:
Tue Jan 14, 2020 7:26 pm
Soos wat ek dit verstaan het NHSA vir alle praktiese doeleindes gekapituleer en net reggekry dat jy nou jou bevoegdheids-aansoek gelyktydig met jou wapen en nuwe lisensie-aansoek kan ingee.

Volgens mense wat meer van die wapenwet en die reg oor die algemeen verstaan as ek, is beide die amnestie en hierdie ooreenkoms strydig met die hoggeregshofbevel wat die polisie verbied om enige wapen in te neem omdat die lisensie verval het.

Of daar weer derduisende van hierdie amnestie-wapens na die kriminele gekanaliseer gaan word, sal ons maar moet wag en kyk. Verskoon my asb as ek nie te optimisties is nie? (Verwys na Kol. Chris Prinsloo en andere.)

Ons lewe in interessante tye...
Alwin ek het vanmiddag n gesprek met Dr Els van NHSA gehad oor die hofsaak en die feite is as volg:
NHSA het n dringende hofsaak ingedien wat nou in die hof aangehoor sou word. Genl Mamotedi het egter op die laaste oomblik n verklaring voorgelê dat die polisie hulle amnestie proses gewysig het sodat die aansoek vir bevoegdheid saam met die nuwe aansoek vir die lisensie ingehandig kon word en dat hulle hul eie hofkoste sou dra. Hierdie stap van die polisie het tot gevolg dat die dringendheid van die hofsaak verval het en dat dit na die gewone hofrol sou skuif indien NHSA met hulle saak sou wou voortgaan. Die saak sal dan seker eers oor 6 maande verhoor kon word wat lank na die amnestie se einde is en gevolglik niks sou beteken nie. NHSA se hofaansoek het dus gedeeltelike verligting gebring maar ongelukkig het die polisie se slinkse optrede hulle gefnuik om al hulle doelwitte te bereik.

Met vervalde lisensies is die saak nou so:
Jy kan jou wapen ingee om vernietig te word.
Jy kan jou wapen ingee en daarmee saam n nuwe aansoek vir n lisensie en n hernuwingsaansoek vir jou bevoegdheid indien dit ook verval het.
Jy kan niks doen en wag vir die ander hofsake om verligting te bring, maar indien die uitslae nie gunstig is nie en die amnestie is verby, dan is jou wapen onwettig en het jy geen ander opsie as vernietiging nie, plus die risiko van vervolging vir die onwettige wapen.

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8882
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by Capt. Oblivious » Wed Jan 15, 2020 7:55 am

Ek sien julle minster beplan om SD wapens onwettig te maak en elke burger in SA mag max een wapen besit.
Dit gaan blykbaar makliker wees vir die popo om hul werk te doen as elke burger net een wettige wapen mag besit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

User avatar
Blitzzz
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 307
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Location: Mossel Bay

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by Blitzzz » Wed Jan 15, 2020 10:02 am

Dit gaan maar swaar gaan daai een wapen storie van hom.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Sako 308 Win
Winchester 30-06 Spr

M98mauser
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am
Location: Centurion

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by M98mauser » Wed Jan 15, 2020 11:34 am

Mense Hierdie goed gebeur nie toevallig nie! Hier is duistere magte aan die werk hulle het nou n maklike manier gekry om +/- 400 000 wapens uit wettigge eienaars se hande te haal en dit te herverdeel."vernietig" Hoekom is dit onwettig om daardie wapen te laat de aktiveer deur a wapensmit? Nee jy moet hom in n werkende toestand indien.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1351
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Amnestie Inligting: NHSA se Ooreenkoms Met SAPS

Post by Alwin » Wed Jan 15, 2020 6:44 pm

M98mauser wrote:
Wed Jan 15, 2020 11:34 am
Mense Hierdie goed gebeur nie toevallig nie! Hier is duistere magte aan die werk hulle het nou n maklike manier gekry om +/- 400 000 wapens uit wettigge eienaars se hande te haal en dit te herverdeel."vernietig" Hoekom is dit onwettig om daardie wapen te laat de aktiveer deur a wapensmit? Nee jy moet hom in n werkende toestand indien.
Met die vorige amnestie het derduisdende van die wapens "weggeraak" uit die polisie se veilige bewaring. Ene Kol. Chris Prinsloo het erken dat hy alleen meer as 2000 (dis korrek, twee duisend!) van hierdie wapens aan bendelede in die Kaap verkoop het. Hierdie wapens is gebruik om honderde moorde en ander ernstige misdade te pleeg, waarvan ons weet. Die meeste is nog nie opgespoor nie. Daar is geen inligting oor enige ander persone wat aangekla of vervolg is nie, maar hy was beslis nie die enigste skelm in die polisie nie. Paratus het detail besonderhede op sy blog gepubliseer.

Dis waarom hulle nou nog 400 000 + wapens wil hê...


Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”