Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het sopas die goedtjies gekoop vir my herlaaikamer, het dit al in sekere geweerwinkels asook poliste staties gesien maar nie baie volop (en so kompleet nie) Dis van "foam o lite" gemaak. Ek verbeel my ek het iewers gehoor die goed is deur die ou SAP gemaak en in die stasies teen die mure gehang? Het iemand dalk meer inligting? Die dame by wie ek gekoop het, reken dis erfstukke oor die 30 jaar oud.
Foto is nie fantasties nie, sal beter fotos neem sodra ek die goed het. Voor julle vra: Ek het R700 vir die lot betaal, nie so seker dat dit 'n "bargain" was nie, maar ek hou daarvan.
Brno 22LR
Brno 308Win
BSA 303British
Custom K98 375 H&H (Vector barrel)
Browning Hi Power 9mm Para
Ruger Mini 14' 223 rem
Musgrave 30-06
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
Vlakvark wrote:
Geno(,) siende dat jy so mooi met my spelling gehelp het(,) kan jy dalk ook met my kamera werk help(?) e(E)k kry nie die agtergrond mooi in fokus nie(.)
Daarsy, reggemaak.
Die fokus-probleem kan opgelos word deur die voorgrond, en die agtergrond nader aan mekaar te hou, en dan 'n foto te neem.
Geno ek het nog nooit gedink my spelling is goed nie. Voor ek op die forum begin deelneem het, het ek +- 25 jaar laas in Afrikaans geskryf praat nie eers van tik nie. En ek kan ook nie in Engels spel nie.
Miskien kan ek 'n engin beter as jy aanmekaar sit, of beter weld, bou ,pleister. Ek het nog nooit in my lewe nodig gehad om 'n plummer ,elektrisien of enige tegniese persoon na my huis toe laat kom nie ek kan dit self doen. Ek laat diens wel my voertuie alhoewel ek die meeste van die tools het om dit te doen, As die wiel bearings of CV gaan doen ek dit self, ek sal my TV ingee (ek het dit al probeer, maar moes toe 'n nuwe een koop )
O ja ek kan ook my hol met altwee my hande afvee, maar spel ,ek sukkel maar daar mee.
Vlakkie
Ek sien daar kort so paar, . maar vir lyk dit ok ek is ook nou nie n lopende H A T woorde boek nie
Beretta
Ek kan net een hand gebruik met die ander een kry ek altyd n goue vinger
Oom Gerhardt,
Sorry, lyk my ek't te ver gegaan. Ek't maar net grappenderwys Oom se spelfoute gefix omdat Oom die woord: "Goedtjies" onderstreep het en reggespel het as "goedjies".
Weereens sorry.
Is jy "itchi" hier op Jaracal gebruik ons nie "spel check" nie maar wel GENO jy het begin deur At se Goedtjies te onderstreep.
Meeste vam oms hie oppie forim sikkel ma bitjie om te spel, mar is baia van die spel foukies asgevolg van tikfoute en gee ons makaar mossie gas oorit nie. Ons gee mekaar sommer net gas om ons dag om te kry.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Is jy "itchi" hier op Jaracal gebruik ons nie "spel check" nie maar wel GENO jy het begin deur At se Goedtjies te onderstreep.
Meeste vam oms hie oppie forim sikkel ma bitjie om te spel, mar is baia van die spel foukies asgevolg van tikfoute en gee ons makaar mossie gas oorit nie. Ons gee mekaar sommer net gas om ons dag om te kry.
Groete
Jaco
Dit is nogals waar. Waar is Martin die mes maker? Hy kan vir jou mooi spel!
Die geheim manne, laat ek julle nou vertel, is om meer gesiggies te gebruik wanneer jy iemand se been trek. Geno, ek sien jy het een gesiggie gebruik. Volgende keer moet jy n ry insit asb! (ek weet nou nie watter gesiggie om in te sit nie)
Last edited by BRNO (Pierre) on Tue Nov 20, 2012 2:22 pm, edited 1 time in total.