Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm
Location: Blou Bul HK

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Langeraat » Thu Sep 05, 2019 12:11 pm

Lyk baie netjies Peet. Welgedaan.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Novus Vitae - 2 Kor 5:17

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Location: Walkerville

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas » Fri Nov 29, 2019 9:51 am

More manne.

Ek sit Desember my stelsel op. Nou is my vraag, het julle al jul herlaai skaal op die krag gebruik? (Pure sine wave)

O en dan n ander vraag met 1000 antwoorde, wat is die ideale grade waarteen die panele monteer word. Ek verstaan dit sal verskil van winter na somer. My huis op 26 Grade Latitude.

Dankie
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi » Fri Nov 29, 2019 10:43 am

Kan jou nie antwoord oor die grade van panele nie maar jou skaal sal 100% werk op Pure Sine wave inverter.
Baie beter as ESKOM krag.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

bor
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Tue May 28, 2013 12:58 pm
Location: Parys

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by bor » Fri Nov 29, 2019 11:52 am

Sal dit dalk moontlik wees van die manne wat weet om n onderdele lys van verskillende instillasies te post wat ons leeke sal help om die eerste keer reg te koop

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Location: Walkerville

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas » Fri Nov 29, 2019 1:50 pm

Dankie Toyrsi

Bor.... een ding met Solar, hoe meer jy leer van dit hoe meer besef jy hoe min jy weet. Die tegnolie is regte baie indrukwekkend veral as mens geld het om groot te gaan.

Gaan kyk maar n paar 100 videos van die vrou op Youtube. Sy verduidelik die goed sinvol.

https://www.youtube.com/channel/UCUrlDp ... J0b-0pbgow
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Sun Dec 01, 2019 10:39 pm

My ervaring...

My eiendom word nog gereken as lanbouhoewes en daarom het ons nog 3 fase plaaskrag. Die paal en transformer kos my R1720 per maand en my verbruik is gemiddeld 1750 kWh per maand waarvan 2 maande 'n jaar naby aan 2100kWh is. My rekening is tussen R4000 en R4800/maand...of was. Nou is ek 100% op solar en hier is my storie.

My vriend Rocco van Niekerk het 12 maande se Eskom rekeninge na die locale Victron agent geneem en hulle het 'n stelsel saamgestel en Rocco het dit vrek netjies geïnstalleer. Twee goed was van dag een af baie duidelik. Die 4 elektriese geysers (ja 4, want ekt baie kinders en 'n inslaapdame) trek te veel krag. Dit dadelik oorgeskakel na gas toe. Dit werk fantasties. Die tweede ding was dat die 3 fases se balansering nie naastenby reg was nie. Met die Victron stelsel kon ek gou sien wat trek waar en wanneer krag en op watter fase. Ekt 'n volledige lys opgestel van wat op watter fase is. Dit toe gebalanseer deur fases in die DB te ruil. Ek het die stelsel Juniemaand laat insit. In die begin in die oggende het ek gewoonlik 11-14% krag oorgehad in die batterye na die nag se donker. As mamma daai haardroeër start, was die batterye in minute by 10% en het die stelsel afgeskakel. Ons moes dus aanpassings maak. Koffiedrink en hareblaas moes nog steeds gebeur. Koffie gou oorgeskakel na gasstoof toe, maar hare moes nog geblaas word. Toe kry ek 'n R100 se timer vir my chest freezer wat hom 12 ure deur die nag afgeskakel hou. Steeds het iets die batterykrag opgevreet. Die Victron stelesel hardloop live op my rekenaar/selfoon. Ekt gegrou tot ek die regte grafieke gekry het. Gou gesien dat fase 3 elke ±20min vir 'n kort rukkie 'n piek maak in die grafiek. Toe gaan ek terug na my lys toe wat wys wat is op watter fase en een vir een die skuldige geïlimineer. Kom toe agter dat my besproeiingsdrukpomp elke 20 minute aanskakel omdat daar iewers op die stelsel 'n lekplek was. Die lekplek opgespoor en herstel. Hier het ek al gesien om te meet is om te weet. Sonder die stelsel sou ek nooit geweet het die pomp skakel elke 20 minute aan nie want hy is ver van my huis af. So van nou af het ons in die oggende darem tussen 16 en 20% batterykrag oorgehad, maar hare moes nog geblaas geword het.

Lewenstyl aanpassings was nodig. Veral nadat inslaapdame een dag vir my sê "Pappa, this solar will make us saffir"....want sy moes eweskielik vroeër in die dag begin stryk het en 15h00 ophou sodat die batterye weer tot 100% kon laai vir die nag. Oonddisse was eweskielik iets van die verlede. Buiteligte wat deur die nag brand is al hoe meer en meer afgeskakel. Tuin se besproeiing, boorgatpomp en swembadpomp se loop het nou deeglike beplanning vereis. Al was ek moeg vir die Eskom gespuis, het ek Eskom as back-up aangehou en moes ek met tye hom weer aanskakel om die batterye te laai. Veral as iemand van die gesin besluit het vanaand is 'n goeie tyd om die tuimeldroeër te gebruik of sussie kom kuier en begin sommer koek te bak in die oond. Dan moes ek maar Eskom aanskakel. Back-up generatos se kostes was te styf vir my want ek moes n redelike bul aanskaf. Dit was vir my snaaks hoe 'n 6kVA generator R11 000 kos maar n 10kVA sommer 5 keer soveel en meer. Eskom verbruik was Julie 47 eenhede (want ekt daai maand n week gaan jag en niemand het opgelet na die stelsel nie), Augustus slegs 7 eenhede, Oktober NUL. November 14de het Eskom kom diskonnekteer.

OK, my stelsel is die volgende (ek mag verkeerd wees met van die eenhede en terme) :
18 x 365W panele op die dak = 6570W maar die hoogste wat die stelsel nog ooit gecharge het was 5650W. Ek het agtergekom dat mens die panele soms moet afspuit om die winterstof af te spoel dan charge hulle beter. 3 x 5kVA inverters. MPPT controller. 5 x 2000W Pylon Tech batterye. Die oulikste is die visual display. Vir my en ander leke wys dit mooi hoe krag van die dak af kom en direk na die huis toe gaan en die balans na die batterye toe. TE oulik.

Einde Oktober maak ek toe die besluit dat ek ESKOM 100% wil afsny. Roep vir Rocco nader en hy kom installeer 1 x ekstra battery (nog 'n Pylon Tech maar 3000W een), maar geen addisionele sonpanele nie. Victron opdateer die stelsel sommer van waar hulle ookal sit en daar verander alles terug na normaal. In die oggende is daar sommer 35% batterykrag oor na die nag. Inslaapdame stryk nou weer tot 4 uur die middag, ek besproei enige tyd (behalwe in die donker), ek sweis sommer na-ure, buiteligte brand weer, timer is af van die chest freezer af, ons maak elektriese koffie sommer van 05h00 af, mamma blaas 3 keer hare elke oggend, swembad is weer mooi ge-Kreepy, kinders bak koek, handdoeke word getuimeldroog, ek vergeet van generatorpryse ens ens....en toe kom reen dit vir 3 dae nadat ek vir Eskom heeltemal laat afskakel het.

Toe die reen begin val, staan ek voor die mooi kleurvolle screentjie en sien hoe die huis 560W gebruik en steeds laai die sonpanele 484W...en ek kry hoop. Al wat ek toe doen is om die chest freezer weer af te sit en almal belet om elektriese koffie te maak en te stryk. So kom die son later weer uit en laai die batterye mooi. So gaan dit die volgende twee dae. Elke dag met net n bietjie son wat die stelsel volpomp. Ons is deur die 3 dae se reen en nooit het ek Eskom gemis nie.

Klomp lesse geleer :
- Al is die panele 365W, laai hy nooit 365W nie
- Al dink jy 'n buislig trek min krag, hy trek 32Wper globe, so n dubbel motorhuis met twee buisligte trek 128W!!!!!
- 'n Mikrogolf trek mos nie krag nie. Twak!!! Hy trek 1800W
- Al is jou batterye 2000W elk, lewer hulle net 80-90% daarvan
- Om elektriese geysers te trek (soos voorheen), het jy 2 tot 3 keer groter stelsel nodig (redeneerbaar)
- Gasgeysers is wonderlik en glad nie so duur nie
- Ons was bederf met Eskom
- Generatorpryse is laf
- Battery stoorkapasiteit is die belangrikste...ens ens ens

My elektrisiteits behoefte is hoër as 'n normale huisgesin met enkelfasekrag. Ek het ook 'n klein werkswinkeltjie met 3 fase masjiene op my perseel. My stelsel was dus duur in vergelyking met wat 'n standard huishouding gaan benodig. Steeds gaan ek die solarstelsel (asook gasinstallasie) in 7.8 jaar afbetaal al bly Eskomtariewe onveranderd vir 8 jaar. In my som het ek die R980/maand (wat my gas my nou kos) reeds ingereken. Vir my is dit 'n no-brainer om oor te skakel na solar.

Voel vry om my te kontak as jy met my versil of as jy meer van my ervaring wil hoor. Ek kan Rocco van Niekerk van Limpopo en Victron met 'n ope hart aanbeveel.

Groetnis
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Location: Walkerville

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas » Mon Dec 02, 2019 8:40 am

Hansieslim

Baie dankie vir die inligting.

As jy die batterye trek to 10%, wat gaan dit doen aan jou lewens siklus op hulle? Ek hoor jy moet nie onder 50% gaan nie en dat 75% eintlik die ideaal is?
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Mon Dec 02, 2019 9:54 am

Plaashaas. Ek is nie elektrieskundig nie, maar kan jou darem antwoord.

Dit wat jy van praat, het betrekking op gewone loodselbatterye (deep cycle) en wat jy sê is waar.

Deesdae, met die nuwe generasie batterye (Lithium-Ion), kan jy die batterye "drain" tot by 10% sonder enige klaarblyklike skade. Ek glo egter mens moet die goed seker nie "verkrag" nie (no Pun intended), maar blykbaar kan die batterye die hammering hanteer. My stelsel is nou amper 6 maande oud en dinge loop nog mooi.

Een vd goed wat ek hierbo gesê het, is dat batterystoorkapasiteit die belangrikste is in my logika. Ek dink dus dit sal 'n goeie ding wees om te belê (in my geval) in nog 'n battery, maar volgens Rocco gaan ek dan dalk nog 'n paar sonpanele moet opsit en 'n addisionele MPPT controller en dit gaan dus meer kos as net die koste van 'n battery.. Na ek die een addisionele battery aangeskaf het, is my oorblywende krag na 'n nag, so tussen 30 en 40% en ek hou daarvan, maar vanoggend was hy bv op 21% net voor 6 uur. As dit bv vanoggend gereen het tot 12h00 vandag, sou ek gestoei het om nie by 10% uit te gekom het nie.
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

User avatar
Toyrsi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 461
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Location: Kathu

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Toyrsi » Mon Dec 02, 2019 10:37 am

Hansie het jy nog nie aan n windlaaier gedink om te help in die nag en op dae wat die son nie skyn nie?
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Mon Dec 02, 2019 4:53 pm

Toyrsy...Nee, nie werklik nie, maar dit sal beslis werk veral in die nag. Enige idee van groottes (watt opwekkingsvermoë) en kostes dalk?
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Location: Walkerville

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas » Mon Dec 02, 2019 5:55 pm

Dankie Hansieslim. Na wat jy gesê het, het ek meer gaan op lees en ek mik nou na jou tipe battery/e. Ten opsigte van panele en batterye, op watse stadiums sal mens dan nou die versadigingspunt bereik met panele en batterye? (vir 'n 48V 5kW stelsel)
Ek begin my stelsel met 9x330W panele maar het reeds die "brackets" so gebou dat daar plek is vir die volgende 3 panele.
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Mon Dec 02, 2019 6:51 pm

Plaashaas

Jong jy moet my nie probeer vasvra nie, want jy gaan dit maklik regkry. Soos vroeër genoem, is ek nie 'n elektrieskundige persoon nie en ek sal nie die som wat jy my vra kan maak nie. Daai somme laat ek oor aan die verskaffer van die stelsel.

Ek het in my lang post genoem dat Rocco gesê het dat as ek nog n sewende battery wil byvoeg, ons weer sal moet besin oor die hoeveelheid panele. Ek verskil so effens van hom. Nie omdat ek die somme kan maak nie, maar omdat ek as leek net daardie screentjie dophou. Uit dit wat ek sien, lyk die panele vir my meer as genoeg, selfs al voeg ek 'n sewende battery by. Hier is die rede/s:

Gedurende die weeksdae is die batterye reeds 100% volgelaai enige tyd tussen 3 en 4 uur die middag. Dan word daar daagliks gewas en gestryk en 2 dae per week loop my Kreepy 8 ure lank. Tussenin gebeur daar dinge in my werkswinkel. Verder besproei ek nog die tuin ook. Natuurlik gebruik ek nie die boorgatpomp, besproeiingspomp en swembadpomp op dieselfde tye nie en steeds is my batterye 5 uur die middag op 100% en reg vir die nag.

Naweke word daar nie gewas en gestryk nie. Saterdagoggende 8 uur se kant skakel ek my boorgatpomp aan en pomp na n besproeiingsreservoir toe. Hy het n 90KL kapasiteit so ek pomp Saterdae en Sondae om hom vol te kry vir die volgende week. Teen 11 of 12 uur die oggend is my batterye reeds 100% volgelaai al loop die boorgatpomp al van 8 uur die oggend af. As ek 5 uur die middag die boorgatpomp afskakel, is die batterye steeds op 100%.

So dit sê vir my dat die 18 panele wat ek op het, goenoegsaam is. In beide die voorbeelde wys data screentjie mooi hoe die sonkrag direk huis toe haan as die batterye vol is. Die MPPT slim controller maak dan ook dat daai screentjie wys dat hy min krag van die panele af vat (al skyn die son 40°C) as daar aan die huis se behoeftes voldoen is en die batterye reeds vol is.

Onthou dat my stelsel 'n 3 x 5kVA stelsel is. Ek glo dus dat jou 9 x 330W panele 'n 5kVA stelsel sommer gou gaan vollaai. Dit lyk vir my in elk geval of die verskaffers van die stelsels die panele altyd in veelvoude van 3 doen. Hoekom weet ek nie.

Die kruks van die solarstelsels bly steeds batterystoorkapasiteit, want deur die dag is daar meer as GENOEG son om 'n huishouding te laat funksioneer. Die probleem kom in gedurende die nag...as jy te min batterye het.
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2056
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Apie » Mon Dec 02, 2019 11:08 pm

Hansieslim wrote:Plaashaas

Die winter gaan interessant wees met korter dae!

Ek vermoed jy kort dalk bietjie meer panele as jy eers hier by 4 uur weer op vol kapasiteit gelaai is.

Miskien kyk na solar tracking?

https://www.solarpowerworldonline.com/2 ... cker-work/

Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Location: Walkerville

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas » Tue Dec 03, 2019 10:13 am

Baie dankie Hansieslim.
Ek het baie gaan oplees en die Pylon Tech is verseker die "way-2-go". Baie dankie vir dit.
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56

BenJacobs
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Location: Stellenbosch en Bradasdorp

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by BenJacobs » Tue Dec 03, 2019 10:27 am

Boekmerk.

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Tue Dec 03, 2019 11:45 am

Thunderhead
Goeie vraag. Ek het nou net aan Vleisie (DJ) genoem dat ek ietsie sal skryf oor my gasgeysers. Tyd is nou net te min, maar gaan kyk na ATLAS geysers.
Net so vining :
Vir hoofslaapkamer het ek n 20L/min ingesit wat so R8000 gekos het
Vir 2 x kinderbadkamers het ek n 16L/min ingesit wat R4000 gekos het
Vir kombuis en bediendekamer het ek elk n 12L/min ingesit wat minder as R4000 was.
Sal later meer oor my ervaringe skryf.
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Location: Walkerville

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by Plaashaas » Wed Dec 04, 2019 2:00 pm

jdpretorius wrote:
Sun May 19, 2019 9:02 am
Ek wil net n groot dankie sê vir die mooi en baie netjiese installasie deur Nalle hulle an al julle harde werk. Ook vir Peet (Pvdw) vir jou raad en kopkrap met die DB bord se bedrading en COC wat hy vir my nog gaan doen....dankie manne, julle is kampioene !
IMG_20190519_083510.jpgIMG_20190519_085351.jpg

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Watse panele het jy daar op?
Ek neem aan dit is 9 panele maar as ek hul probeer tel lyk dit soos 8?

Jou batterye is die Pylontech 2000 & 3000?

As jy nog enige iets nou sal bylas op jou stelsel, wat sal dit wees?
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56

User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Location: Walkerville

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Plaashaas » Mon Dec 09, 2019 8:23 am

@Hansieslim en ander,

Hoe lyk jul PV produksie oor die laaste paar reen dae teenoor normaal?
Taurus 917 9mmP
Mossberg 500A 12G
Howa .308Win varminter
Howa .338WM
Hatsan AT44-10
Norinco CQ-A AR15 5.56
Norinco AK47 type 56

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1366
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Post by jdpretorius » Mon Dec 09, 2019 9:18 am

Plaashaas wrote:
Wed Dec 04, 2019 2:00 pm
jdpretorius wrote:
Sun May 19, 2019 9:02 am
Ek wil net n groot dankie sê vir die mooi en baie netjiese installasie deur Nalle hulle an al julle harde werk. Ook vir Peet (Pvdw) vir jou raad en kopkrap met die DB bord se bedrading en COC wat hy vir my nog gaan doen....dankie manne, julle is kampioene !
IMG_20190519_083510.jpgIMG_20190519_085351.jpg

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Watse panele het jy daar op?
Ek neem aan dit is 9 panele maar as ek hul probeer tel lyk dit soos 8?

Jou batterye is die Pylontech 2000 & 3000?

As jy nog enige iets nou sal bylas op jou stelsel, wat sal dit wees?
Jammer ek replay nou eers Plaashaas ...... ek's net mal besig by die werk en roof-kyk net so no en dan

Ek moes nou eers na Nella se quote gaan kyk ..... dit is 9 x 275w JA Solar Panels en Pylon US 2000B 2.4kwh li-ion Battery Pack
Met al die reen die laaste week laai die batterye nie vol nie en is maar nog aangewese op escom om te help. Die stelsel help wel dat die "load shedding" my glad nie affekteer nie.
As geld nie 'n knelpunt was nie sou ek die stelse wou verdubbel in grote.....maar vir die NOU oorweeg ek een ekstra bettery en dalk nog 3 x panele en/of 'n wind terbune. Ek kan net nie regtig goeie info kry oor wind terbunes nie
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Mon Dec 09, 2019 2:34 pm

Plaashaas
Ja...dit wat nou van die panele afkom, is te min. Ek het nie meer Eskom as back-up nie, en moes noodgedwonge (en inderhaas) 'n frisserige kragopwekker aankoop, maar is ongelooflik tevrede met hom. Hy benodig so 3 minute om batterye met 1% te laai. As ek kyk na die afgelope 6 maande, weet ek hierdie kragopwekker gaan net gebruik word as dit lank bewolk is. Wat oulik is, is dat die panele - alhoewel min - steeds laai al reen dit en al is dit bewolk. As die wolke regtig donker is, laai hy min, maar as die lig skerp is (en dit is 199% bewolk), kry ek maklik sommer 2600 watt van die panele af. Die generator is dus net nodig in uiterste gevalle.

Die enigste nadeel wat ek tans ervaar met load shedding is die bure wat aanmekaar hier wil kom stort . LOL.
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

OosKaapJagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 323
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by OosKaapJagter » Mon Dec 09, 2019 3:50 pm

Hansieslim, ek sien hierbo dit gaan so amper 8 jaar vat vir die stelsel om homself af te betaal. Hoeveel laaisiklusse kan so battery hanteer alvorens dit vervang moet word?
Hoeveel jaar bly so sonpaneel effektief voordat 'n mens moet begin dink aan vervanging? Uit die aard van die panele se gebruik is dit iets wat permanent aan die elemente blootgestel word.

Ek is 'n totale leek met hierdie ding wat jy nie kan sien nie, maar wat jou knyp as jy aan hom vat. In my onkunde dink ek egter dat geldbesparing dalk nie so noemenswaardig is vir die individu as wat 'n mens sou wou glo nie.

Intussen wys jy darem so lekker figuurlike middelvinger vir Eskom en die regering! Hulle kry niks verdere BTW uit jou kragverbruik nie, tensy jy komponente moet vervang.

User avatar
Methos
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Methos » Mon Dec 09, 2019 3:54 pm

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Mon Dec 09, 2019 4:17 pm

OosKaapjagter
Die artikel waarna Methos verwys gee nogals antwoorde op al jou vrae en vir my lyk dit na dieselfde antwoorde as wat ek ontvang het.

My laaste berekening het getoon 7.8jaar. So jou somme klop. Onthou net dat my somme GEEN eskelasie in Eskom tariewe in ag neem nie en ek glo jou som ook nie. As ons kyk na wat Eskom beplan om ons tariewe vorentoe mee op te stoot, glo ek die tydperk gaan heelwat verminder.

Jou middelvinger opmerking is 100% in die kol. Dis vrek lekker!!! Ek hoor vandag Eskom se grootbaas noop verbruikers om krag spaarsaam te gebruik. Wonder of hy besef dat as ons hom gehoorsaam, daal Eskom se inkomste. Ek het nog 9 ander vingers...
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 1366
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Location: Pretoria Oos

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by jdpretorius » Mon Dec 09, 2019 4:45 pm

Die somme wat 'n ou maak vir jou "pay back period" neem dalk nie in ag die skade wat jy nie aan toebehore gaan he' nie
In 2 jaar het ons 'n mikrogolf, yskas en 'n frieskas met 'n hele koedoe in verloor :-\

Om "grid tied" te wees het nog sy voordele maar as hulle ons wil begin geld vra om ons solar by die stadsraad te registreer sal ek weer geld op my huislening leen om onafhanklike van eskom te wees
338 WM, 270 Win, 9mm, Destroyer 350
Groete, Johan

Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Location: Pietersburg

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Post by Hansieslim » Mon Dec 09, 2019 4:54 pm

jdpretorius

Regtig jammer om van jou verlies te hoor. In 6 maande het ek egter nog geen skade nie. Glo jy vas die rede vir jou verlies, was jou solar sisteem?

Dink julle die kans is groot dat iemand wat met sy eie geld na solar oorgeskakel het, maadeliks n bedrag aan die stadsraad sal moet oorbetaal? Die vraag is dan aan wie is hulle veronderstel om dit aan oor te betaal? Die son?

Die doel van my deelname aan hierdie onderwerp is om julle positief te stem en te motiveer om oor te skakel na solar.
Brno 30-06, CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CM, Sabatti 6XC, Mauser .22LR

Post Reply

Return to “Algemeen/General Discussion”